safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 11 April 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 18 April 2002

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Kettingbotsing

Malané Bosman

[ Top ]


wcronje'n MOTOR met 'n bewustelose man agter die stuur het Maandag byna tot 'n tragedie in die Paarlse middedorp gelei.

Lorén Cronjé (28), die seun van die Paarlse hooflanddros Lou Cronjé, was in Dorpstraat onderweg toe hy om 09:30 beheer oor die motor verloor het.

Hy het vermoedelik sy bewussyn verloor

met sy voet op die petrolpe-daal. Die motor het teen 'n lamppaal gebots voordat Cronjé agter in die motor van 'n mede-Paarliet vasgery het.

BOTSING. 'n Kettingbotsing het Maandag 'n motor tot binne in 'n besigheidsperseel in Dorpstraat, Paarl, gestamp.

Manie Arendse het toe pas sy motor voor 'n onderneming geparkeer en was nog agter die stuur toe sy voertuig vorentoe gestamp en op die voorstoep vasgedruk is.

Dié derde slagoffer van die botsing, Adam Pietbooi, was besig om die stoeptrappe van die besigheidsperseel te vee toe hy onder die motor teen die trappe vasgepen is.

'n Verkeersman, polisiebeamptes en ambulanspersoneel was vinnig op die toneel.

Pietbooi het onder die wrak van Arendse se motor uitgekruip en is vir hoof- en heupbeserings behandel. Arendse is vir skok behandel.

'n Gedisoriënteerde Cronjé het in sy motor bly sit. Hy is deur ambulanspersoneel op 'n draagbaar getel  voordat hy noodbehandeling in die ambulans ontvang het.

Volgens sy ouers is Lorén daarna deur 'n dokter ondersoek. Hulle is die versekering gegee dat Lorén nie 'n epileptiese toeval gehad het nie. Hy ly sedert die botsing aan geheueverlies.

* A pedestrian and two motorists were injured when a motorist lost consciousness.


Chaos na plaaseienaar verdwyn

Malané Bosman

[ Top ]


DIE toekoms van die historiese plaas Parys in Suider-Paarl bly onseker, met die uitstel van die aansoek om likwidasie omdat die eienaar te siek was om opponerende hofstukke te lewer.

Die eienaar, die vrou wat haarself "dokter" Valerie Butler noem, het die plaas in November gekoop, binne drie maande die spog-eiendom in chaos gedompel, en toe hierdie week "weens stres 'n ligte hartaanval gehad."

Sy sterk glo in Kwazulu-Natal aan.

Rillerverhale oor die stewiggeboude vrou van sowat 48 jaar, met kort blonde hare en 'n vlymskerp tong, dop ná die bekendmaking van die katastrofe, oral in die Paarl uit (sien onder).

Intussen staan die wingerdplaas sedert 15 Maart toe Butler sak en pak weg is, agter slot en grendel. Die plaasgereedskap is alles verkoop.

'n Aansoek om likwidasie van die beslote korporasie waarvan Butler en haar voormalige vriend, Eno Stoltenberg, na bewering die enigste lede is, is Maandag in die Kaapse Hooggeregshof namens die voormalige plaaseienaar, Jan Pretorius, gebring.

Volgens sy regsverteenwoordiger, Anville van Wyk, het Stoltenberg reeds vroeër die likwidasieproses begin, maar dit is gekniehalter deur wedersydse aantygings van bedrog en geldverduistering.

Die aansoek tot likwidasie is tot vandag uitgestel. Sou die aansoek slaag, sal 'n voorlopige likwidateur aangestel word totdat daar sowat 14 dae later op 'n finale datum besluit word.

Die plaas kan teen einde Mei opgeveil word.

Pretorius het in November verlede jaar R3 miljoen in kontant ontvang van die BK en die eiendom is oorgedra, met 'n verband vir R3,5m steeds ten gunste van Pretorius.

Die tien werkers, hul vroue, kinders en kleinkinders - meer as 60 siele - is deur Butler 'n salige toekoms belowe en het begeesterd ingespring om die plaas te help omskep in 'n beoogde gesondheidsoord.

Nou is hulle sonder inkomste. Ook hul krag is Maandag deur munisipale amptenare afgesny omdat Butler R5 079 skuld het op die plaas se elektrisiteitsrekening.

Onder die slagoffers tel die boutekenaar wat nog wag op betaling vir die planne wat hy vir die oprigting van geboue geteken het. Ook die bouer is al sy gereedskap en materiaal, wat reeds op die perseel was, kwyt.

'n Internet-webtuiste vir Butler-Meyer vertel dat sy spesialiseer in "die nuutste gesondheidstegnologie wat wêreldwyd gebruik word deur interniste en terapeute vir alternatiewe heling".

Sy spesialiseer glo met die Butler-Meyer Instituut en klinieke in alternatiewe gesondheidsmetodes en die stigting van gesondheidsoorde.

Volgens die webwerf is sy al meer as 25 jaar betrokke by gesondheidsopvoedingsinrigtings, ook in Amerika, Europa en die Ooste.

Volgens die SA Gesondheidsregistrasieraad is sy nie 'n geneesheer nie en mag sy haarself nie "dokter" noem nie.

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) ondersoek 'n saak van onregmatige afdanking wat aanhangig gemaak is deur die bestuurder, Edward Taylor, en die plaaswerkers.

Indien Butler nie tot arbitrasie instem nie, sal sy dalk nog hierdie maand voor die Arbeidshof gedaag word.

* An application for the liquidation of the close corporation which owned the farm Parys, where the workers have been left marooned after the departure of the owner, will be heard in the Supreme Court today.


Waghond uitgesit na verwaarlosing op plaas

Malané Bosman

[ Top ]


'n WAGHOND is deur 'n veearts uitgesit nadat hy erg verhonger het op die plaas Parys in Suider-Paarl, waar die bestuurder weggejaag en die werkers in sak en as gelaat is.

Toe die jong plaasbestuurder in Desember die plaas belet is, moes hy sy huisraad en waghond, 'n geskenk van die vorige bestuurder, agterlaat.

Die man het 'n groot sak hondekos na 'n arbeider se vrou gesmokkel sodat die Boerboel versorg kon word. Sy het die hond drie weke lank skelm gevoer, omdat ook sy weggejaag is.

Die dag toe die bestuurder sy eiendom deur middel van 'n lasbrief kon verwyder het (nadat daar by die huis ingebreek is), het hy die hond kon saamneem.

"Bruno was erg verhonger en swak toe hy by ons kom," het Marianne Myburgh van Wellington,  gesê.

"Sy voete was verskriklik geswel en sy hare het uitgeval. Hy het in die swembad ingeval en het net gesink. My seun moes inspring en hom red."

Drie dae later is die hond deur 'n veearts uitgesit.

Haar man Alwyn, 'n voormalige bestuurder op Parys, het ook derduisende rande verloor in die proses. Sy meganiese gereedskap wat nog op die plaas was, en persoonlike besittings wat aan die nuwe bestuurder beskikbaar gestel is, is verplunder en gesteel.

"Die dame het my beswadder, van diefstal beskuldig en van die plaas weggejaag toe ons die goed gaan haal het.

"Geen mens het nog ooit sulke skeltaal teenoor my gebruik soos dié sogenaamde geleerde dame nie."

Myburgh het vertel dat Butler, wat haarself 'n "gesondheidsdokter" noem, mediese sorg aan 'n siek kind geweier het.

"Sy het die kind self 'gedokter' en 'n inspuiting gegee vir wat sy as 'n lewerkwaal bestempel het. Die moeder het geld geleen en die kind na 'n dokter op die dorp geneem waar 'n keelinfeksie gediagnoseer en medisyne voorgeskryf is." (Sien briewe)

* A dog had to be put down from malnutrition because the owner of the farm would not allow the dog's owner to set foot on her property.


Horror night recalled

[ Top ]


THE horror of the night in January last week, when a farmer and his wife were murdered in their homestead at Muldersvlei, was recalled in the Cape Town Supreme Court this week.

The trial of the two men accused of murdering Percy and Loretta van Zyl on their farm Hoopenberg, will run for the next two weeks.

Danisile Machata (26) of Khayelitsha admitted in a statement to his part in the double murder and the theft of three firearms. He also implicated his cousin, Siyabulelo Ngqamakhwe (21), who had lived and worked on the farm.

Ngqamakhwe is pleading not guilty.

In the statement Machata describes how Mr Van Zyl had been strangled and stabbed to death and how the throat of his wife, Dr van Zyl, was cut after she had been forced to open the safe contaianing the firearms.

Dr Nico Buys, Paarl's district surgeon, testified regarding the cause of death by multiple stab wounds, 12 in Mr van Zyl's body and 22 in that of his wife.

Testimony was also admitted on how Ngqamakhwe had bought washing powder on the day the bodies had been found, and how he had washed his clothes and that of his fellow-accused.

The court heard how the accused had boasted about the weapons that they had managed to obtain.

Adv Jan Theron is prosecuting, with Judge Denzil Potgieter on the bench.


Klapmuts loop deur

[ Top ]


KLAPMUTS het die naweek onder huisbrekers deurgeloop wat meer as R50 000 se goedere - onder andere drie vuurwapens - in sewe inbrake gebuit het.

Op die Lynwood hoenderplaas is 'n .38 rewolwer, .22 pistool en elektroniese en ander toerusting ter waarde van R20 000 weggedra.

'n Venster is die nag van 6 April met 'n klip stukkend gegooi terwyl die eienaars nie tuis was nie. Hulle het die volgende dag teruggekeer, en die huis in chaos aangetref.

By Starke-plase op Muldersvlei is 'n venster ook die nag van 6 April oopgedwing. Onder die R3 000 se gesteelde items was 'n .22 pistool en videomasjien. Die eienaars het die inbraak die volgende middag ontdek.

Op die plaas Sanice, waar die bewoners voorverlede jaar deur gewapende rowers aangeval is, is goedere ter waarde van R20 000 die naweek gesteel terwyl die eienaars nie tuis was nie.

Alhoewel die woning beveilig is, het die inbrekers drie vensters uitgehaal en weggekom met onder andere 'n videomasjien, hoëtroustelsel en digitale kamera.

* Thieves have hit farms in the Klapmuts area in a series of burglaries.


Vullis hoop op in Carterville

[ Top ]


DIE inwoners van Swartbergstraat in Carterville is siek en sat vir die stank van rommelhope en verstopte dreine waarmee hulle daagliks moet saamleef.

Linda Pietersen is een van die inwoners wat nou genoeg gehad het van vullis wat oral op straathoeke rondlê en plakkers wat nie voldoende toiletgeriewe het nie en in die openbaar urineer.

"Vir die afgelope sewe jaar rig ons al versoeke aan die Munisipaliteit om iets te doen aan dié haglike omstandighede waarin ons moet leef.

"Oral lê daar rommel rond en die hele wêreld rondom ons ruik verskriklik. Die mense gooi sommer hul oorskietkos op enige plek of in die dreine.

"Ons betaal duisende rande vir belasting, maar waarom word daar nie gehoor gegee aan ons pleidooie nie? Ons is mos mense, nie diere nie.

"Ons het in 1994 al 'n versoek aan die Raad gerig om die plakkery te stop, maar hulle het nie 'n vinger gelig nie. Dié plakkers kom gooi hulle vullis in ons erwe."

Nog 'n inwoner, Siena Pietersen, het gesê sy het gedink hul toekoms sou beter daar uitsien met die samesmelting van die verskillende munisipaliteite.

"Dit lyk asof dinge liewer nou slegter gaan met die nuwe Drakenstein Munisipaliteit. Wanneer ons by die Wellington Munisipaliteit navraag doen, word ons na Paarl verwys en andersom.

Nog 'n inwoner meen dit is tyd dat die Munisipaliteit vullisverwyderingsdienste lewer aan die plakkers.

"Ons kan die mense nie wegwens nie - nou word die afwesigheid van toilette en vullisverwydering by duisende mense 'n groot gesondheidsgevaar wat ons, die bure, bedreig.

"Wanneer gaan die raadslede van Drakenstein wakker skrik en besef dinge kan nie so aangaan nie?" het hy gevra.

Volgens die munisipale bestuurder, Jacques Carstens, is daar onlangs verskeie bykomende vullisbakke aangekoop wat hopelik die probleem van vullisstorting sal verlig.

"Daar is heelwat onwettige plakkers in daardie area wat nie 'n formele vullisdiens kry nie. Skoonmaakaksies word van tyd tot tyd geloods, maar is duur en bly onvoldoende.

"Daar is een bak ("skip") van 5,5 vierkante meter in die area naby die treinspoor, wat weekliks gediens word."

* Residents of Carterville, Wellington, are protesting at the rubbish piling up in their area.


Pa voor oor seuntjie

Malané Bosman

[ Top ]


waustinDIE pa van die seuntjie wat verlede jaar 'n vlammedood gesterf het toe daar brandstof oor hom en sy moeder in Suider-Paarl uitgegooi is, word eersdaags in die Hooggeregshof verhoor op aanklag van moord.

Francois de Koker (22) is sedert die voorval in Oktober in aanhouding. Sy aansoek om borg het nie geslaag nie.

Die tweejarige seuntjie, Austin April, het

buite die gesin se arbeiderswoning op De Oude Renbaan gesterf.

Sy ma, Zelda (21), ly steeds aan die brandwonde wat sy in die aanval

MIN TYD. Austin April (2) help sy pa, Francois de Koker, skottelgoed was, 'n week voordat hy doodgebrand en die pa in hegtenis geneem is.

opgedoen het. Sy het twee maande in die Paarl Hospitaal deurgebring.

Austin se oumagrootjie, Lea Prins, is meer as twee maande lank in die hospitaal vir ernstige brandwonde behandel. Ook sy kry steeds opvolgbehandeling.

Hulle kon nie een die roudiens vir die seuntjie bywoon nie.

Die vroue en seuntjie is die nag in 'n toe agterplaas in vlamme gehul terwyl Zelda se moeder, Rachel, tevergeefs die brand met 'n tuinslang probeer blus het.

De Koker, wat ook in 'n arbeiderhuis op De Oude Renbaan gewoon het, is in hegtenis geneem.

Hy verskyn op 'n klag van moord, twee van poging tot moord, en brandstigting.

Hy sal op 21 Mei, met 'n verdere verskyning in die Paarlse streekhof, oor die hooggeregshofdatum ingelig word.

"Dit is net vier dae voor ons seuntjie sy derde verjaardag sou vier," het Zelda hierdie week hartseer gesê.

"Ek is net dankbaar die man het nooit borg gekry nie."


Hierdie wag ken sy storie

Malané Bosman

[ Top ]


JY moet jou storie agtermekaar hê as jy die huisdeur vir Henry Francis oopmaak.

Dié sekuriteitsman het Saterdagaand ondersoek ingestel toe 'n alarm in 'n woning in Suider-Paarl geaktiveer is.

"Die seun maak toe die deur vir my oop en sê hy is Desmond Slabber van Darling. Hy het verlof om daar te bly.

"En ja, hy ken die kode, maar die huismense het gesê hy mag nie die alarm daarmee afsit nie."

Die seun het skielik die deur toegeklap en die huis ingehardloop.

"En daar kry ek hom wegkruip, met 'n kamera om die nek en juweliersware in sy sakke en in sy sokkies. In een van die slaapkamers was al die laaie uitgedop.

"Hy was oproerig en het sterk na drank geruik. Patricia Raman in die beheerkamer het intussen die polisie gekontak en toe hou ek hom vas totdat hulle 'n paar minute later opdaag."

Die 14-jarige seun is nou in aanhouding. Hy is een van drie jeugdiges van plase in die Suider-Paarl wat gereeld deur die polisie in hegtenis geneem word.

Soos die ander, is hy tot nou toe ná elke inbraak in die sorg van hul ouers vrygelaat.

"Ons is waarlik beïndruk deur die diens," het die dankbare huiseienaar gesê."


Robbers strike twice

[ Top ]


ARMED men robbed a barman and a delivery truck driver in two separate incidents in Wellington at the weekend.

At 17:00 on Saturday three men, armed with pistols, burst into the Railway Bar and demanded money.

They made off with R10 000 and cartons of cigarettes, using their victim's truck to flee along Distillery Road in the direction of Paarl.

The bakkie was found abandoned about 400m down the road, where the robbers had presumably transferred to a getaway car.

At 06:00 on Sunday a bread delivery truck stalled in the New Rest settlement after making a delivery at a mobile shop.

While the two assistants tried to push-start the vehicle, two men threatened the driver.

One of the robbers, his face covered by a balaclava, pointed a firearm and forced the driver to hand over his takings of R436.

Insp Hillary Smit (873-1141) is the investigating officer.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za