|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE koring word vandeesmaand van die kaf geskei, sedert die oorloopklousule vir munisipale raadslede in werking getree het. Kyk na 'n paar definisies. Verraad: Troulose handeling, troueloosheid, sameswering. Hoogverraad: Verraad teen die vors of die regering, landsverraad. Die grondbeginsel van demokrasie is dat die burgers en dus die kiesers van 'n land meer regte as die politici of die regering moet hê. 'n Land waar die regering en politici meer regte en mag as die burgers het, is nie meer vry nie. Moet die sameswering en trouelose handeling (verraad) deur oorlopende raadslede teenoor die kiesers wat hulle 'n mandaat gegee het nou as hoogverraad beskou word? Het die Grondwetlike Hof se uitspraak iets toegelaat wat deur die kieser as hoogverraad beskou kon word? Is Suid-Afrika nou weer op pad na 'n outoritêre staat, soos die res van Afrika? Uiteindelik is die enigste groot verskil tussen Kommunisme en Fascisme dat Fascisme private grondbesit toelaat. In Zimbabwe word die reg op private grondbesit ontken, en die Suid-Afrikaanse regering swyg soos die graf daaroor. Hoe lank nog voordat ons by die graf van demokrasie gaan staan? Ek loop nie oor nie. Deetlefs du Toit (DA Raadslid) |
|
|
|
|
IN response to Biebie Barbara Britz' letter regarding "Bumper to bumper intercourse" on the roads, I would like to give her a warning about braking to ward off bumper drivers. I, too, dislike intensely the habit of people driving on one's bumper and early one evening on my way home, just as it was getting dark, a vehicle (taxi minibus) drove closer and closer to my bumper, completely unnerving me. I tapped my brake to indicate my discomfort and the taxi driver slackened immediately. What happened next left me shaking and in a complete state - after a car passed on my left, the taxi driver went into the left lane and after passing my car, immediately turned into the right lane (in front of me) and put on his brakes, causing me to stand on my brakes to avoid hitting him! The taxi driver was clearly very irate at my action, however, he should not have been driving on top of my bumper in the first place. With hindsight, I should have realised he was capable of doing something so reckless and dangerous, we all know that taxi drivers are a law unto themselves. Unfortunately, I was too distressed to think of taking his licence number, but had I possessed a handgun, I believe I would have used it! Denise Griessel |
|
|
|
|
GRAAG wil ek reageer op die berig "Lights, camera, action" oor die filmmakery by die ou Hofstraattronk in die Paarl. Met al die berigte oor die huidige negatiewe status van die Paarl (straatroof, bedelaars, straatverkopers en agteruitgang van besighede) moet die Paarliete maar nie gelyk wegdroom aan 'n Hollywood-idee nie. Nee wat mense, as die tronk gebruik word vir 'n Turkse tronkagtergrond, dink dan maar eerder aan "Hollydoom" of "Hollydump"! Paarl se voorland is agteruitgang, tensy daar baie gou iets aan die situasie verander word. Oude Paarliet |
|
|
|
|
NET soos Karin Boezaart in Amerika, laat ons ook nie 'n week verbygaan sonder om die Paarl Post van hoek tot kant te lees nie. Ons soek ywerig na veral nuus oor Wellington, en weet soms meer oor nuuswaardige gebeurtenisse as die inwoners self. Niks sal ooit ons liefde vir die Boland laat verflou nie. Op 'n stil Sondagaand, is die webwerf 'n ware vriend om die verlange stiller te maak. Die Havengas, Garsfontein, Pretoria |
|
|
|||||||||||
|
SERVICE DELIVERY, that is the key word which goes straight to the hearts of most Drakensteiners. The present hullaballoo about politicians switching political affiliations like spoilt children in a sweet shop, leaves most ratepayers cold. If you have braved all the rubbish on the pavements (if there are any), steered your car through and around all the potholes, and then successfully waded through all the beggars and street people to your destination, you are not inclined to be bothered by the infighting of politicians. Ever since politics entered the local government arena, it was very easy for councillors to blame everything on the other side not holding up their end. As time went by, this became even easier, with elections producing more and more discarded politians and parties to take the blame. Hopefully the present whirlwind won't cause us to reap another harvest of hollow promises and unenforced decisions. Most ratepayers will be content if they can look forward to a council where the interests of Drakenstein will be uppermost and where councillors will actually spend more time on issues that are important to John Citizen than on politicking. |
|||||
|
|||||