|
"Dis die Here se wil," kom dit gelyk van aunt Annie en Mrs McKenzie, soos die twee oues van dae bekend is.
En moenie dink 'n mens verloor belangstelling in die lekker van die lewe net omdat jy al so baie jare daarmee aankom nie.
Vleis is die lekkerste, of soos aunt Annie met 'n lek oor die lippe sê: "Daar is niks beter as 'n lekker braaiboud nie."
Waarmee hou mens jouself besig op dié hoë ouderdom?
Aunt Annie lees nog elke dag haar koerant, want "ek wil weet wat aangaan."
Mrs McKenzie praat graag met haar Here. Die oë is nie meer so goed vir lees nie.
Aunt Annie het ses seuns gehad, waarvan vier nog leef. Dr Helius Truter woon in Wellington, Daantjie Truter in die Paarl en die ander in Durbanville en Johannesburg.
Mrs McKenzie het al 'n seun en 'n dogter aan die dood afgestaan. Haar dogter, Barbara Cooper, het vanjaar uit Wellington na Worcester getrek, terwyl haar seun in Natal woon.
Die twee dames met die baie jare tussen hulle het hierdie week gemaklik saam op 'n bank in een van Silwerkruin se woonkamers gesit.
"Ek is tog so doof," hoor jy die een gesels, haar mond naby die ander se oor.
"En dis regtig nie lekker nie. Nou hoor ek nie meer alles wat om my gesê word nie."
* One of Wellington's two centenarians celebrates her 104th birthday today. |