|
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
 |
|
 |
|
 |
|
|
 |
|
|
 |
|
|
|
Thursday 11 March 2004 |
|
|
|
 |
|
|
|
|
This site will be updated on18 March 2004 at 17:00 |
|
 |
|
|
|
|
|
|
Sport |
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Ervare Boland-span gekies |
|
|
|
[ Top ] |
|
|
|
|
|
|
|
BOLAND ATLETIEK stuur vanjaar een van die mees ervare spanne in die provinsie se geskiedenis na die SA Jeug en Junior Atletiekkampioenskappe.
Meer as 30 van die atlete in die Boland-span het verlede jaar reeds medaljes op nasionale vlak gewen en is tans gelys onder die nasionale top tien presteerders in hul onderskeie items.
'n Span van 75 atlete - 17 van hulle plaaslik - is gekies om Boland te verteenwoordig na afloop van Saterdag se Boland Jeug- en Junior |
|
 |
|
|
|
|
|
SANDSTORM. Keenan Watson van die Paarl het die verspringrekord vir seuns o.17 na 7,28m verbeter tydens Saterdag se Boland Atletiekkampioenskappe. |
|
|
|
|
Kampioenskappe op Coetzenburg.
Sowat 10 000 toeskouers en 800 atlete het die byeenkoms bygewoon. Die standaard was baie hoog met 100 atlete wat meer as 900 punte op die Absa-tabel behaal het.
Plaaslike atlete wat van die 19 Boland-rekords verbeter het, is Jason September van Paulus Joubert (28:30 5000m s.15) en die Paarliet Keenan Watson van Paul Roos Gimnasium wat 7,28m in die verspring vir seuns o.17 gespring het.
Die SA Jeug en Junior byeenkoms sal op 2 en 3 April in Bloemfontein plaasvind. Die Boland-span vertrek reeds op 31 Maart om te verseker dat die atlete uitgerus en gereed is om hul beste te gee.
Volgens Richard Stander, die uitvoerende hoof van Boland Atletiek, is die atlete se fokus daarop ingestel om die span te haal na die Wêreld Junior kampioenskappe vir 19-jarige atlete in Italië asook die Statebond Spele vir 18-jarige atlete wat in Australië sal plaasvind.
Die span is: Mans o.20 (100 m) Schalk Pienaar, (200 m) Clayton Engelbrecht, O'Brian Titus, Jason Malgas, (400 m) Isaac Malgas, (800 m) Lenton Kalase, Nathan Beukes, Garreth Maarman, (1500m) Lenton Kalase, Cedric Arendse, Nathan Beukes, Garrith Maarman, (110mH) Schalk Pienaar, Jaco Roux, (400mH) Johan Hanekom, (vs) Alrico Farmer, Regan Julius, (hs) Wilmar Visagie, (gs) Ross Jordaan, (hg) Jaco Bruwer, (10 000m Stap) Johannes Visser, Florico Fielies, (10-kamp) Sors Joubert. o.18 (100m) Werner Radloff, (200m) Chatllin Smith, Julian Thomas, (400m) Chatllin Smith, (1500m) Rowan Prins, Lee-Roy Marcelli, Richard Murray, Heinrich Blom, (2000m hw) Dewayne Mouries, Henrico Rooi, (110mH) Louw Smit, Jaco Roux, (400mH) Barend Wessels, Lorenzo Powell, (vs) Keenan Watson, (hs) Hadley Visser, Maurice Fisher, Brandon Marron, (ps) Ian Kucharcki, Francois Germishuys, (hg) Johan Kruger, Heinrich Gonzales, (10000m Stap) Dirk Koegelenberg, Chan Cleopas, Jason September,
Vroue o.20 (400m) Tihanna Vorster, (400mH) Monique Theron, Kim De Wit, (ds) L Viljoen, (hs) Marné van den Burg, (ps) Lisa Laubser, (hg) Anje Crocker, (sg) Abigail Erasmus, Odette Olivier, (10000m Stap) Ruzanne Harris. o.18 (100m) Janie Coetzee, Greshan Adriaanse, Shirlynn Smith, Stacey Gardiner, (200m) Wenda Theron, Greshan Adriaanse, (400m) Colleen Lesch, (100mH) Janine Visser, Wenda Theron, (vs) Wenda Theron, (hs) Megan Jackman, Lenca Lombaard, Somarlie du Plessis, Tasmyn Ward, (ps) Nicole Loesch, Nicola Loots, (gs) Elizka van der Merwe, (dg) Elizka van der Merwe, (hg) Elizka van der Merwe, Karin le Roux, (sg) Aneen Groenewald, Nicole Nel, (5000m Stap) Mariska Coetzee, Susan Groenewald, Wilmha Groenewald, Jo-aan Wiliams. |
|
|
|
 |
|
 |
Bergrivier vergroot hul voorsprong |
|
|
 |
|
 |
DIE Premierligaspan van Bergrivier Krieketklub het Saterdag sy voorsprong in dié afdeling van die Boland Krieketkompetisie vergroot toe hy Oostelikes II op Kraaifontein met vier paaltjies geklop het.
Die besoekers het met die oorwinning verseker dat hulle vanjaar met die louere gaan wegstap.
Oostelikes teken 192/8 in hul 60 beurte aan. Aanvangskolwer Allan Clark (54 4x3) het 'n goeie beurt gespeel nadat sy span op 'n stadium op 53/4 teen die grond was.
Die vennootskap tussen Kevin Arendse (34) en Grant Isaacs (34nun) om die negende paaltjie het hul span van 'n ineenstorting gered.
Ryan Mouton (3/47), André Abrahams (2/38), Nathan Thomas (2/42) en Lester Hendricks (1/21) het goed geboul.
Bergrivier het bestendig gekolf met Morné de Vries (55nun 4x2, 6x5), Adiel Cassiem (29 4x4), Waylon Libbie (24) en Morné Albanie (25) aan die spits. De Vries het sy onoorwonne beurt in 25 minute aangeteken. Isaacs (2/40) en Winston Jeffries (2/49) was Oostelikes se beste boulers.
Bergrivier II het op Worcester hul eerste nederlaag van die seisoen gely toe Worcester United hulle met drie paaltjies geklop het.
Die besoekers het eerste gekolf en kon slegs 189/10 in 28 beurte aanteken. Darren Isaacs (82 4x12, 6x1), Kurt Carolissen (32 4x6) en Maya Hendricks (22 4x3) was al kolwers wat dubbelsyfertellings kon aanteken.
Frederick Alexander (5/38) en Ambalhe Sobahasie (2/21) het die paaltjies gekry.
Die tuisspan se Gareth Smile (49 4x9) en Richard Sampson (27 4x3) het lopies gekry, terwyl Bergrivier se Isaacs (2/37) en Ashwill de Vries (3/55) goed geboul het.
Bergrivier I speel Saterdag weg teen Touwsrivier, terwyl die tweede span tuis teen Young Peoples te staan kom. |
 |
|
 |
Oud-Proteas help nuwe veld inwy |
|
|
 |
'n NUUT aangelegte krieketveld by Hoër Jongenskool Paarl sal môre op 'n hoë noot ingewy word met 'n wedstryd tussen HJS se o.19A krieketspan en 'n Uitnodigings XI.
Die uitnodigingspan is saamgestel uit spelers wat al vir Suid-Afrika en Zimbabwe op die krieketveld verteenwoordig het.
Die wedstryd begin om 13:30 en sal oor 35 boulbeurte beslis word.
Uitnodigings XI: Brian McMillan, Dave Rundle, Craig Matthews, Dave Callaghan, Louis Koen, Salieg Nackerdien, Aubrey Martin, Brian Murphy, Eltin Buziek, Vince Pennazza en Pepler Sandri.
HJS XI: Lee-Roy Walters, John Uys, Dawid Malan, Nico Human, Marco Kershoff, Damian Fuller, Tenesen Botha, Jody Carollissen, Zak van Zyl, Lucian Anderson, en Calvern Tong. |
 |
Nicholson trap medaljes los |
|
|
 |
DIE Paarlse fietsryer Magdalene Nicholson (foto) het die afgelope naweek by die SA padkampioenskappe in Durbanville weer uitgeblink.
Nicholson was derde in die tydtoets vir o.16 meisies en eerste in die padwedren.
Sy het ook verlede jaar vier goue medaljes en 'n silwer gekry by die SA baankampioenskappe vir haar eerste plekke in 500m tydtoets, 2000m enkelagtereenvolgend, puntewedren en 1500m asook 'n tweede plek in die 1000m naelrit.
Nicholson het in aanloop tot vanjaar se nasionale padkampioenskappe sedert Augustus verlede jaar 7065km afgelê tydens oefeninge.
Sy poog om oor twee weke die nasionale rekordtye vir die junior vroue 500m tydtoets en 2000m enkelagtervolging in Johannesburg te verbeter.
Daarby mik Magdalene ook om in die Statebond Jeugspelespan opgeneem te word wat in Desember in Australië gaan deelneem. |
 |
Wellington sukkel teen Maties |
|
|
 |
|
 |
DIE eerste krieketspan van Wellington kon Saterdag nie vir Maties vasvat nie.
Maties kolf eerste en danksy goeie boulwerk deur Godfrey Stevens (4/63) en Christo Ritter (2/20) word hulle beperk tot 197/8.
Wellington se kolwers sukkel egter weer eens dié seisoen en hulle word uitgeboender vir 113 lopies. Steyn Basson (38nun, 6x4) is die enigste kolwer wat noemenswaardige teenstand bied.
Wellington speel Saterdag op die Pen Basson-velde teen Vredenburg/Saldanha.
Die tweede span het groter sukses teen Brackenfell gehad.
Wellington wen die loot en stuur Brackenfell in om te kolf. Miaan Rossouw (5/25 in 9bb) en Sevan Soobramoney (2/9 in 5bb) maak korte mette met die Brackenfell-kolwers en hulle is almal terug in die pawiljoen vir slegs 125 lopies.
Wellington jaag die lopies met gemak met Andrew Fulton (88, 4x11, 6x3) wat die wedstryd op sy eie wil wen. Wellington teken 126/4 aan en wen gemaklik met ses paaltjies.
Saterdag speel Wellington II in 'n wegwedstryd teen Van der Stel en hulle sal graag wil wraak neem vir hul nederlaag vroeër die seisoen. |
 |
|
 |
Sundowns still tops |
|
|
 |
THE soccer team of Mbekweni Sundowns are still in the driving seat after their 4-1 victory over Goulburn in Paarl on Saturday.
Superb first half strikes from mid-fielder Siphelo Skafu (2) and striker Thabang Makot gave Sundowns a shot of confidence early on.
Shortly after halftime Man of the Match, Benjamin Makabane (midfielder), received a short corner on the lefthand side of the field, sidestepped his way past a defender and curled an exquisite kick past Goulburn's goalkeeper to mark the home team's fourth goal.
Despite a few misses at goal, Sundowns' victory against a well disciplined Goulburn side was sweet.
On Saturday Ajax will be looking to settle a score with Sundowns after their 2-2 draw in the first round in Parow.
A win for Sundowns will take them to 61 points and Ajax will try everything possible to deny the hosts the opportunity to take a step closer to the Castle League title.
The match takes place in Mbekweni on Saturday at 15:30. |
 |
Peoples rugby lyk goed |
|
|
 |
|
 |
YOUNG PEOPLES het Saterdag die rugbyseisoen op 'n hoë noot begin toe hulle Brandvlei Perseverance met 76-5 oorrompel het.
Die Tiere het altesaam 14 drieë ingeryg.
Dit was veral voorlangs waar die Tiere beïndruk het, met die voorspelers wat vyf drieë gedruk het.
Die span se nuwe aanwinste Eugene Makwelana en Jeremy September (albei stutte), Irvan Martin (slot), Davy de Kock (losskakel) en Ben Martin (senter), het gewys dat hulle vanjaar die Peoples-trui met trots gaan dra. Ou staatmakers soos Giezler Sitzer (senter), Brian Williams (stut) en Jacques Lategan (vleuel) het ook goed vertoon.
Peoples het gewys dat hulle vanjaar 'n bulspan in die veld gaan stoot en wanneer spelers soos Justin Fortuin (senter), Bradley Fortuin (flank), Bernard Davids (agtsteman) en Sam Titus (losskakel) hul beserings afgeskud het, sal die Maroentruie beslis 'n gedugte span wees om mee rekening te hou.
Peoples se drieë is gedruk deur September (2), Williams (2), De Kock, Sitzer, Ben Martin, Randall Kenned, Lorenzo Jacobs (2), Charles Booysen, Gillian Martin, Kallie Jacobs en Barry Williams. Delwane Cornelissen het ses doelskoppe behaal.
Peoples word Saterdag werklik getoets wanneer hulle die WP Superliga A-span van Noordelikes die stryd aansê. Wedstryde begin om 13:30 op die Boy Louw-velde. |
 |
|
 |
Volleyball project launched against crime |
|
|
 |
|
 |
IN an effort to combat crime and gangsterism, a sports project involving volleyball will be launched on Saturday at the Dal Josaphat Stadium at 10:00.
The Laureus 'Sport for Good' Foundation Trust South Africa, Business Against Crime, as well as the Paarl Sport Forum, Paarl Governing Body Association and Teacher Management and Development Centre in Paarl are involved in the new Sozo Project.
Project leader, Jacques Malan says: "The purpose of Project Sozo is to help children to help themselves. By using sport as a tool for social change, the project will attempt to instill positive values and behaviour patterns within young sports individuals.
"Crime, alcohol and drug abuse are growing and threatening problems among youth. Project Sozo aims at making role models of learners that play sport."
The Sozo Project will use volleyball in Paarl and Franschhoek to keep kids off the street.
Teams of 38 schools from Paarl, Franschhoek, Kuils River and Pniel will play in two separate tournaments for high schools and primary schools.
Entry to the stadium is R2. |
 |
|
 |
Albions klop Vineyards |
|
|
 |
|
 |
IN die langverwagte stryd Saterdag tussen die rugbyspanne van Albions en Vineyards, was dit Albions wat met 31-20 (19-10) aan die stuur van sake was.
Hoewel die twee pakke voorspelers van die eerste spanne mekaar hard aangevat het, was dit Albions se agterlyn wat die deurbraak verseker het.
Veral Albions se senters, Ju-Wayne Cyster en Gaimian Poggenpoel, het uitgeblink. Hoewel Vineyards se agterlyn ook by tye gevaarlik gelyk het, het Albions se verdediging geen deurkomkans gebied nie.
Albions se losskakel, John Stevens, het baie goed gelyk en is as man van die wedstryd aangewys.
Albions se drieë is deur Christopher September, Gillian Arendse, Ju-Wayne Cyster, Elrico Petersen en Janovan Cornelissen gedruk, met Stevens (3) en Fuad February wat met doelskoppe slaag.
John Koopman en Abubakar Hendricks het vir Vineyards drieë gedruk, met Koopman wat met 'n strafskop en doelskop geslaag het.
Albions II en III het onderskeidelik 17-10 en 30-7 gewen.
Albions speel môreaand in nog 'n vriendskaplike wedstryd teen Paarl op die Faurestraat-veld. Wedstryde begin om 18:30 met die hoofwedstryd om 20:30. |
|
|
 |
|
|
|