safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 11 April 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 18 April 2002

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

People - Mense


Na 50 jaar nog lus vir werk

[ Top ]


wmaria15'n SUSTER by die Distriksgeneesheer se kantoor in die Paarl het onlangs vyftig diensjare as staatsamptenaar gevier, en is steeds lus vir werk.

Maria Swanepoel is 'n jeugdige 68-jarige weduwee wat na haar amptelike aftrede steeds deeltyds as suster daar werk.

"Ek het besef dat dit 'n absolute nagmerrie vir my sou wees om by die huis te moet sit, want ek is beslis nie die ideale huisvrou nie," vertel sy laggend.

Sy het op 3 April 1952 by die Paarl Hospitaal met haar opleiding as student begin, pas nadat sy aan die Hoërskool Laingsburg gematrikuleer het.

Sy het ook kraamopleiding in Boksburg gedoen voordat sy in 1959 by die Paarl Hospitaal as kraamverpleegster begin werk het.

In die 26 jaar wat sy daar gewerk het, het tallose babas in haar teenwoordigheid die lewenslig aanskou - en sy loop steeds die dankbare ma's in die Paarlse strate raak.

In 1975 is sy oorgeplaas na die kantoor van die Distriksgeneesheer, waar sy in 1998 as hoofverpleegkundige afgetree het. Daarna het die kantoor haar genader om deeltyds daar te begin werk, nadat die voltydse poste gevries was. Nou werk sy steeds as assistent om mediese bystand aan die distriksgeneesheer te bied.

"Sy was al die jare maar nog 'n goeie suster gewees. Daarom het ons haar weer herroep na aftrede," sê haar hoof, dr Nico Buys.

Wanneer sy tuis is, word sy verwelkom deur haar lieflingkat Willy en 'n paar hokke vol eksotiese voëls. Sy hou haar ook besig met koekbak vir haar drie kleinkinders.

"In my jare as verpleegster het ek maar die hoogte- en laagtepunte gevat soos wat dit kom. Ek het baie hartseer, maar ook baie vreugde gesien.

"Ek glo daaraan dat 'n mens moet  werk solank jy kan," glimlag sy.

* A Paarlite celebrates 50 years in nursing service.


Bekende oorlede

[ Top ]


'n BEKENDE in reservistekringe, Dawie Green (60) van Sandstraat 40, Wellington, is op 4 April na 'n lang siekbed tuis oorlede aan kanker.

Mnr Green was vir 30 jaar werksaam by die R&R Tabakgroep en was vir 27 jaar verbonde aan die Paarl-Oos polisie as 'n reservis. Hy het die rang van inspekteur beklee.

Hy het hom in 1975 by die polisie aangesluit as een van die eerste reserviste uit die gemeenskap en was hoof van die reserwe-eenheid in Paarl-Oos.

Hy het ook die reserviste verteenwoordig op area sowel as provinsiale vlak asook by die GPF. Tydens sy diensjare het hy verskeie toekennings ontvang vir sy gewydheid en lojaliteit.

Hy laat sy vrou Janet, twee seuns, ses dogters en twaalf kleinkinders agter.

Die begrafnisdiens is Saterdag om 11:30 by die huis en 12:30 in die Bethel Cong Kerk, Paarl.


Young Paarlite a promising star

[ Top ]


wadsLOCAL actor Thami Mbongo (23) has a promising career ahead of him after starring in a TV commercial for KFC.

He also did an advert for Arrive Alive which is screened in cinemas for the Arrive Alive Campaign.

Mbongo is also the director of the 'People's Production Theatre'.

 

FINGER LICKING GOOD. A Paarlite, Thamsanqa Mbongo (left), is becoming a household face as a shoe salesman in a TV advertisement for KFC. He is the director of the 'People's Production Theatre', assisted by Ayanda Qgotso. Pic: Thembinkosi Kohli

His vision is to develop young people through drama and arts, to open up opportunities for those who did not have a chance to study drama and to provide a platform where young people can empower themselves through drama.

He started his acting career with the

group called Sons and Daughters Dramatic Organisation (Saddro) and is now one of the directors.

In 1997, he was involved in forming a school drama group at Desmond Tutu High. He also directed two plays - "Let's fight Aids" and "Kodwa mama".

This year he was chosen to represent Western Cape in an international arts project, Project Phakama in Pietersburg, Seshego.

In 1998, he went to study theatre courses at Community Arts Project (CAP). Sarah Tudge spotted Thami at CAP and co-opted him for her physical theatre productions "1x1=1" and "Alice in Wonderland".

For the last three years he studied acting at UCT acting in "Trojan Women", "On The Brink" and "King Lear".

He was also involved in "Cold Waters/Thirsty Souls" which was performed at Artscape by Jazzart Dance theatre company.

Currently, he is involved in Aids projects - one with Metrorail and one with Boland Drama and Theatre in Worcester.

Says Thami, "The big problem in Paarl is finance." He can be contacted at thami@actingbiz.com or 082-672-8106.


Nuwe bestuurder wil Bolanddistrik ophef

Ken McIntyre

[ Top ]


wchetIN die vyf jaar wat hy die Boland Distriksmunisipaliteit bestuur, wil Kam Chetty mense help om hul lewensomstandighede te verbeter deur armoede te verlig en ekonomiese ontwikkeling te stimuleer.

Chetty, oorspronklik van Natal, is aan die begin van die jaar aangestel as munisipale bestuurder en is tans gesetel in Worcester.

Met die internasionale kontakte wat hy vanaf 1997 tot 2001 by die Wêreldbank opgedoen het, het hy toegang tot 'n netwerk kundiges sowel as fondse. Hy wil ook landbou stimuleer.

Om dié rede word 'n beraad later vanjaar gehou om alle rolspelers in landbou bymekaar te bring. Die doel van die beraad is om behoeftes en die pad vorentoe te bepaal.

Hy moet ook help bepaal waar die distriksmunisipaliteit se hoofkantoor gesetel gaan wees. Hy besef dat dit 'n besluit is wat talle mense se lewens gaan raak. Hy is besig met 'n objektiewe, wetenskaplike studie waarin menslike emosies nie 'n rol speel nie.

"Danksy hulpmiddels soos inligtingstegnologie kan ons vandag maklik kommunikeer. Moontlik het ons nie 'n hoofkantoor nodig," sê hy.

Weens sy internasionale reise kan hy Frans en Spaans praat en beoog om binnekort Afrikaans by die lys te voeg.

Chetty, wat in Pietermaritzburg gebore en getoë is, het sy loopbaan begin as analitiese chemikus in die farmaseutiese bedryf nadat hy aan die Universiteit van Natal studeer het. 

Hy was in die tagtigerjare betrokke by die Verenigde Nasies en het later 'n graad in ontwikkelingsekonomie behaal met die klem op plaaslike bestuur.

In 1992 en 1993 was hy in Kemptonpark betrokke by die onderhandelings en hy was later ook betrokke by die ekonomiese ontwikkeling van Atlantis op die Weskus.

Sy vrou, Lucinda, is 'n adviseur vir Geraldine Fraser-Moleketi, die minister van welsyn. Die egpaar het twee kinders, Emil (7) en Emma-Kate (5).


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za