|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||
|
DIT maak nie saak waar my politieke hart lê nie, my kiesers het my vertrou om hulle belange binne die DA te verteenwoordig en dit is wat ek sal doen, het 'n DA-raadslid vandeesweek aan die Paarl Post gesê oor die groot gros van sy mede-raadslede wat die hasepad gekies het NNP toe. Dat dit vir heelparty raadslede wel 'n gewetensbesluit is, is baie duidelik. "Ek het nie 'n mandaat van my kiesers om oor te loop nie. En hoe gaan 'n raadslid in elk geval 'n eerlike en demokratiese opinie van sy kiesers kry sonder 'n verkiesing?" wou nog 'n raadslid weet. 'n Groot groep raadslede het klaarblyklik nie hierdie etiese probleme met oorloop nie. Hoewel raadslede tot Dinsdag 22 Oktober geleentheid het om oor te loop, kon heelparty DA-raadslede nie wag dat die ink op hul oorloopvorms droog word nie. Die meeste voer diepe partyverbintenisse aan vir hul drostery na die NNP aan, maar gerugte van monetêre en statusvoordele wil maar nie gaan lê nie. Met die vooruitsig van 'n uitvoerende burgemeestersamp en verskeie poste op die burgemeesterskomitee, is die versoeking vir party net te veel. Die Drakenstein DA sê in 'n persverklaring dat kiesers wat vir hulle gestem het om die ANC uit 'n magsposisie te hou, nou tot hul skok en afgryse mag besef dat die NNP sy verbond met die DA (en dus die kieser) verbreek het en 180 grade omgedraai het deur 'n nuwe verbond met die ANC aan te gaan. "Die volgelinge van Marthinus van Schalkwyk loop dus vanuit 'n meerderheidsposisie in Drakenstein (bestaande uit die DA/UDM/AFC) oor na 'n minderheidsparty (NNP), wat nou met die ANC 'n verbond moes aangaan om weer 'n meerderheid te kon vorm. "Die kiesers word dus van 'n meerderheidsregering beroof en hierdie toedrag van sake kan, volgens wet, een maal na elke verkiesing herhaal word. "Die DA het tot dusver gepoog om gesonde finansiële bestuur toe te pas, en dus die kiesers so min as moontlik uit die sak te jaag. "Met die bewindoorname word daar volgens die ANC/NNP ooreenkoms 'n uitvoerende burgemeester en permanent-besoldigde raadslede op 'n burgemeesterskomitee in die vooruitsig gestel. "So 'n stap sal die kieserspubliek jaarliks miljoene meer uit die sak jaag, met nog minder geld beskikbaar vir armoedeverligting. "Die DA wil die kieserspubliek die versekering gee dat die kieser eerste gestel sal word in alle besluite wat die DA neem, en dat die DA as opposisie elke duim van die weg sal veg. "Wat die oorlopers betref, dit word aan die kiesers oorgelaat om met hulle af te reken by die volgende verkiesing. Dit staan elke kieser natuurlik ook vry om 'n petisie op te trek teen oorlopers." Dat die kiesers nie genoeë neem met dié hartsverandering van raadslede nie, is duidelik. "Hierdie is 'n verkragting van ons demokratiese reg," het een verontwaardigde kieser gesê. "Party A het my as kieser sekere dinge beloof en daarom het ek vir die party gestem, nie vir 'n spesifieke kandidaat nie. "Nou is hy nie meer gelukkig nie, of Party B beloof hom 'n pos, en hy loop weg sonder dat ek enige sê in die saak het." "Daar word nou gesê dit is 'n raadslid se demokratiese reg om oor te loop. Maar wat van die demokratiese reg van die kieser wat hom daar geplaas het?" wou nog een weet. "Dit maak nie regtig vir my saak watter party aan bewind is nie, solank hy dit op 'n demokratiese wyse bekom het. As 'n party nou die raad oorneem as gevolg van die oorlopery, bekom hy 'n valse en gemanipuleerde mag," was 'n kieser se mening. Nog 'n kieser, 'n vrou, het sinies opgemerk, "Wel, ek kan nie kla nie, ek het pas nog twee vakansiedae bygekry, al is dit net elke vier jaar. Want dit is al wat stemdae nou vir my gaan wees - stem sal ek beslis nie weer nie. Dié onetiese mense kan maar sonder my oor en weer loop." Intussen kon geen staande komitee van die stadsraad vandeesweek vergader om raadsake af te handel nie. Hoewel die munisipale bestuurder, Jacques Carstens, sowel as die provinsiale administrasie vandeesweek gesê het alle vergaderings gaan soos normaal voort, het nie een van die komitees 'n kworum gehad nie. Sake sal waarskynlik eers teen die einde van die maand na normaal terugkeer. Ná die vensterperiode van vyftien dae het die Onafhanklike Verkiesingskomitee (OVK) sewe dae om die name van kandidate wat oorgeloop het, in die Staatskoerant te publiseer. Die stadsrade moet ook binne hierdie sewe dae vergader om 'n nuwe burgemeester en komitees te kies. Drakenstein het reeds sy raadsvergadering bepaal vir Dinsdag 29 Oktober. Die Distriksraad moet binne vyftien dae na verstryking van die vensterperiode vergader. In terme van die Grondwet moet enige raadslid wat van party wil verander, die Hoofverkiesingsbeampte hiervan in kennis stel binne die vensterperiode wat Dinsdag begin het. Vorms vir dié doel is beskikbaar van Munisipale Verkiesingsbeamptes, die kantoor van die Provinsiale Verkiesingsbeampte of op die webblad van die OVK by www.elections.org.za. Kennis van raadslede wat wil oorloop, asook politieke partye wat wil saamsmelt of skei, moet aan die Hoofverkiesingsbeampte gefaks word by 012-428-5279, 012-428-5708 of 012-428-5517 voor die verstryking van die vensterperiode op 22 Oktober. Die OVK sê gedurende die vensterperiode sal alle korrespondensie wat van oorlopers ontvang word, as vertroulik behandel word en geen name sal bekend gemaak word nie. Die OVK sal ook alle inligting wat hulle ontvang, verifieer deur die betrokke raadslid of die party waarheen hy oorloop, te kontak. Indien 'n nuwe party gevorm word, moet dit op die voorgeskrewe manier by die OVK geregistreer word. Die registrasie moet binne vier maande na die vensterperiode geskied, anders sal die nuwe party sy setels in die raad verbeur. * DA councillors are sticking to their guns because that is what the electorate would want, they say. |
|
|
|
|
DIE drie vuurwapens wat die naweek tydens inbrake uit wonings in Wellington gesteel is, is reeds teruggevind. Twee reserviste het Saterdagaand by die spuitfontein in Piet Retiefstraat, Wellington, twee mans met 'n sak opgemerk. Toe insp Joshau September en sers Joseph Casper nader staan, het een van die mans ontvlug. In die hardloop het hy 'n haelgeweer neergegooi. Intussen is sy makker, Elroy Oostendorf (18), met 'n .22 pistool in sy besit in hegtenis geneem. Die vuurwapens is kort tevore uit 'n woning in Blouvleiweg gesteel. Die ondersoekbeampte, insp Biga Jones, het die tweede verdagte Maandag by die Wellington landdroshof aangekeer. Frederick Cleaves (22) was die naweek op borg terwyl hy op ander huisbraaksake voorkom. In 'n ander voorval van wapendiefstal is twee jeugdiges (16 en 17) aangekeer nadat daar Vrydagaand by 'n woning in Richelieustraat ingebreek is. Die arrestasies het egter 'n aanloop gehad. Sers Francois Pietersen het Karel Segelaar van die plaas De Rust op 'n buurplaas in hegtenis geneem ná 'n onderonsie waartydens skote afgevuur is. Nadat daar vasgestel is dat die 9mm Beretta skaars ure tevore by twee jeugdiges aangekoop is, is die verdagtes op die plaas Hexberg vasgevat. Hulle is ou bekendes by die Wellington landdroshof en bly in aanhouding ná hierdie voorlopige verskyning. |
|
|
|
|
VIR die tweede keer in twee jaar het die ouers van die Laerskool Weseind op Franschhoek Maandag met die heropening van die skole betoog teen die heraanstelling van die geskorste skoolhoof, Warren Williams. Williams was sedert die vorige betoging in Julie 2000, toe ouers gedreig het om hul kinders uit die skool te verwyder, tydelik in diens by die streekkantoor van die Departement Onderwys. Maandag het hy opnuut die aftog geblaas toe hy deur betogende ouers gekonfronteer is. Williams is in 1996 geskors nadat 'n klag teen hom gelê is deur 'n vyftienjarige skoolmeisie. Hoewel hy op 'n aanklag van gemeenskap met 'n minderjarige skuldig bevind is, is die skuldigbevinding later in die Appèlhof ter syde gestel. Die klaagster het daarna geweier om by 'n interne departementele verhoor teen Williams te getuig. Hoewel hy nou geregtig is om na sy pos terug te keer, is die ouers sterk daarteen gekant. Volgens die voorsitter van die skool se beheerliggaam, Niklaas Pietersen, wil die ouers Williams onder geen omstandighede terug hê nie. "Die Onderwysdepartement moet hom in 'n administratiewe pos herontplooi en die skoolhoofpos adverteer." Tony Johnson neem reeds die afgelope vyf jaar as skoolhoof waar, sonder die vergoeding wat met die pos gepaard gaan. Die Departement het hom nou onttrek uit die skool, met die gevolg dat die graad sewes sonder 'n onderwyser sit. Volgens die Departement is daar geen wetlike grond om Williams sy pos te weier nie, en die probleem van die graad sewes wat sonder onderwyser sit, sal aangespreek moet word deur die skool se bestuursraad. Intussen onderhandel die personeelafdeling van die departement verder met die betrokkenes. Volgens 'n woordvoerder van die departement kan die pos slegs geadverteer word indien Williams uit die pos bedank. * Parents of Weseind Primary have refused to accept the reinstatement of the suspended headmaster, Warren Williams, after he successfully appealed against his indictment for a sexual offence. |
|
|
|
|
A POLICEMAN was attacked when a taxi owner resisted arrest on a charge of assault in Mbekweni last week. Police officers came to the aid of the slight inspector, Jerome Steenkamp, and overpowered Nelson Mbekushe. The arrest followed a shoot-out between CATA members on Thursday when attempts were made to prevent taxi owner Zanemvula Xakaza from using the Mbekweni ranking facility. Xakaza uses a licensed 24-seater taxi to transport passengers. During the unrest at the taxi rank one of his drivers was intimidated and assaulted on Friday. According to witnesses Xakaza took the wheel himself that afternoon. Still driving in the township, a green car attempted to cut off the larger taxi. Xakaza did not stop and rammed the car. He was then dragged from his vehicle. Shots were fired before Xakaza was rushed to hospital with a stabwound in the back. Later that afternoon Mbekushe arrived at the Mbekweni police station where he laid a charge against Xakaza of pointing a firearm at him during the incident. When Insp Steenkamp tried to arrest him for the earlier violence and assault of Xakaza, he resisted. The policeman was throttled and pushed to the floor. Colleagues grabbed the sturdy Mbekushe and handcuffed him. Charges of resisting arrest and assaulting a police officer were added to the charge list. Supporters of Mbekushe, a former CATA chairman, staged a protest against his arrest at the Paarl police station on Friday morning. Motorists were met by a barricade of taxis outside the police station in Berg River Boulevard. After negotiations one of the lanes of the street was cleared, but the taxis remained double-parked for hours, causing a traffic jam. Police were on full alert, ready to intervene should violence erupt, while traffic officials steered vehicles around the blockade. Mbekushe appeared in the Paarl magistrate's court on Friday, together with driver Mthetho Toyokolo who had also been arrested for the alleged assault on Xakaza. Xakaza was brought to court on Monday on charges of attempted murder and the pointing of a firearm. The three accused were granted bail of R200 until their next court appearance on October 21. More than nine charges relating to taxi violence, including intimidation and assault, are now being investigated by the police after last week's fracas. |
|
|
|||||||||||||
|
DIE veiligheid van pensionarisse as hulle die pensioenbetaalpunte in die Paarl verlaat nadat hul pensioen uitbetaal is, het weer vandeesweek skerp onder die soeklig gekom. Dinsdagoggend is Monica October beroof toe sy haar 77-jarige pa se pensioen gaan afhaal het. In Van der Stelstraat het twee mans haar genader. "Die een agter my het, wat gevoel het soos 'n wapen, in my rug gedruk, terwyl die voorste man my handsak met die kontant en All Pay kaart daarin gegryp en weggehardloop het. "Dit was die eerste keer dat so iets gebeur. Ek dink nie aan myself nie, maar aan my arme pa wie se geld nou weg is," het sy in trane vertel. Sy het haarself na die behuisingskantoor in Van der Stelstraat gewend, waar haar verklaring deur die polisie afgeneem was. 'n Woordvoerder van All Pay het gesê dat daar wel by elke betaalpunt vier sekuriteitsbeamptes aan diens is, maar daar nie veel is wat hulle vir die bejaardes kan doen nadat hulle die betaalpunte verlaat het nie. "Die geld word oor drie dae uitbetaal en ons probeer die punte so goed as moontlik beveilig. "Hulle wag totdat die bejaardes op pad huistoe is, voordat hulle hul oorrompel en beroof," het 'n beampte gesê. Wat die probleem vererger, is dat bejaardes daarop aandring om self hul geld te kom afhaal, pleks dat dit in 'n bankrekening gedeponeer word. * Pensioners are being robbed of their monthly cash grants by robbers. |
|
|
|||||||||||||
|
MEN travelling in a suspect vehicle came face to face with Paarl's law enforcers on Friday, when ever alert detectives mistook them for wanted robbers. Get out. Keep your arms above your head. Lie down on the pavement, they were ordered. The out of town men complied hurriedly. They were not going to resist the burly police detective with the firearm at his side. Passersby stared in amazement. Crime is rife in Paarl, but we can relax, a pedestrian ventured. The police are wide awake. And alert they are. Inspectors Lucas Lourens and Johan Coetzee were driving along Jan van Riebeeck Drive when they noticed the same white car that had been reported in the vicinity of a recent robbery in Dal Josaphat. Six armed men had robbed the owner of Baker Street bakery of thousands of rands on September 23. A security guard at nearby premises reported afterwards that he had seen a white car with six occupants acting "strangely" just outside the bakery. He clearly remembered the registration number. Having memorised the registration number the detectives could hardly believe their eyes when they noticed the very same car on Friday. The men were escorted to the Paarl police station where they were cleared of suspicion. They were free to leave, with apologies for the inconvenience. In the meantime a suspect in the robbery case has been apprehended. Bonisile Sobhase of Mbekweni has already appeared in the Paarl magistrate's court. Detectives are following several clues that might lead them to the rest of the gang of robbers. |
|
|
|||||||||||||
|
WANNEER jou superette se vertoonvenster twee keer in drie weke stukkend gegooi word, bereik jy self breekpunt. Jacques Alberts van Eight till Late in Denneburg kon nie glo toe hy in kennis gestel word dat daar weereens by sy onderneming ingebreek is nie. "Dis die vierde inbraak," het hy mismoedig gesê terwyl klante Vrydagoggend stomgeslaan voor die gebreekte ruit saamgedrom het. Op die vloer langs die kasregister het 'n groot klip gelê, byna identies aan dié wat twee weke gelede deur die venster gebars het. Daar is in Augustus twee keer deur die dak ingebreek, totdat sensors onder die plafon geïnstalleer is. Drie weke later, op Vrydag 13 September, is die vertoonvenster met 'n klip stukkend gegooi en weer is veral sigarette gesteel. Verlede week se skade is meer as R20 000, sê Alberts. Saam met kartonne sigarette is kruideniersware en tydskrifte ook weggedra. "Die verlies is groot, maar nog groter is die verbasing oor hoekom die alarm Donderdagnag nooit afgegaan het toe die ruit gebreek of die inbrekers deur die winkel gestap het nie. "My pa het tienuur die aand, toe ons gesluit het, nog die alarm nagegaan. Alles was reg gestel. Om halftwaalf het polisiebeamptes voor die winkel gestop, en toe was daar nog geen inbraak nie. "Maar toe hulle tien voor drie verbygery het, het hulle die gebreekte ruit gesien. Toe hulle ingaan om ondersoek in te stel, het die alarm afgegaan." Volgens 'n drukstuk van die sekuriteitsmaatskappy ADT, het hul beheerkamer die nag om 02:58 die eerste sein ontvang. Ondersoek word geloods na die alarmtoerusting wat, volgens ADT streeksbestuurder Paul Visser, deur 'n onbekende maatskappy geinstalleer is. Sukses Drie inbrekers is Dinsdagnag in die plafon van die Noorder-Paarl Kwikspar vasgetrek deur lede van ADT Sekuriteit en die polisie. Die stil alarm is om 03:00 geaktiveer nadat die inbrekers 'n venster met diefwering oopgebreek is. Dit was die vierde inbraak in ses maande, het Kenny Louw van die Kwikspar gesê. Die skade - veral aan sigarette - beloop derduisende rande. "Nou het ons hulle," het Louw dankbaar gesê. * Shopowners are at the end of their tether after substantial losses due to burglaries. |
|
|
|
|
REEDS ontnugter deur haar skorsing uit die Wes-Kaapse politiek, is Paarliet dr Audrey van Zyl hoogs ontsteld nadat sy ontdek het dat diewe haar huis stuk-stuk leeggedra het van waardevolle items. Volgens dr Van Zyl, gewese Minister van Grondwetlike Sake en Tegnologie in die Wes-Kaap wat tans in 'n geding met die NNP gewikkel is, het juweliersware van R13 000, linneware en 'n stel gesinsbreekgoed wat sy by haar ma geërf het, oor 'n tydperk van twee jaar uit haar huis verdwyn. "Ek was gereeld oorsee. Met my onlangse terugkeer het ek agtergekom dat ek besteel is. Daar was 'n gat in die plafon van haar motorhuis, wat dalk daarop kon aandui dat die diewe daardeur toegang tot die huis verkry het. Die juweliersware wat verdwyn het, sluit in 'n troupand met "Marcel 06/04/1974" daarop gegraveer, 'n goue Krugerpond met klein diamantjies daarop, 'n goue verloofring met 'n robyn in die middel, twee tierooghangertjies asook verskeie ou muntstukke. Enigiemand met inligting kan insp Lucas Lourens by 807-4000 skakel. |
|
|||||