|
kan nie eens my naam skryf nie, maar het vir jare transport gery vir winkels daar in die omgewing. Kyk, daardie tyd was dit nog donkie- en perdekarre."
In 1917 het hy Paarl toe gekom om as drywer by die Poskantoor te werk. Dis ook hier dat hy vir die eerste keer 'n vrou, Lena, gevat het.
By haar het hy ses kinders gehad - Arend, Suzie, Abraham, Hans, Sandra en Eileen.
Toe sy sterf, het hy met 'n nooi Anthony getrou. Sy het hom ook egter ontval en Rosie-May was sy derde vrou. Sy is agt maande gelede oorlede. Nou bly hy by haar grootmaak-dogter.
Maar oom Arend is nog lank nie gereed vir die ouetehuis nie. "My oudste suster was 84 jaar oud toe sy gesterf het en ek voel nog lank nie lus vir gaan lê nie.
"Ek sit maar elke dag hier by die huis en die slag as ek nie taxi vat tot waar my een dogter in Klein Drakensteinweg bly nie, stap ek sommer oor soontoe."
* A Paarl man celebrated his 103rd birthday last week. |