safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 11 April 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 18 April 2002

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

 Letters - Briewe


Paarliete laat hulle deur skellery intimideer

[ Top ]


EK was bly toe ek die berig op die voorblad van verlede week se Paarl Post sien oor die plaaseienaar wat verdwyn het. Dit is 'n rillerverhaal en moet vertel word.

Ons wat betrokke was, wonder of die dame wat verantwoordelik is vir die gemors, nie in haar mou lag nie. Sy het immers 'n rustige Bolandse dorp kom rondskud tot in sy fondamente.

Onskuldige mense, besighede, prokureurs, polisiebeamptes en diere het onder haar deurgeloop. Haar tong het niemand gespaar nie.

Prokureurs is rondgejaag, die polisie is tydig en ontydig na die plaas ontbied vir onbenullighede wat sy met groot fanfare opgeblaas het en interdikte is verkry teen onskuldige mense (wonder wat het daarvan geword?). Die prokureurs is nou stil - seker nog stert tussen die bene.

Die vakbonde is vinnig om op te tree as 'n plaaseienaar net skeef kyk, maar ons het weke lank gesukkel om die aangewese vakbondleiers wakker geskud te kry. En toe sit die werkers al weke sonder inkomste en voedsel.

Daar was ook die dieremishandeling. Die waghond van die plaasbestuurder wat agtergelaat is toe hy weggejaag is, kon nie deur die Dierebeskermingsvereniging of die polisie gehelp word nie.

Hy is drie weke sonder sorg gelaat en eers weggeneem toe die voormalige bestuurder sy huisraad met 'n hofbevel kon gaan haal (sien berig bl 3).

Die dame het mense beswadder, die werkers se geld teruggehou en dan gesê die bestuurder het dit gesteel. Toe hulle agterkom hulle word bedrieg, was dit vir hulle reeds te laat.

Ek wonder wie die prokureurskoste moet betaal. Die belastingbetaler dok op vir die polisie se rondjaery na niks.

Wie help die werkers? Na dese het hulle sielkundige berading nodig. Die plaasbestuuder oor wie sy so kwaad gestook het, het 'n erge knou weg.

In minder as drie maande het een vrou 'n warboel geskep. Sy het 'n orkaan veroorsaak in 'n dorp met 'n klomp slapgatte - almal bang vir één vrou. Want sy het almal verskreeu, gedreig, gevloek en interdikte gestuur.

Hoekom het niemand regstreeks navraag gedoen na haar doen en late in ander lande waar sy gewoon en gewerk het nie? Haar webadres is www.butlermeyer.com.

Anoniem van Parys


Moenie kla oor parkeerplekke by BoE Bank

[ Top ]


GRAAG wil ek vir Mnr sonder Naam aanvat oor 'n paar aangeleenthede en my ondersteuning by mnr Philip Wessels van BoE Bank gooi.

Ek dink dit is 'n fantastiese verbetering vir die dorp as 'n geheel en dit sal vir ieder en elk tot voordeel wees.

In geheel gesien probeer die stadsbeplanners om die sakekern op te hef en te verbeter, veral in daardie deel van die dorp waar besighede hard moet werk om 'n bestaan te maak.

Vra my, ek was drie jaar lank deel van 'n besigheid juis in daardie gebied.

Indien al die winkels se sypaadjies opgeknap word, en bome aangeplant word, sal dit 'n wandellaanatmosfeer skep wat voetgangers sal lok en so besigheid sal bevorder.

Wat die verlies aan ses parkeerplekke betref, het die persoon seker nog nie verneem van die parkering wat oorkant die straat ontwikkel gaan word nie (bo op die ou OK gebou) of is hy dalk net bietjie lui om van die ander parkeerareas gebruik te maak?

Veral die parkering tussen Van der Lingenstraat en Nuwestraat het ek nog nooit propvol gesien nie. Dus voel ek dat die meerderheid mense sal voel dat dit 'n bate vir Paarl en al sy mense is.

Ek kan nie wag dat die hele projek klaarkom nie.

Vir ontwikkeling en verbetering


Nou kan ons weer trots wees op middedorp

[ Top ]


GROOT was my vreugde toe ek sien dat die bekende "OK/Boland Bank" landmerke in die Paarl opgegradeer word.

Hoera vir BoE Bank wat daarin geslaag het om dié gebou esteties aanvaarbaar te maak en ook verder gegaan het en weer "lewe" aan die dorp gegee het.

Groot was my verbasing om 'n brief in die Paarl Post te vind wat kla oor parkeerplekke wat ingeboet is vir hierdie reuse-verbetering.

Weet die naamlose skrywer nie dat parkering in die opgegradeerde gebou oorkant BoE beskikbaar gaan wees nie?

Dankie aan die herontwikkelaars van hierdie perseel wat by BoE Bank aansluit en ons weer trots maak om aan vreemdelinge die pad te beduie na die middelpunt van ons dorp.

Elra van Zyl


Is parkering verwyder vir eie voordeel?

[ Top ]


NA aanleiding van die brief in die Paarl Post "Hoekom is die parkeerplekke verwyder?" (4 April), wil ek net sê dat mnr Philip Wessels van BoE Bank darem kleinserig is.

Die briefskrywer het die vinger na die stadsraad gewys, want hulle moet mos besluit ten opsigte van wat word verwyder en wat nie en sekerlik nie BoE Bank nie, of het hulle nie toestemming gehad nie?

Om dus nou soos 'n stout seun-tjie stywe beentjies te skop en te sê ek speel nie meer saam met julle nie, pas nie by 'n persoon van sy statuur nie.

Al sê hy ook wat, daardie parkering is weggeneem sodat die BoE gebou se aangesig gesien kan word en motors sou die aangesig versper het.

Daar is ook nou drie bome voor die ou OK-gebou afgesaag.

Wie het daar toestemming gegee? Duisende mense het al onder die drie bome gerus op warm dae en hulle het die lang Lady Greystraat aangepak vanaf die taxi staanplekke.

Is die drie bome ook verwyder om Paarl te bevorder met plaveisel of vir die voordeel van enkelinge?

Vra maar net


Bank boss shoots himself in the foot

[ Top ]


WHILE reading the letters page of the Paarl Post dated 4 April I came across the letter concerning the removal of the parking bays in front of BoE Bank.

Though this action, as a concerned resident of our town, also upsets me, it was the reply by the Managing Director that caught my attention.

For a man of his high stature and discretion I am amazed at the threat made at the end of his reply.

Sir, it really looks like you are trying to shoot yourself in the foot.

I think you should have given the letter to your public relations department and kept yourself busy with running your bank.

Bemused reader


Did newspaper report objectively?

[ Top ]


I ALWAYS thought that the Paarl Post reported objectively on an issue or event.

However, the article regarding my partner Lynne Roux's recent commission claim in the Paarl civil court was not only factually incorrect, it also projected the wrong image of the property industry,

The inference in the article that Lynne's claim was the cause of Mr de Villiers's death is also totally inaccurate, as in fact he was already seriously ill, which was one of the reasons for selling their house.

In addition Lynne had made several attempts prior to making her claim, to deal with this matter directly with Duvenage & De Villiers estate agents and not to involve his widow.

The claim was eventually instituted against the estate of the late Mr de Villiers, as unfortunately the legal process of such a claim is between the estate agent and the seller, and in this case did not include the purchaser, who is an integral part of any property transaction.

The impact of the court's decision for all future property transactions is extremely significant.

It now means that even if an agent shows a client a property, the purchaser can simply go to another estate agent and conclude the transaction, merely by adjusting the offer price by a marginal amount.

This decision will further impact on the property industry and erode the ethical standards among property consultants.

Trevor Harris (Remax)

The editor replies: The report on the civil court case unsuccessfully instituted by Lynne Roux was written directly from the court records and was factually correct and objective.

As far as Mr de Villiers's health is concerned - the report did in fact state that the couple had retired to Rooi Els because of his heart problems.

The information on Lynne Roux's attempts to settle the matter out of court was not part of the court record, and thus was not considered relevant to the report.

Let's hope that the report in Paarl Post will improve awareness of the pitfalls of property transactions and will indeed play a role to prevent unscrupulous activities in the property industry.

(A number of defamatory statements in Mr Harris's letter could not be published.)


Why are trees mauled in Paarl?

[ Top ]


DOES anyone remember the architecturally significant Van Zyl's Building on the corner of Fabriek Street and Jan Phillips Square in Paarl?

Of course not, the Municipality allowed it to be converted into a fashionable bank facade against the advice of the Aesthetics Committee.

Does anyone remember the row of "garages" (Saambou Building) across the road from Costa's Café in Main Street? Of course not, the Municipality allowed this facade to be built because it represented an important corporate image.

Will anybody remember the beautiful trees that used to grace the upper end of Lady Grey Street under which many people sought sanctuary from the intense Paarl heat?

Of course not, the new municipality gave permission for the trees next to the former OK Bazaar building to be chopped down in order to appease another self-centred corporate image.

What do all these actions have in common? Pandering to cheap ephemeral ideas has left this town the poorer.

A city is made of a pastry of architecture, cobbled sidewalks, bollards, lampposts, leafy arcades, trees and benches, village squares and well-designed facades.

These are familiar attributes of first class cities the world over. This is what attracts investors and makes a place enjoyable to work in.

Not so in Paarl. Here the Council allows the trees to be cut down and replaced with silly little vats that cost the earth to maintain and provide shade for the ants.

People need to think of the consequences before they make decisions.

Concerned Paarlite


Redaksioneel:

Onwettige deure

[ Top ]


BETALING vir munisipale dienste is vir sommige mense 'n gegewe en vir ander so raar soos hoendertande.

Die meeste mense erken darem dat die Munisipaliteit geld nodig het om dienste soos vullisverwydering, riolering, water en krag te lewer.

Die probleem is dat almal nie 'n streep trek as dit kom by wáár die dienste gelewer word nie.

Gedink as jy betaal vir vullisverwydering beteken dit die rommel is netjies in swart sakke of 'n vullisblik voor jou deur?

Dink maar weer, want heelparty Drakensteiners dink blykbaar dit is hul reg om rommel op enige oop ruimte te stort - want hulle betaal darem vir die mense wat dit kom verwyder.

Besef die oortreders dat hulle nie net verwydering vertraag nie maar ook die dienste duurder maak?

Dan is daar natuurlik ook onwettige plakkers, wat geen munisipale dienste ontvang nie. Op die oomblik is die beleid dat dienste nie aan dié mense gelewer kan word nie, want hulle is nie belastingbetalers nie en dit sal beteken die res van die gemeenskap moet betaal.

Die probleem is net dat geen dienste nie beteken meer rommel en rioolstorting.

Hierdie rommel en riool, wat in die eerste plek nie verwyder kon word nie, beland nou in ons riviere, stormwaterslote en openbare ruimtes, waar dit uiteindelik ons almal se kopseer is.

Uiteindelik betaal ons ook in elk geval vir die opruiming - hetsy deur direkte koste of deur gesondheidsgevare en omgewingsbesoedeling.

Dit is beslis tyd dat ons voor ons eie deure begin vee, maar ook sommer kyk na al die ander onwettige deure ook.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za