|
PAARL PRINT
Paarl Print is 'n dinamiese drukkersonderneming wat spesialiseer in die druk en afwerking van hoë gehalte boekwerk, algemene kommersiële platveldrukwerk, etikette en rolperswerk.
Ons soek tans na 'n toepaslik gekwalifiseerde persoon met soortgelyke opleiding en ervaring om die uitdagende rol van Koste- en Bestuursrekenmeester te aanvaar.
KOSTE- EN BESTUURSREKENMEESTER
Die Koste en Bestuursrekenmeester rapporteer aan die Finansiële Bestuurder en is verantwoordelik vir die implementering van nuwe stelsels op 'n projekbasis, die instandhouding van bestaande stelsels, kosteberekening van drukwerk in verhouding tot die prysberekeningstelsel, kontrole van koste, sowel as sekere finansiële verantwoordelikheid, bv. die bestuur van werk in proses en werkvloei deur die aanleg. Die suksesvolle kandidaat sal ook verantwoordelik wees vir die implementering van 'n elektroniese aankope- stelsel, kontrolering van die voorradefunksie, waardering van voorraad en finansiële besluite aangaande die aankopefunksie.
Ons is op soek na 'n ervare en gekwalifiseerde, finansiële of koste- en bestuursrekenmeester met uitsonderlike besigheidsvaardighede en bewese ervaring van IT en stelselimplementering.
Die pos vereis 'n energieke, self-gemotiveerde individu wat entrepreneuries ingestel is en oor laterale denke en probleemoplossingsvermoë beskik. Ondervinding in die drukkersindustrie sal as aanbeveling dien.
In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste, bied die maatskappy 'n mededingende en buigsame vergoedingspakket. Voorkeur sal, in terme van die groep se diensbillikheidsbeleid, aan individue vanuit voorheen benadeelde groeperings verleen word.
Indien u belang stel in hierdie uitdagende pos kan u 'n volledige CV rig aan Nico Grobbelaar, Bestuurder: Menslike Hulpbronne by recruitment@paarlgravure.co.za Sluitingsdatum: 17 Maart 2004 |