|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
|
 |
|
|
 |
|
|
 |
|
|
|
Thursday 11 March 2004 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
This site will be updated on18 March 2004 at 17:00 |
|
 |
|
|
|
|
|
|
Nuus - News |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Sakeman alweer in sop |
|
|
|
[ Top ] |
|
|
|
|
Malané Bosman |
|
|
|
|
|
DIE woning van 'n Paarlse sakeman, wat herhaaldelik van bedrog aangekla word, sou volgende week opgeveil word omdat hy R27 000 aan 'n leweransier van boumateriaal skuld.
Goolam Mohammed Doola het egter ter elfder ure betalings gemaak aan die eiser deur die prokureur.
"Die veiling is voorlopig gekanselleer," het 'n woordvoerder gesê.
"Indien verdere betalings nie nagekom word nie, kom die eiendom van die |
|
 |
|
|
|
|
|
SAKEMAN. Goolam Doola, Paarlse sakeman wat in die moeilikheid is oor skuld. |
|
|
|
|
Doola Familietrust weer op geregtelike veiling."
Doola verskyn al jare lank op aanklagte van bedrog en wanbetaling in howe in die Boland en Kaapstad.
Die gesin se woning te Mont Rosestraat 29, Paarl, sou nou opgeveil word vir skuld aan Clearway Sliding Doors in Epping.
Doola het verlede maand vry uit die Stellenbosse landdroshof gestap.
Dít terwyl verskaffers en verbruikers van boumateriaal steeds volhou dat dit "ongesond is" om sake te doen met Doola.
Hy het op Stellenbosch tereg gestaan op vier aanklagte dat hy as eienaar van Merriman Hardware & Cell betalings vir bestellings aanvaar het, maar nie die bestellings uitgevoer het nie.
Volgens sy prokureur, Loretta Hayward, het Doola aanvanklik "probleme ondervind met aflewering", maar dat die probleme opgelos was en dat die eise bygelê is.
Vier aanklagte van bedrog is op 13 Februarie teen hom teruggetrek nadat hy eise nagekom het.
Intussen weier 'n voorsiener van sementprodukte in Klapmuts om met Doola, wat hy as 'n "bedrieër" bestempel, besigheid te doen.
"Lede van die publiek van so ver as Khayelitsha, Blackheath en Mitchellsplein maak aantygings dat ek hul geld sou aanvaar het en nie hulle bestellings uitvoer nie.
"En dan het die bestellings, of die geld, in werklikheid nooit by my uitgekom nie.
"Die publiek moet gewaarsku word. Doola is jare lank al besig met sy speletjies. En dis net dié wat lank genoeg en hard genoeg kla en baklei, wat vergoed word.
"Maar wat van die honderde wat nie die sake by die polisie, prokureurs of die pers aanmeld nie?"
Inwoners van Somerset-Wes en Kaapstad het ook aan die Paarl Post geskryf om kopers te waarsku teen betaling voordat hul bestellings afgelewer is.
"Betaal slegs kontant met aflewering," het Gaby Steyn van Somerset-Wes gemaan.
"Na talle oproepe aan leweransiers in die Paarl het ek besef dat geen bestelling by hulle geplaas was nie, al het ek al vir my stene betaal by Mohammed Doola."
Doola se naam is ook op die Kaapstadse Streekhofrol vir aanklagte van bedrog rakende die nie-betaling van leweransiers.
Dié saak, wat al jare sloer, is telkemale uitgestel weens misverstande asook Doola se verandering van regsverteenwoordiger.
Met eerste nuusberigte in 2001 oor Doola se beweerde bedrog, het ontevrede klante hulle gehaas om te kla oor voorvalle tot tien jaar gelede.
Van die eerste klagtes handel oor wanpraktyke tydens Doola se besit van Salt River Hardware in Kaapstad in die middel 1990's.
Klagtes oor ander besighede in die Paarl - bouhandelaars geregistreer op een van die Doola familielede se naam - het gevolg.
Daar was ook beweerde wanbetaling by 'n viswinkel in Brackenfell, wat later te midde van finansiële probleme gesluit het.
'n Waarskuwing oor Doola se bedrywighede het in 'n verbruikersrubriek van 'n Kaapse dagblad verskyn.
Die bom het in 2002 gebars met grootskaalse ontevredenheid oor wanpraktyke by DFT Building Supplies in Klein Drakensteinweg, Huguenot.
Ná berigte in die Paarl Post oor beweerde bedrog by DFT, het Doola die besigheid ontruim.
Sowat 'n jaar later het hy die nuwe besigheid in Merrimanlaan in Stellenbosch geopen, met aantygings wat kort daarna begin het.
Doola en sy gesinslede betaal maandeliks skuld aan eisers by verskeie prokureurs in die Paarl.
* A notorious Paarl businessman is in danger of losing his house due to debt. |
|
|
|
 |
|
 |
Vlamme saai verwoesting |
|
|
 |
'n VERWOESTENDE brand het Maandagnag deur plakkerswonings in Milkytown gevreet en 'n spoor van honderde hawelose Paarliete agtergelaat.
Die brand, wat om 23:00 op onverklaarbare wyse in die middel van die massa opslaanhuise uitgebreek het, het vinnig versprei.
Altesame 39 hokke het tot op die grond afgebrand terwyl omstanders later verstom gesê het: "Dit is verbasend dat daar nie meer skade aangerig is nie, so woes het die vuur getrek."
Hokbewoners kon bitter min van hul besittings red en het die nag by familie en vriende in Milkytown en in 'n saal in Fairyland deurgebring.
Paarl-Oos polisie en nooddienste het Dinsdag gereël dat komberse en kos vir die haweloses afgelewer word.
* A fire destroyed 39 shacks in Paarl on Monday night. |
|
Gesteelde karre kom huis toe |
 |
Malané Bosman |
 |
|
|
 |
|
 |
'n MAN wat sy ou motor met baie liefde reggemaak en vertroetel het, het haar hierdie week teruggekry - al het die diewe hom met duisende rande skade opgesaal.
Clive Williams van Wellington het sy blou 1976 Toyota Corolla oudergewoonte op 24 Februarie langs die Toringkerk gelaat terwyl hy as skoenverkoopsassistent gewerk het.
"As ek by die winkel se deur uitkyk, dan staan die motor waar ek dit kan sien," het Williams vertel.
"Maar toe ek daardie middag weer kyk, toe is die motor nie daar nie - net die spore."
Verlede week het die polisie in Khayelitsha sy motor langs 'n pad sien staan, steeds met die CN nommerplaat.
Terselfdertyd het dié polisie ook op die dop van 'n wit Mazda Midge afgekom wat die nag van 19 Februarie gesteel is in Buitenkantstraat, Paarl.
Chris Albertyn, 'n rekenaartegnikus van Vrykyk, het nie net daardie Midge verloor nie, maar vyf nagte later ook 'n tweede werksmotor wat die nag voor sy huisdeur gesteel is.
"Ek weet ons gaan net 'n dop terugkry," het Albertyn met die eerste skok gesê. En nou wag hy dat die tweede dop ook opduik.
'n Ondersoekspan onder leiding van supt Lionel Carstens, kapt Charles Daniels en kapt Henry Nel, is verlede maand op die been gebring om die groeiende probleem van motordiefstal kort te knip.
In Januarie is 17 voertuie gesteel waarná 11 teruggekry is en 14 arrestasies gemaak is.
In Februarie is 16 voertuie as gesteel aangemeld (waarvan twee vals klagtes was). Dertien is teruggekry en tien arrestasies is gemaak.
Sukses
"Die span is besig om suksesse te behaal," het snr/supt Paul Marais, Paarl stasiekommissaris, hierdie week gesê.
"Daar is goeie deurbrake gemaak en die afgelope naweek is daar nie 'n enkele voertuig as gesteel aangemeld in die Paarl nie."
* Police are recovering cars stolen in Paarl and taken to places like Khayelitsha. |
 |
|
 |
Polisie nou giftig in die Paarl |
|
|
 |
|
 |
SYFERS vir ernstige misdaad in die Paarl-omgewing is besig om met volgehoue polisie-optredes drasties te daal.
Operasie Izigcawu (spinnekop in Xhosa) het sedert verlede maand sy tentakels in die Paarl uitgestrek, met gekombineerde mannekrag en hulpmiddels van Mbekweni, Paarl-Oos, Wellington, Franschhoek asook bystand van die Area Misdaadvoorkomingseenheid, reserviste en die weermag.
"Ernstige misdaad het beduidend gedaal," het Paarl stasiekommissaris, snr/supt Paul Marais, met trots gesê.
Gedurende een week in Februarie is daar 88 arrestasies vir ernstige sake en 271 arrestasies vir minder ernstige sake gemaak.
Agthonderd verdagte persone is deursoek en 400 voertuie is by padblokkades voorgekeer.
Sestig persele waar drank vermoedelik onwettig gehandel word, of waar gesteelde goedere ontvang word, is deursoek. Beslaglegging op vuurwapens, drank en dwelms was die resultaat.
"Die spinnekop lewe lank, hy is giftig, en sy oë mis niks. Izigcawu gaan voort," het supt Marais gesê.
"Die toewyding en die positiewe gesindheid van lede is opvallend, asook die verdraagsaamheid van die publiek, wat ons laat welkom voel tydens optredes." |
 |
|
|
Stof wil nie gaan lê oor krieketveld |
 |
Susan Botha |
 |
|
|
 |
|
 |
DIE Bergrivier Krieketklub op Wellington het die Munisipale Bestuurder, Jacques Carstens, uitgedaag om 'n openbare sport- forumvergadering toe te spreek ook die Weltevrede Sportkompleks.
Dit volg ná 'n berig in die Paarl Post verlede week oor die swak toestand van die krieketveld.
Die klub het verlede Donderdagaand op hul maandvergadering besluit om met gesaghebbende politici en ook amptenare van Drakenstein Munisipaliteit te praat oor hul ontevredenheid.
"Die feit dat Carstens bewus is van die haglike toestand waaronder die klub moet speel en niks doen nie, is kommerwekkend," het Jerry Seale, voorsitter van die sportbeheerraad, gesê.
"Ons wonder wat sou gebeur het indien Wellington Krieketklub sou gekla het oor hulle veld?" word gevra.
Die klub sê hulle was ook verbaas om in die Paarl Post te lees dat die kolfblad en speelveld opgegradeer is.
Hulle wil ook weet waarvoor die R75 000, wat deur die Munisipaliteit vir die klubgebou geoormerk is, gebruik gaan word.
"Volgens ons inligting word 'n dubbelmotorhuis op die veld gebou. Intussen het ons geen klubhuis meer nie.
"Ons velde lyk haglik en ons geveg met die Munisipaliteit is beslis nie verby nie," het Seale na afloop van die vergadering gesê.
Sportklubs in die Weltevrede-omgewing het gisteraand ontmoet om 'n memorandum op te stel en te besluit oor 'n plan van aksie.
Intussen het die Munisipaliteit bevestig dat hulle besig is om die nodige kwotasies te kry om die veld te omhein.
* Wellington cricket players have been angered by the poor condition of the unfenced Berg River cricket grounds and the lack of action by the Municipality. |
 |
|
|
Lawrence uit op borg |
 |
Malané Bosman |
 |
|
|
 |
|
 |
DIE borgaansoek van 'n Paarlse polisie-offisier wat tereg staan op aanklag van moord, het geslaag.
Insp Johan Lawrence (37) is eers byna twee maande lank uit vrees vir sy lewe in die selle van die Franschhoek polisiekantoor aangehou.
Daarna was hy in alleen-aanhouding in die Goodwood gevangenis.
Verlede week het adv Sakkie Maartens in opdrag van prokureur Sarien Engelbrecht in die appèlhof in Kaapstad sy saak gestel.
Regter André Blignaut het die borgaansoek toegestaan op voorwaarde dat die beskuldigde hom weerhou van inmenging met staatsgetuies.
Die Onafhanklike Ondersoekdirektoraat ondersoek die skietdood van Henry Andrews (40) op 'n sypaadjie in Paarl-Oos in November verlede jaar.
Andrews, 'n bewaarder van die Haweque Jeugsentrum op Wellington, het die noodlottige Saterdag gekuier by insp Debbie Lawrence, polisiebeampte, by haar woning in Meakerstraat, Paarl.
Die verdagte is in die huis in hegtenis geneem.
Borg is oorspronklik geweier op die gronde dat 'n hofbevel Lawrence nie van besoeke aan sy gewese vrou weerhou het nie. Die getuienis dat die besoeke op haar uitnodiging was, en dat sy haar beywer het vir die terugtrekking van die interdik, het landdros Ben de Lange nie anders oortuig nie.
Regter Blignaut het bevind dat De Lange fouteer het deur aan te neem dat Lawrence weens sy lang diensrekord toegang tot vuurwapens sou hê.
Hy het ook, volgens die appèlaansoek, fouteer om ondanks die getuienis van Lawrence se voormalige eggenote, te bevind dat daar 'n risiko van leed aan ander sou bestaan.
Volgens die appèlhofstukke het die hof misgetas deur nie die risiko's van aanhouding te korrektiewe dienste in ag te neem nie. Lawrence is nou op vrye voet. Hy verskyn weer op 16 Maart in die Paarl landdroshof.
* A Paarl policeman who is accused of murdering a prison warder, is out on bail. |
 |
|
 |
Appointments a thorny issue for mayor |
|
|
 |
|
 |
THE thorny issue of who should appoint support personnel for executive mayors and full-time councillors and how, was again raised at a recent meeting of the Mayoral Committee of Drakenstein.
A letter from the Western Cape Local Government Organisation (Weclogo) was submitted to the committee, indicating that councillors could not appoint their staff, but that it was the job of the Municipal Manager (although a number of appointments have already been made by councillors).
According to the document it is clear from the Systems Act that only a Council may appoint the Municipal Manager, that the Council must appoint the Managers reporting to the Municipal Manager after consultation with the Municipal Manager and that the Municipal Manager must appoint any other personnel within the policy framework adopted by Council.
"It implies therefore that, if such support personnel are to form part of your Council's staff structure (even if they are to be appointed on a fixed term contract) and if they consequently are to report to a Director/Manager in the service of the Council (besides reporting to politicians), the Municipal Manager will have to appoint such personnel, or alternatively a Director/Manager in terms of delegated authority.
"Such appointments will have to be made in terms of Council's policy framework including the Employment Equity Plan.
"In such circumstances it will not be possible for the Mayor or any other politician to make such appointments.
"In practice it could happen that the Mayor and other politicians make proposals to the Municipal Manager in this regard, but in the final analysis the latter must effect the appointment (or his delegate) within the policy framework adopted by Council."
The letter was only submitted for information and as such the Committee didn't have to respond to it.
However, Municipal Manager Jacques Carstens remarked "the damage was done", to which Mayor Herman Bailey replied that all the appointments had not been completed.
To date, one person has been appointed in the Speaker's office, one for the Mayor and two for the Deputy Mayor.
That leaves one appointment to be made for the Speaker's office and two each to the other nine full-time councillors.
According to Carstens they will in future adhere to the Systems Act when appointing these members of staff. |
 |
|
|
Ondersoek nadat seun se voete brand |
 |
Malané Bosman |
 |
|
|
 |
|
 |
'n ONDERSOEK is geloods na moontlike nalatigheid by 'n steenkoolwerf in die Paarl, terwyl die tiener wat 'n maand gelede in swart kole verbrand het, steeds stadig in die hospitaal aansterk.
Raymond Mostert (14) het verlede week 'n derde veloorplanting aan sy regtervoet gekry.
"Sy hande en linkervoet word mooi gesond, ook die hak wat heeltemal opgebou moes word, maar op die sool van die regtervoet wil die vel nie vat nie," het sy moeder gesê.
Yvonne Mostert besoek so gereeld moontlik haar seun in die brand-eenheid van Tygerberg Hospitaal.
"Ons hoop net die derde oorplanting werk, anders sal hy 'n kunssool moet kry."
Prokureur Chris Nel hanteer 'n siviele eis vir mediese en ander kostes.
Beamptes van die Departement Arbeid en Beroepsveiligheid is ook besig met 'n ondersoek na die veilig-heidsmaatreëls by die steenkoolwerf in Daljosafat en of nalatigheid tot die ongeluk bygedra het.
Raymond en twee vriende het die noodlottige Sondagmiddag in die Bergrivier gespeel en toe tot in Carbon Fuels se steenkoolwerf gedwaal waar hulle oor die steenkoolhope gestap het.
Omheiningsdrade regoor die ongelukstoneel, wat platgeval was onder steenkoolhope, is na die ongeluk weer regop getrek. Die res van die omheining is steeds plat, stukkend of glad nie daar nie.
'n Nuwe waarskuwingsteken is ook aan die draad aangebring waar Raymond seergekry het.
Carbon Fuels het nie kontak gemaak met die Mosterts nie.
"Die dokters sê Raymond sal einde Maart kan huis toe kom, maar dan sal hy nog lank by die huis moet stil wees," het sy ma gesê.
"Hy sal seker eers einde Mei kan skool toe gaan."
En dan vertel sy opgewonde hoe wonderlik haar seun se skool, Laerskool Noord-Eind, is.
"Hulle gaan sowaar 'n rekenaar gee vir my Raymond wanneer hy weer tuis is."
Eetgoed, skryfgoed en 'n radio wat deur leerders ingesamel is, is ook reeds by die hospitaal afgelewer terwyl die skool 'n fonds gestig het vir Raymond se onkostes.
* An inquiry is to be held into the incident in which a child suffered serious burns at a coal depot in Paarl. |
 |
|
|
Tronkdeure 'moet oop' |
 |
Malané Bosman |
 |
|
|
 |
|
|
TWAALF jaar nadat die laaste gevangene uit die selle van die ou Paarl tronk in Bergrivier Boulevard verskuif is, staan die tronk steeds leeg.
Deur die jare was daar al baie belangstelling in die ou gebou, maar nog niemand het met 'n plan vorendag gekom wat deur die Departement Openbare Werke aanvaar is nie.
"As ons tien jaar gelede begin het, dink net waar sou ons vandag al gewees het.
"Daar was al baie korrespondensie tussen die departement en veral die RDP.
"Die polisie wou mishandelde ma's en kinders daar onderdak gee.
"Die munisipaliteit, die RDP, ander organisasies en sakelui wou dit vir straatkinders gebruik, as 'n tehuis vir minderbevoorregte bejaardes, 'n vaardigheidsentrum of vir 'n supermark.
"Maar dit is nie sommer net vir weggee nie," sê 'n beampte van Openbare Werke.
"Dit gaan geld kos om reg te maak. Dis 'n erfenisgebou, ouer as 60 jaar, en dus sal die fasade moet behoue bly en volgens regulasies gerestoureer word.
"En dit gaan geld kos om dit te onderhou. Daar moet 'n soliede besigheidsplan opgetrek word.
"As dit uit ons hande is, kan die staat nie verder verantwoordelikheid dra nie, so dit moet 'n werkbare proposisie wees, met geld daaragter.
"Ons kan nie met 'n mislukking sit nie."
Hy het bygevoeg: "Dit moet vir die gemeenskap wees - nie vir ryk mense nie. Ons kan dit nie net verkoop en daar word 'n supermark opgesit nie.
"Dan moet die bure ook nog in ag geneem word.'n Mens sal nooit almal tevrede kan stel nie, maar die belangrikste is, dat dit van nut is vir die gemeenskap.
"Wat ook al gebeur, dit bly 'n lang proses. En daar is nog niks werkbaars op die tafel nie."
Intussen het Stella Sigcau, minister van openbare werke, gesê daar word gekyk hoe van die tronk ontslae geraak kan word sonder om dit te verkoop.
Volgens haar staan daar 68 staatsgeboue in die land leeg omdat dit nie meer aan spesifieke staatsdepartemente se behoeftes voldoen nie.
Die Paarl Tronk is die langste in onbruik is van al hierdie geboue.
Oor die afgelope 12 jaar word dit slegs af en toe gebruik deur filmmakers, en as oefenplek vir die polisie se reaksie-eenhede.
Haweloses slaap op die stoep en bevuil die werf as hulle die agterplaashek oop kan kry.
* The Paarl Prison has been standing empty for 12 years. |
|
|
 |
|
 |
|
|