|
|
 |
Sport |
 |
 |
|
Môre se Bokke pronk op Wellington |
|
|
 |
 |
|
"JULLE hou die toekoms van Suid-Afrikaanse Rugby in julle hande. Die meeste van ons toekomstige nasionale spelers sal uit dié toernooi na vore tree."
Dit is een van die sentimente waarmee Jackie Abrahams, president van Boland Rugby Unie, die 40ste o.18 Coca-Cola Cravenweek Maandag op Wellington amptelik geopen het. |
 |
 |
|
"Vir ons as Bolanders is dit altyd 'n groot eer en plesier om gasheer te speel vir besoekers aan ons Unie, hulle te verwelkom en te onthaal," sê Abrahams.
Hy het ook 'n beroep op die spelers gedoen om elke oomblik van die toernooi in te drink.
"Ek vra julle om dié week van rugby te geniet. Rugby is 'n spel van dissipline wat met passie gespeel moet word.
"Rugby moet ook in die ware gees van sportmanskap gespeel word. Maar onthou ook om altyd dankbaar te wees vir die geleenthede wat julle gegee is," het Abrahams gesê.
Die geleenthede waaroor daar gepraat word, is die aanwys van die 100 Groen Groep spelers asook die twee nasionale o.18 skolespanne wat verkies sal word.
In sy toespraak het Dries van Heerden, voorsitter van die Verenigde Skolesport Vereniging (Ussasa) Rugby, Abrahams se sentiment beaam.
"Die Springbokke van môre neem met trots aan die Cravenweek-toernooi deel en in elke speler se hart is daar groot verwagtinge vir sy rugbytoekoms," het Van Heerden gesê.
"Ek weet die spelers wat aan die Cravenweek deelneem, sal die meeste van die geleentheid maak. Deelname aan die Cravenweek is 'n eer en 'n voorreg.
"Soos die duisende voor hulle, sal hulle bydra tot die tradisie wat oor die toernooi se 40-jarige bestaan strek, met fokus op die genot van die spel eerder as die wenmotief, ware sportmanskap en die bou van lewenslange vriendskappe op en van die veld af."
Hy het ook klem gelê op die waarde van rugby as 'n brugbouer tussen mense van alle tale, gelowe, kulture en kleur.
"Die toernooi versterk die belangrike waarde van kameraadskap, spanwerk en nasionale eensgesindheid."
Verblydende nuus was dat die hoofborg Coca-Cola ook hul borgskap van die uitsoektoernooi verleng het.
"Coca-Cola is bevoorreg om met dié toernooi verbind te wees en daarom is dit vir my 'n plesier om aan te kondig dat Coca-Cola sy borgskap van die Cravenweek vir 'n verdere vyf jaar bevestig het," het Jennifer Lewis, sport-borgskapbestuurder van Coca-Cola Suid-Oos Afrika, gesê. |
 |
|
|
|
 |
 |
|
Action as u.18 teams clash |
|
|
 |
|
|
|
 |
A BIG crowd was treated to action-packed rugby on the first three days of the 40th Coca-Cola Craven Week in Wellington.
On Monday there was plenty of attractive rugby from the backlines, particularly those of Eastern Province and Border, while the forwards of Limpopo, Griquas, Free State and Boland impressed many.
In the first game of the day EP met Limpopo and although their forwards came off second best against the big, skillful Limpopo backs, they managed to use what came their way effectively and ran out 31-13 winners.
Centre Noel de Villiers was impressive and made history scoring the first try of the 2003 Craven Week. He also dotted down a second try.
The second game between the Blue Bulls and Griquas had two distinct halves. The Bulls ran up a 12-0 lead, but Griquas came back strongly after halftime. The Bulls won 15-5.
The boys from Border produced exciting backline play, but were up against a very good Free State side who managed to contain them and score some excellent tries of their own.
Free State eighth man, Riaan Swanepoel, was outstanding, scoring two tries.
The hosts, Boland, rounded off the proceedings with a hard-fought victory over the Northwest Leopards.
Boland captain and Wellington local, Pieter Bergh, kicked two conversions and converted the tries of Wikus van Dyk and Marvin Arendse.
The visitors from Zimbabwe kept their shape against mediocre opposition in the first match on Tuesday, beating the Border Country Districts selection 50-0.
They managed to produce positive play and to combine well as a team running in seven tries.
Their scrumhalf and captain, David Crouch, rallied his troops well, while the forwards, with eightman Tendai Mtawarira and flank Aaron Denenga to the fore, steamrollered their opponents at will.
Denenga received the man of the match award.
The other international side in action, Namibia, produced a spirited second half fight-back to beat the Griffons 24-12.
They trailed 17-0 at the break and a hiding was on the cards, but they came out fighting after the break and outscored their opponents by two tries to one in the second half.
The gap was closed to 17-12 at one stage before an injury-time goal by Northern Free State put daylight between the sides.
South Western Districts started off slowly in the game against the Pumas, but produced a scintillating second half display to win 29-0, scoring five good tries and setting themselves up as a possible candidate for Saturday's main game.
Fullback Curlain Scott scored a hat-trick of tries.
The game between the Golden Lions and KwaZulu-Natal was the most exciting of the day. The Lions won 29-23 in the end, thanks mainly to the accurate goalkicking of their flyhalf, Arno Coetzee.
He converted all seven attempted shots at goal and was named man of the match.
Sylvester Engelbrecht and Jonathan Dangoumou scored tries for the Lions, with Coetzee converting both and adding five penalties.
KwaZulu-Natal's tries were both scored by Edward Squires. Michael Smith kicked three penalties and two conversions.
In the final game of the day Western Province were in awesome form. They scored six tries, demolishing the Falcons 46-9, and look set for yet another appearance in the week's final game on Saturday.
Their tries came from local Paarl Boys' High pupil and WP captain Pieter Louw (2), Leon Karemaker (2), Frank Wagenstroom and Nel Coetzee. Jody Rose kicked a penalty, a drop goal and five conversions.
The Falcons' points came from the boot of Warrick Curry.
Favourites for the big clash on Saturday are the unofficial defending champs WP, Free State, Lions and Eagles. |
 |
|
 |
 |
|
Curriebeker-kanse kwyn |
|
|
 |
|
|
|
 |
DIE kragtige pak voorspelers van Griekwas was voorwaar die diamantspits wat Saterdag op Wellington die Boland Kavaliers met 53-28 in die grond geboor het.
Met die nederlaag het die Kavaliers se hoop om vir die volgende twee jaar Curriebeker-rugby te speel, heelwat verflou, maar is dit nog nie geblus nie.
Die tuisspan was ná die eerste tien minute 14-0 voor ná 'n drie deur Gustav Rademeyer (haker) en 'n skitterdrie deur heelagter Antonius Verhoeven, wat op volspoed in die agterlyn ingesny het, die Griekwas-verdedigers omseil en deur 'n laagvat gebars het vir sy drie.
Dit was egter waar die tuisspan se punte opgedroog het. Die Griekwa-pak het soos 'n goed-geoliede masjien hul teenstanders van hul voete geskrum.
Vinnige skoonmaak van die losbal en goeie ondersteunende spel het die Griekwas met rustyd 29-14 laat voorloop.
Die Kavaliers het goeie rugby probeer speel, maar is net eenvoudig deur die krag en hegte eenheid van die Griekwa-span oorskadu.
Dit was veral senter Dries Scholtz wat die Kavaliers in die middeveld op hul tone gehou het, terwyl die Springbok-slot Johan Ackermann 'n leeue-aandeel gehad het in die Griekwa-pak se oorheersing.
Die tuisspan verdien egter 'n klop op die skouer vir die wyse waarop hulle in die laaste kwartier van die wedstryd teruggekom het.
Die Kavaliers het nog twee drieë gedruk aan die hand van kaptein Chris Potgieter (flank) en Piet van Zyl (senter), vir 'n waardevolle bonuspunt.
"Ons het swaargekry in die skrums met Griekwas se voorspelerspel wat baie goed was. Hulle het die beste pak in die kompetisie. As jy nie besit kry nie, gaan jy sukkel en is daar later te veel gate om toe te stop," het Hawies Fourie breier van Boland Woensdag gesê.
Beserings aan Fabian Brand (dyspier), Andries Human (knie), Nico Smit (knie), Ryan Pickering (knie) en ook die enkel van Solly Goosen wat nog nie heeltemal herstel het nie, is ook nog 'n probleem.
Die Kavaliers is nog nie heeltemal uit die stryd om Curriebeker-status nie, maar dit is 'n buitekans.
Dit sal eerstens beteken dat die Kavaliers hul laaste wedstryd môre op George teen die Suidwestelike Distrikte Arende met 'n bonuspunt moet wen.
"Hulle is 'n goeie span wat tot dusver goed gespeel het op George. Maar ons is almal in dieselfde bootjie, hulle moet ook wen om 'n kans te staan op kwalifikasie," sê Fourie.
"SWD het 'n goeie agterlyn en 'n sterk pak wat almal met groot selfvertroue speel en ons sal moet goed verdedig."
Al genade vir Boland (op 15 punte) is as die voorlopers Griekwas (23) asook Oostelike Provinsie en Griffons wat albei reeds die stryd verloor het, almal hul tuiswedstryde wen en in die proses nie enige bonuspunte afstaan aan die Valke (18), Luiperds (19) en Bulldogs (17) nie.
Die Boland-span vir Vrydag is Antonius Verhoeven, Alshaun Bock, Piet van Zyl, WP Strauss, Ashwell Rafferty, Solly Goosen, Dru Nass, Chean Roux, Henley du Plessis, Chris Potgieter (k), Ernst Joubert, Henk Eksteen, Andries Human, Gustav Rademeyer en Pieter Terblanche.
Die wedstryd begin om 15:00 op die Outeniqua Park Stadion. |
 |
|
 |
Kilotreads-span pak Pniel Villagers |
|
|
 |
|
|
|
 |
 |
|
DIE gekombineerde Kilotreads-span van die Paarl sê môreaand vir Pniel Villagers die stryd aan op die Faurestraat stadion.
Die Paarliete sou eers teen die Superliga-span van Tygerberg gespeel het. Tygerberg is egter vooraf genooi om op dieselfde aand teen die Paarlse Super 4 span - wat uit spelers van Young Peoples, Albions, Young Gardens en Paarl Rangers bestaan - te speel.
Om neutraal te bly, het Tygerberg die Super 4 en Paarl Rugbykode se uitnodigings van die hand gewys.
Op Faurestraat sal daar drie wedstryde gespeel word. Die Kilotreads-span skop om 20:30 af teen Pniel Villagers wat vanjaar vir die eerste keer in die Superliga speel, terwyl 'n Paarlvallei B-span om 19:15 en 'n Paarlvallei o.21-span om 18:00 ook teen Pniel Villagers in aksie sal wees.
Volgens Thomas du Plessis, voorsitter van die Paarl Rugbykode onder wie se vaandel die Kilotreads-span speel, sou daar eers tydens gisteraand se oefening bepaal kon word watter spelers van die Super 4-klubs vir die Kilotreads-span beskikbaar sou wees.
Du Plessis het egter bevestig dat sou die gekose spelers nie vir die Kilotreads-span kan uitdraf nie, daar genoegsame spelers is om hul plekke te vul.
Keurders van die Westelike Provinsie Disa-groep sal ook môreaand weer die talent op Faurestraat kom bekyk.
Die Kilotreads-span is M Martin, G Poggenpoel, A Moerat, T Valentine, S Cedras, M Goetham, D Daniels, B Fortuin, B Williams, J Du Plessis, C Carolissen, R Fortuin, H Marquard, R Ehlers, E Herklaas, H Maass, R Allies, L Van Vuuren, M Ohlson, J Hendricks, Adam Moerat, D Hendricks. (Paarlvallei B-span) R Davey, A Daniels, P Van Staden, B Van Schoor, K Martin, E Stevens, C Carolissen, B Arendse, M Hendricks, L Benjamin, M Prinsloo, A Manuel, C Adams, A Hendricks, C Williams, B Green, H Douglas, C September, Z Mahlakahlaka, T Moerat, Jannie (Windmeul). (o.20-span) L Blaine, C Festus, A Arendse, B Geldenhuys, A Moerat, B Goliath, J McCarthy, R Human, G Paulse, S Gaidien, R Carolissen, J De Lange, H Binneman, L Lewis, J Haines, Mannie (van Blues), H Solomons, G Adams, Charl (Young Standards), R Salmons, E De Jager, Z Jackson. |
 |
|
 |
Dirt will fly at Dewdale MTB Classic |
|
|
 |
THE Dewdale Mountain Bike Classic will be held at the Dewdale Fly Fishery in Franschhoek on Sunday as part of the weekend Bastille Festival.
The route consists of a 25km loop in and around Dewdale trout farm and La Motte forest. Riders of the short route will only complete the route once while the longer route of 50km means completing two rounds.
Registration must be done before 09:30 on Sunday, with the 50km race starting at 10:00 and the 25km at 10:15. A race briefing will be given 15 minutes prior to the first race.
Entries are R25 (PPA members and easy entries), R60 (PPA families 3+), R30 (non-members) and R40 for late entries.
For more information contact Geddan Ruddock on 082-578-3017 or g_mandla@ hotmail.com. |
 |
Atlete meet kragte in provinsiale byeenkoms |
|
|
 |
ATLETE sal Saterdag hul staal oor die langafstand wys wanneer Boland Landloop 'n interprovinsiale byeenkoms tussen Boland en WP op Nelson's Creek aanbied.
Volgens Chris Davids van Boland, kan Bolandse skoolatlete wat aan die Ussasa Wes-Kaap byeenkoms deelgeneem het, ook aan dié byeenkoms deelneem.
Dié atlete kan in hul Ussasa-atletiekklere deelneem. Registrasies vir dié atlete sluit môre 17:00.
Atlete moet Saterdag om 09:00 aanmeld met die eerste wedloop wat om 10:00 begin.
Wedlope vir atlete van o.9 tot Meesters sal die dag kan deelneem. Medaljes sal ná elke wedloop aan die eerste drie atlete oorhandig word.
'n Opsionele keldertoer om 13:00 is ook op die program en 'n grootskerm-TV sal die toets tussen SA en Australië uitsaai.
Een van die hoogtepunte van die dag beloof om die 12km te wees, waar die Springbok-atlete Makhosonke Fika en Esau Farao mekaar sal aanvat.
Vir navrae skakel Davids by 083-315-0773. |
 |
Peoples klop Elsiesrivier |
|
|
 |
|
 |
DIE eerstespan van Young Peoples het Saterdag op Daljosafat met 'n goeie spanpoging vir Elsiesrivier United met 27-22 geklop. Die tuisspan was rustyd 16-11 voor.
Elsiesrivier het vinnig begin en was ná tien minute 8-0 voor. Die Tiere het stelselmatig teruggeveg en die besoekers voorlangs harde bene laat kou.
Die vuurvreter-flank Bradley Fortuin, haker Cedric Williams en slot Carlo Carolissen het met harde inklimspel beïndruk.
'n Kommerwekkende aspek is egter die Paarliete se dissipline. Vier geelkaarte is teen Peoples uitgedeel en op een stadium moes hulle met 13 man speel.
In hierdie fase het die besoekers 12 punte aangeteken, en so byna die wedstryd van Peoples weggeneem.
Die bestuurspan sal hard moet praat, anders gaan Peoples nog lang trane huil.
Daarby was die Maroentruie se stelskoppers net met een uit nege skoppe suksesvol, met selfs twee reg voor die pale wat verbrou is.
Vir Peoples het Bradley Fortuin, Justin Fortuin, Carlo Carolissen, Jacques Lategan en Jody Davids drieë gedruk. Melvyn Hermanus het een doelskop behaal. |
 |
|
 |
|
|
|