ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 11 March 2004

uitlefstreep

This site will be updated on18 March  2004 at 17:00

Arts - Kunste

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Uys in new revue

[ Top ]


WELL-KNOWN Pieter-Dirk Uys presents his latest one-man satire, 'The End Is Naai', which celebrates ten years of equality and human rights in South Africa, through focusing on politicians and people, icons and aikonas with humour.

'The End Is Naai' has its world première as part of the Spier Summer Showcase for five performances from Wednesday to Sunday 21 March.

Uys ventures to present a personal vision of the future, tainted by a past, while inspired by the present: a South Africa full of hope and optimism, also unbalanced by too much violence and crime and corruption - but levelled out after an April

wuysFC

SATIRE. Pieter-Dirk Uys finds the telling anagram between Thabo and Botha (the one name can also spell the other!) in his one-man revue at Spier, from 17 to 21 March.

election, in which everyone can make their voice heard.

Rude, offensive, politically-incorrect, dangerous, real, hopeful, and maybe true, the show aims to put the 'mock' back into democracy and expose the 'con' in reconciliation.

The show begins at 20:30.  Book at  809-1177 or Computicket on 083-915-8000.

* Waterway, the second Spier Outdoor Sculpture Biennial in collaboration with Public Eye and the Spier Arts Trust, ends on Monday.

The exhibition  is a collection of installations along the banks of the Eerste River. Themes explored include land ownership, displacement, as well as relationship between people and nature.


Gesels oor fees

[ Top ]


DIE organiseerders van die Oukraal Kunstefees hou nog 'n openbare vergadering op Woensdag 17 Maart om oor die fees te gesels.

By die vorige vergadering is Desember voorlopig genoem as 'n nuwe datum. Daar is ook gesels oor die moontlikheid om die fees te verskuif na Faurestraat en om die fokus te plaas op een bekende kunstenaar, ondersteun deur jong, opkomende sterre.

Die vergadering begin om 18:30 by La Musique Kunsteskool, Bredastraat 120. Alle belangstellendes is welkom.

"Ons wil almal betrek en sien daarna uit om so 'n verteenwoordigende groep moontlik daar te hê," sê Andrew Strauss, een van die organiseerders. Navrae kan aan hom gerig word, by 872-6651.


Taylor by karnaval

[ Top ]


DIE St Alban's Primêre Skool op Wellington hou weer môre en Saterdag hul jaarlikse karnaval met mallemeule op die skoolterrein.

'n Naweek propvol vermaak vir oud en jonk word beplan, met bekende sangers en sanggroepe, die mallemeule, heerlike kos, 'n biertuin en interessante stalletjies.

Een van die hoogtepunte op die program is die gewilde sanger, Garth Taylor, wat die Saterdag om 16:30 en week om 21:00 optree.

Taylor het al verskeie treffers opgelewer, soos 'Why', 'Only with you' en 'Islands in the Stream'.

Rittekaartjies vir die mallemeule is by die skool te koop teen slegs R5 per rit.

Indien u belang stel in 'n stalletjie vir die naweek, skakel die skool by 873-2441.


Picnic concert

[ Top ]


THE Jack Meyer Art Centre and the Frank Pietersen Music Centre in Paarl are hosting a combined picnic concert at the art centre in Hospital Street on Thursday 18 March.

The gates will open at 18:15 and the public can bring blankets and picnic baskets.

As from 18:30 the senior string ensemble and the other small ensembles will play light classical pieces, while the public can enjoy their picnic and look at the centre's art exhibition.

From 19:00 the crowd will be entertained by a more formal concert where the African marimba band will start off with jembee drumming and marimba works.

The symphony orchestra will perform works ranging from an arrangement of Dvorak's New World Symphony to popular songs like Copocabana, Time to say Goodbye and Blouberg se Strand.

Tickets are R10 (learners R5) and can be obtained at the art centre (872-2095) or the music centre (872-3123/4) from Wednesday.


Boi Akih sing by Oude Libertas

[ Top ]


DIE Nederlandse groep Boi Akih (uitgespreek boji-ah-kie) tree van vandag tot Saterdag op by die Oude Libertas Amfiteater in Stellenbosch, as deel van die Stellenbosch Woordfees.

Boi Akih se vermenging van tradisionele Indiese, Afrika en Mollukkaanse musiek met jazz, tower 'n eklektiese en lewendige wêreldmusiek- klank op.

Die Mollukkaanse sangeres aan die hoof van hierdie span manlike musikante is Monica Akihary, wie se stem al beskryf is as subtiel, asemrowend en meditatief.

Haar passievolle sang en die komposisies van die kitaarspeler Niels Bouwer skep 'n opwindende sinergie.

Die ander lede van die kwartet, met sy wortels diep in die wêreldmusiek geplant, is die Nederlandse tjellis Ernst Reijseger en die Indiese tabla- en perkussiespeler Sandip Bhattacharya (wat bekend is vir sy kenmerkende toonkwaliteit waar elke detail van ritmiese patrone gehoor kan word).

Vertonings begin om 20:15. Bespreek by 809-7380 of by die Oude Libertas Kaartjiekantoor. Gratis parkering beskikbaar.

* Die Kaapse dansgroep, Jazzart Dansteater, bied hul jongste produksie, "Rain In A Dead Man's Footprints", aan van Woensdag tot Saterdag 20 Maart.


Comedy at Barnyard

[ Top ]


HOW do you grow old gracefully? By doing it with style - and a smile on your face!

Independent singer/songwriter Robin Auld and Cape Comedy Collective founder Mark Sampson are at the Barnyard Theatre, Groot Drakenstein, on Saturday with the hilarious and heartwarming "Growing: Auld with Sampson".

The show features stand-up and songs on topics from raising hell to raising children, and all the fun along the way.

Alongside a selection of Robin's original songs are tongue-in-cheek tributes to the Beatles, Bruce Springsteen, Eurythmics and The Who, and brand new versions of classics by Bob Marley, Eminem and Norah Jones.

Book at tel/fax 874-1505 or email theatre@bridgehouse.org.za.


Klassieke Parstydkonsert by La Motte

[ Top ]


LA MOTTE in die Franschhoekvallei bied Donderdag 18 Maart 'n spesiale Parstydkonsert van klassieke musiek ter viering van hierdie jaarlikse gebeurtenis, 'n belangrike stadium in die skep van die landgoed se klassieke wyne.

Optredes word gelewer deur twee briljante kunstenaars, die bariton Reiner Schneider-Waterberg en pianiste Lara Jones, wat albei bekend is vir hul hoogstaande optredes tydens konserttoere na verskeie wêrelddele.

Schneider-Waterberg, wat in Namibië gebore is, se sangloopbaan is geïnspireer deur sy betrokkenheid by die Stellenbosse Universiteitskoor, wat tot sy ontwikkeling as bariton gelei het.

In 1990 het hy die SA Crescendo-kompetisie gewen, waarna hy 'n uitgebreide konserttoer deur Europa onderneem het. Hy het sy solis-debuut met Händel se Messias gemaak en titelrolle in Gluck se Orfeo ed Euridice en Scarlatti se Dafni vertolk.

Teen die einde van 1994 het Schneider-Waterberg met die verdere ontwikkeling van sy stemstudies aan die Mozartium in Salzburg, Oostenryk, begin.

Twee jaar later het hy na Basel, Switserland verhuis om die bariton-omvang van sy stem aan die wêreldbekende Schola Cantorum Basiliensis te ontwikkel.

Uitvoerings van liedere bly een van Schneider-Waterberg se groot liefdes en deur die jare het hy meestersklasse ontvang van, onder andere Dietrich Fischer-Dieskau en Elizabeth Schwarzkopf.

Die pianiste Lara Jones, wat in Durban gebore is, het haar orkesdebuut op elfjarige ouderdom saam met die Natalse Filharmoniese Orkes in Durban gemaak. Met dié optrede het sy die jongste solis geword wat in Suid-Afrika opgetree het.

As kind het sy 'n besonderse leerder/leermeester-verhouding gehad met Ethel Kirken, jare lank een van Suid-Afrika se beste klawerbord-pedagoë.

Na Kerkin se dood is Jones se musiekopleiding aan David Tidboald toevertrou. Hy was haar dirigent met haar eerste optredes as soliste. 

Hierdie optredes het vir haar die weg gebaan vir 'n intensiewe opleidings- en optrede-ondervinding in Duitsland.

By hul aankoms word gaste met 'n drankie verwelkom en na afloop van die konsert kan hulle die kunstenaars ontmoet.

Die konsert begin om 19:00 en toegang is R95 elk. Bespreek by die proelokaal of  skakel 876-3114/9 (Comari).


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]