|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Volgens hom het die Bolanders se goeie spel in die eerste wedstryd teen Griekwas, maar die feit dat hul nietemin verloor het, die span se selfvertroue geruk. "Die span het uitgesien na die seisoen en was baie optimisties. Toe hulle die wedstryd teen Grens verloor, het die harde werklikheid hulle getref. "Maar ek dink Justin se terugkeer tot die span sal stabiliteit en selfvertroue in die top kolforde gee." Ontong het gister in Paarl geland, nadat hy vir die Proteas gespeel het in twee van die drie eendagtoetse teen Bangladesh. Die Grens sal ook weer sy Protea-spelers kan inspan en dit is die twee blits-boulers, Makhaya Ntini en Monde Zondeki (wat Suid-Afrika A teen Australië verteenwoordig het), asook Tyron Henderson en Vasbert Drakes wees waarteen die Bolandse kolwers sal moet waak. Daarby sal Mark Boucher ook sy terugkeer tot die span maak. Die Boland breier, Deon Muller, het sy kolforde vergroot na agt gerekende kolwers, met die insluiting van Ontong wat die kapteinskap by Henry Williams oorneem. Jacques van Wyk is sy plek in die span kwyt. Daar is die week hard geslyp aan kolfwerk. Muller het sy top vyf kolwers Dinsdag speelkans in die middel van die veld gegee pleks van die oefennette en spesifiek gefokus op houe-seleksie. "Die basiese probleem met die kolwers is dat hulle nie weet wanneer om watter houe te speel nie en nie met vertroue en dissipline hul houe kan kies nie," het Muller gesê. Dit is veral Andrew Cyster (foto), die linkshandige kolwer wat die plek van Gerhard Strydom sal inneem en saam met Henry Davids die kolfbeurt sal open, wat onder die boulmasjien deurgeloop het. Cyster wat in die eerste beurt teen WP op nommer drie gekolf het, het 112 minute voor die penne deurgebring vir sy 13 lopies. In die opvolgbeurt het hy geopen en 8 lopies geslaan in 45 minute. |
|
|
|
|
DIE Wes-Kaap was die heersende provinsie tydens die sewesrugbytoernooi wat as deel van die SA Spele onlangs in Tshwane gehou is. Drie Paarliete, Oswald Thomas, Lee Blaine (albei van New Orleans) en Claude Swartz (Charleston Hill), het ook die kans gebruik om die oog van die nasionale sewes-keurders te vang. Die kompetisie was deurgaans straf en veral die Vrystaat, Oos-Kaap en Kwazulu-Natal het gevaarlik gelyk in die uitdunrondtes. Maar die manne van die Wes-Kaap het van krag tot krag gegaan en eers met Oos-Kaap II 24-12, Noordelike Provinsie 36-14 en Gauteng 26-7 in die uitspeelwedstryde afgereken. Die teenwoordigheid van Chester Williams, afrigter van die Sewes-Bokke, Norman Mbeko (tegniese adviseur van die Sewes-Bokke) en Mahlubi Puzi (bestuurder van die Sewes-Bokke) wat ook 'n keurder by die toernooi was, het die seuns verder gemotiveer om hul beste voet voor te sit. Die Kapenaars het maklik na die eindstryd teen Oos-Kaap deurgedring deur Vrystaat in die semi-finaal oortuigend met 33-12 te klop. Hoewel die Wes-Kaap in die eindstryd by twee geleenthede agter was, het die individuele briljantheid van Lee Blaine 'n oorwinning verseker. Blaine se driekuns het gesorg dat hy man-alleen die Oos-Kapenaars se doppie geklink het, met die eindtelling van 19-12. Die vlugvoetige Paarliet was ook die voorste driedrukker in die toernooi met 10 drieë. Blaine, Thomas en Swartz is in die Sarvu Elite groep opgeneem en sal voortaan spesialis-voorbereiding kry saam met die Sewes-Bokke. Volgens die spanbestuurder, Kenneth Williams, is die sukses van die span te danke aan Rudolf Francis, Raynard de Jager en Zola Makhalaka wat die talent op grondvlak gaan soek het. "Die feit dat al drie seuns uit agtergeblewe gemeenskappe kom, is 'n bewys dat die Departement Sport en Rekreasie wel op die regte pad is. "Uit 'n vallei wat sewes-spelers soos Chester Williams en Eugene Francis opgelewer het, moet ons dié drie spelers sien as die volgende generasie sewespelers wat SA sal verteenwoordig," het Williams gesê. Dit was ook 'n groot eer vir die spelers om die ervare Wilfred Cupido, oud-WP en Springbok rugbyspeler, as afrigter te hê. "Dit is 'n bewys dat Paarl nie net Springbokspelers vir die 15 man kode kan oplewer nie, maar ook 'n voedingsbron kan wees vir die sewes-kode, mits al die rolspelers nouer saamwerk," het Cupido gesê. |
|
|
||||||||||||||||
|
THE national minister of Sport and Recreation, Ngconde Balfour, visited Wellington on Tuesday as part of an meeting where the public could express their grievances and challenges in the field of sport to him firsthand. Some 120 school principals, learners and local sports administrators attended the meeting which was held at Berg River Secondary, after Balfour had toured Wellington sports facilities. Said Balfour, "It is the goal of my department to get the nation to play sport, but it is a difficult task if there is an imbalance in the facilities of different schools and different areas. "We as South Africans have to commit to correcting the imbalances of the past. But this does not give teams and players the right to take over and abuse fields and venues which do not belong to them." He also spoke out strongly against the vandalism of club facilities, especially at the Berg River Cricket Club, and said it was the responsibility of everyone to report and stop such behaviour. Representatives of soccer clubs in Mbekweni aired grievances over the lack of fields, over-crowding and the cost of hiring existing fields from the municipality. "You complain about facilities and agree that they are inadequate. There are patches with no grass. Soccer cannot be played on rugby and cricket fields." Balfour said that his office would take up the issue with the local government. "Clubs should unite and apply for funds for development through the sporting council and negotiate with the municipality for lower rental tariffs. Fields are not there for profitability, but for access and maximum usage." He cited a R30 million venue built at Uitenhage as an example of what can be achieved when clubs and codes stand together and apply for funds. When a member of the audience complained about learners chosen for competitions but lacked funds to travel, he said, "Ussasa is a haphazard organisation that does not operate systematically, even at national level. "They don't have a home, they are in between Departments. We need a structure like Ussasa, but it needs to be restructured and refocused," said Balfour with reference to the overlapping of the recent LoveLife Games and SA Games. He added that funding for school sport under the auspices of the Department was still an ongoing battle in which he was involved. He gave the assurance that disadvantaged schools like Wagenmakers Vallei Primary with no sports facilities would be visited by his officials, who would take up the issue with local and provincial government. The minister also said that sports federations in the Boland this year had received R6 million in grants for development and that members had a right to know how those funds were being spent. |
|
|
|
|
DIE span van Young Peoples I was Saterdag goed op pad na 'n oorwinning oor Maties I op Stellenbosch toe swak lig spel vroegtydig beëindig het. Die studente het eerste gekolf en 157 lopies aangeteken, met Peoples se Mark Borchards wat vier paaltjies laat kantel het. Die besoekers se kolwers het goed begin en op 60/1 was 'n oorwinning in sig. 'n Skielike ineenstorting het Peoples egter laat steier, en is daar met die telling op 87/5 halt geroep weens swak lig. Bobby Nicholsen (38) en Bronwill Williams (29) het goeie tellings behaal. Peoples se derde span wat in die 2B-liga speel, het op Worcester 'n goeie oorwinning oor Worcester United II behaal. Die Paarliete het eerste gekolf en teken 190 aan in hul toegelate 60 boulbeurte, met goeie bydraes deur Stanton Kamalie (48), Brandon Gabriels (29) en Tom-Ross Fortuin (25). Die tuisspan kon nooit aan die gang kom en word vir 119 uitgehaal danksy Fortuin (3 paaltjies) en David Gabriels (2 paaltjies). Kookwater-veldwerk deur Peoples het ook verseker dat drie kolwers uitgehardloop is, met Brandon Gabriels wat die voorbeeld gestel het. Peoples I speel Saterdag weg teen Coronations I, met die tweede en derde spanne wat op Stellenbosch teen onderskeidelik teen Van der Stel II en III te staan kom. * Wellington (181 lopies) het op Hermanus die tuisspan met 25 lopies geklop. Wian Smith (78) en Joshua Swanepoel (25) was die top-kolwers, met Sarel Wolmarans (2/14) wat met die boul presteer het. |
|
|
|
|
DIE finaliste in vanjaar se Paarl Post Sportman- en vrou van die Jaar kompetisie is in die senior sportmankategorie Justin Ontong (krieket), Eugene Francis (rugby) en Garth Thomas (fietsry). Die vroue is Dianthea Thyssen (netbal), Michelle Eilers (tweekamp) en Lerine Bester (drie- en tweekamp). Onder die junior seuns is die finale drie Hennie Daniller (rugby), Hansie Diedericks (krieket) en Clemen Lewis (rugby), terwyl Monique Balsamo, Marné van der Burgh en Nathaly September vir die dogterstitel in aanmerking kom. Die wenners sal op 14 Oktober aangewys word tydens 'n dinee aangebied deur Paarl Post. |
|
|
|
|
VUILSPEL het nie net die Super 4 kompetisie in die Paarl van die verwagte aksie-belaaide rugby ontneem nie, maar so byna veroorsaak dat 'n wedstryd gestaak en twee van die spanne gediskwalifiseer word. Die eerste helfte van die wedstryd tussen Young Peoples en Young Gardens het sonder enige voorval verloop. Twee mooi drieë deur Peoples se Jody Davids (11) en 'n strafskop deur Chesley Theo (10) van Gardens het die rustydtelling op 10-3 gebring. Die Tiere se eerste drie was te danke aan 'n lynskop van Theo wat in die hande van Justin Fortuin (senter) beland het. Fortuin het goed gedoen om die bal binne spel te hou en dit vinnig opgewip na Davids wat met 'n binnetoe-aftrap en 'n swenk twee verdedigers ontduik en gedruk het. Sammy Titus, alomteenwoordige heelagter van Peoples, het die deurslag gegee vir sy span se tweede drie. Titus met sy kaalgeskeerde kop het soos 'n vetgesmeerde blits by die agterlyn ingesny, die gaping geneem en na etlike meters vir Davids gegee om die nodige te doen. Sowat 'n kwartier ná die begin van die tweede helfte, het die skeidsregter, Louis Nel, spel gestop nadat hy reeds vier geelkaarte - twee aan elke span - uitgedeel het. Nadat hy bykans 'n minuut ernstig met die kapteine gepraat het, het hy ook die af-rigters langs die kantlyn nadergeroep. "Die ouens stel nie belang om rugby te speel nie. Hulle byt, knyp en slaan mekaar. Ek het gesê as hulle weer net skeef na mekaar kyk, gaan ek die wedstryd afblaas en word hulle gediskwalifiseer. Dan kan julle al vanaand die finaal speel," het Nel die afrigters van die twee spanne ingelig. Hierna het die wedstryd beter verloop, en slaag Theo weer met 'n strafskop om die telling 10-6 te maak. Gardens het in die laaste minute groter druk uitgeoefen en Peoples se doellyn onverpoosd aangeval. Maar die Tiere se verdediging het gehou totdat die eindfluitjie geblaas het. In die tweede halfeindstryd het Paarl Rangers en Albions, mekaar die stryd aangesê. Hoewel daar oor en weer aangeval is, was dit eers kort voor rustyd dat die eerste punte aangeteken is, toe Claude Vos (plaasvervanger-slot) vir Rangers druk. Die skrumskakel, Mark Adams (9), het met akkurate hoekskoppe Rangers voortdurend op die aanval geplaas. Vroeg in die tweede helfte slaag John Adriaanse (12) met 'n strafskop vir Albions. Aangevuur deur hul eerste punte druk John Stevens (10) vir Albions. Licoln du Preez (plaasvervanger-senter) verdoel en Albions neem die voortou 10-5. Rangers val weer aan, maar Courtney de Wee (plaasvervanger-heelagter) onderskep in Rangers se kwartgebied en hardloop die 75m na die doellyn vir sy drie. Kort daarna slaag Adams met twee strafskoppe vir Rangers. Albions het hierna in 'n bestek van twee minute ses strafskoppe teen hulle gekry wat Rangers tot op hul doellyn gebring het. Rangers het hul kans gebruik om 'n oorstoot-drie te druk en raap 'n oorwinning voor Albions se neuse weg met 16-15. Toeskouers het ná die wedstryd op die skeidsregter toegesak, maar danksy die beamptes wat die blaser omsingel en op die veld gehou het totdat die meerderheid mense verdaag het, het hy ongedeerd weggestap. Peoples en Rangers pak mekaar môreaand om 21:00 op Daljosafat vir die Super 4 titel, terwyl Gardens en Albions om 19:00 dinge in die plaatfinaal sal uitspook. Veiligheidsmaatreëls is opgeknap om enige moontlike voorvalle te hanteer. |
|
||||