safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 10 October 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 17 October 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Youth - Jeug


wflipGROTES GROET. Philip Griessel, adjunk-hoof van Hoër Jongenskool Paarl, het hierdie week saam met vanjaar se hoofseun, Pieter Visagie (links), en die matrieks van 2002 dié skool tussen die akkerbome gegroet. Mnr Griessel het as 23-jarige, vars uit die universiteitbanke, by Boishaai aangesluit as wiskunde-onderwyser. Sou hy die sommetjie maak, sal Griessel vind dat meer as 20 000 seuns in die skool se gange gekom en gegaan het in die 42 jaar dat hy vindingryke en vaderlike spore daar getrap het. Foto: Malané Bosman


Afrikaans Ekspo vir hoërskole

[ Top ]


DIE projek Afrikaans-Ekspo vir Hoërskoolleerders is jaarliks 'n opwindende skole-kompetisie wat vir leerders en onderwysers landwyd verskeie uitdagings bied.

Die Afrikaans-Ekspo is ingestel op Afrikaans eerste-, tweede- en derdetaalsprekers.

Leerders kan inskryf in prosa, poësie, drama, musiek en liriek, visuele voorstelling van voorgeskrewe gedigte, rekenaarprodukte, entrepreneurskapstake, navorsingsprojekte en koerantplakboeke.

Afrikaans derdetaalleerders kan deelneem in die kategorieë prosa, poësie, plakkate met idiome, visuele voorstelling van voorgeskrewe gedigte, asook die opmaak van koerantplakboeke.

Die kategorieë is so gekies dat dit aansluit by UGO (uitkomsgerigte onderwys) en aan die onderwyser die geleentheid bied om potensiële kategorie-inskrywings te inkorporeer by klaswerk.

Die sluitingsdatum vir die registrasie van skole is 31 Oktober.

Daar is 'n streekronde in Kaapstad, en die nasionale prysuitdelingsfunksie vind op 30 Augustus 2003 in Pretoria plaas.

Vir navrae bel vir Chrisna Nel by (012) 342-2646, of stuur 'n faks na (012) 342 3957 of e-pos na stigting@afrikaans.com.


[ List of Schools / Skolelys ]


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za