safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 11 April 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 18 April 2002

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Sport


Kavaliers dring deur na Top Agt

[ Top ]


wvas14'N OORGEHAALDE Boland het Saterdag op Wellington die volgende trap in sy aanslag om die Vodacom Beker suksesvol bestyg.

Hoewel die Kavaliers naelskraap teen die Vrystaatse Cheetahs verloor het, dring hul nietemin na die Top Agt fase van die kompetisie deur met 'n waardevolle agt punte.

Boland afrigter Jerome Paarwater het

die spyker op die kop geslaan met sy voorspelling dat die Cheetah-losskakel, Kennedy Tsimba, 'n gevaar vir sy span sou inhou.

Tsimba het 'n oorwinning voor die neuse van die Kavaliers weggeraap deur in die

VASGEVAT. Piet van Zyl, buitesenter van die Boland Kavaliers, se lopie word kortgeknip deur die lakwerk van drie Cheetahs. Die Vrystaters het by tye selfs uit hul klere gespring om die gate toe te stop. Foto: Leon Steenkamp

doodsnikke 'n skepskop deur die pale te jaag.

Ondanks die 25-24 nederlaag, verdien Boland twee bonuspunte danksy vier drieë deur WP Strauss (2), Dewald Femboes en Jan Ackermann.

"Ek dink dit was ons beste wedstryd tot dusver. Daar is beslis 'n opwaartse kurwe in ons spel en ons hoop om hierop voort te bou," het Johann Lerm, die spanbestuurder Woensdag gesê.

Lerm neem die afrigting oor terwyl Paarwater saam met die Stormers toer. Hy sal die volgende drie Boland-wedstryde misloop,

Boland is tans vierde op die punteleer.

 Die Kavaliers speel Saterdag teen die Noordwes Luiperds op Olenpark, Potchefstroom.


Spelers kan nou voor WP keurders pronk

[ Top ]


PLAASLIKE rugbyspelers wat nog altyd daarvan gedroom het om hul spel na 'n hoër vlak te neem, sal eersdaags 'n gulde geleentheid kry om hulself te bewys.

Die Paarl Rugbykode bied op 1 Mei die Kilotreads/Firestone Rugbydag aan op die Faurestraat Stadion.

Volgens een van die organiseerders, Leon van der Merwe, is die dag gereël om die Paarlse rugbyklubs op 'n informele wyse te laat meng en daarmee groter samehorigheid te bevorder asook om meer geleenthede vir die plaaslike spelers te skep om in die voetspore te volg van die groot rugbyname wat Paarl al opgelewer het.

Twaalf klubs is genooi om aan die dag deel te neem: Albions, Laer Paarl, Mbekweni, Paarl Rangers, Paarl, Riverstones, Vineyards, Violets, Windmeul United, Young Gardens, Young Peoples en Young Standards.

Wat die dag besonders maak, is die teenwoordigheid van WP keurders wat op die uitkyk sal wees vir opkomende talent. Daarmee saam is lede van die Westelike Provinsie se uitvoerende bestuur, asook van die Stormers spelers wat bande met die Paarl het, ook op die uitnodiginglys.

"Die gedagte is dat daar ná die dag se spel 'n span gekies word wat die dorp sal verteenwoordig en later in 'n voorwedstryd op Nuweland of op 'n ander groot geleentheid sal speel," sê Van der Merwe.

Die verrigtinge sluit in trompoppievertonings, prystrekkings asook pryse vir die klubs met die beste spangees en wat die opwindendste rugby speel.

"Daar is nog spanne wat in die toekoms deel kan wees van dié dag en ons wil hê dit moet uitbrei om al die plaaslike rugbyklubs in te sluit.

"Ons beplan om dit 'n jaarlikse instelling te maak as 'n genotvolle familiedag," het Van der Merwe gesê.   

Die loting om te bepaal watter spanne teen mekaar speel, vind Maandag om 19:00 by Kilotreads plaas. Die kapteins en bestuurders van die spanne sal teenwoordig wees. 


Rally action in Paarl

[ Top ]


THE second round of both the National Rally Championships and Western Cape Regional Rally Championships take place this weekend, passing through Paarl.

A field of 52 will be flagged away on Friday from Imperial Motors, Brackenfell at 15:00.

The first of two tar stages will be run in the parking area behind the service station of the Pick 'n Pay Hypermarket, Brackenfell at 15:30.

Competitors will then contest two gravel stages, one being the very tight and twisting Paarl Rock stage. Jan Philips Mountain Road will consequently be closed from 16:00 to 22:00 on Friday evening.

The drivers will conclude the day's racing at Brackenfell with the final stage again taking place on the parking area at the Hypermarket.

Day 2 on Saturday starts early at the Overberg where the competitors will contest 12 gravel stages around the Caledon area.


Paarliete skitter op SA's

[ Top ]


PLAASLIKE fietsryers het die naweek tydens die Suid-Afrikaanse Baanfietskampioenskappe getoon dat hulle nog groot belofte inhou vir fietsry in Suid-Afrika.

Een van die groot uitblinkers onder die jongspan was Rèniell Matthysen van Paarl Fietsryklub wat die WP o.14 span verteenwoordig het.

Matthysen het nie alleen vier goue medaljes losgery nie, maar ook twee WP rekords verbeter.

Dié 13-jarige ryer was eerste in die 500m tydtoets, 1500m, 10km puntewedren en 2000m spanagtervolging en het saam met mede-Paarliet Marius Bester 'n nuwe WP rekord opgestel in laasgenoemde item met 'n tyd van 2:44s.

'n Tyd van 38,07s in die 500m individuele tydtoets het verseker dat Matthysen se naam voortaan in die rekordboeke sal staan.

Dit was dus geen verrassing dat hy as die o.14 SA kampioen aangewys is nie. Hy is twee jaar gelede ook as o.12 SA kampioen gekroon.

Bester het ook 'n silwermedalje gekry in die 10km puntewedren.

In die veterane 45-49 afdeling het Dawie du Toit 'n derde plek behaal in die 3000m enkelagtervolging.

Die Boland span het op sy beurt 15 medaljes ontvang. Dit was veral Magdalene Nicholson wat in die junior vroue-afdeling uitgeblink het.

Nicholson het goud gekry in die 500m tydtoets, silwer in die naelry en twee bronsmedaljes in die enkelagtervolging en puntewedren.

Dié o.16 ryer verwerf dan ook haar nasionale kleure tydens die byeenkoms en is die jongste vroueryer wat dié prestasie behaal.

Die Boland o.16 span by name Bertram Siebrits, Ivano Siebrits, Durwin Benjamin en Enrico Heneke, wen 'n bronsmedalje in die spanagtervolging.

Die 11-jarige Avery Arendse het gewys dat hy ook 'n ryer is wat dopgehou moet word. Arendse het silwermedaljes ingepalm in die 3km, 1500m en tydtoets wedrenne.

In die junior afdeling wen Nolan Hoffman 'n silwer in die 1500m en 'n brons in die uitvalwedren. Lucian Adonis, Warren Andrews en Hoffman wat die Boland Juniorspan uitmaak, wen 'n silwer in die Olimpiese naelry.

Onder die seniors het Garth Thomas 'n silwer behaal in die puntewedren en het in die proses met die top ryer JP van Zyl afgereken.

Thomas het in die madison ook 'n derde plek behaal nadat hy en spanmaat Chris Willemse sterk gery het.

In die afdeling vir veterane 30-34 het Kevin Green goud verower in die 1500m terwyl Ian Goetham twee bronsmedaljes gekry het in die naelry en 1500m.


Doele laat basketbalnette sing

[ Top ]


DIE Whoop Squad Basketbalklub het die naweek sy eerste wedstryde gespeel.

Hoewel die Paarliete slegs twee uit die sewe wedstryde teen die Montana Vikings gewen het, was dit 'n genotvolle dag met die wedstryde wat in 'n goeie gees gespeel is.

Die dogters o.14 verloor 13-5, seuns o.14 verloor 21-12, dogters o.16 wen 31-10, seuns o.16 verloor 41-24, dogters o.18 wen 46-7, seuns o.18 verloor 51-22 en mans seniors verloor 55-33.

Whoop Squad het reeds vroeg in die seisoen met sy talentvolle spelers gespog toe agt van die lede in die Engen Wes-Kaap o.18 basketbalspan opgeneem is.

Jasmaine van Wyk, Elrize Paulse, Jermaine Kermis, Leanne Abrahams, Liezl Dyson, Adelé Johson en Nathaly September is sewe van die 12 spelers wat in die dogterspan opgeneem is, terwyl Kurt Walbrugh in die seunspan opgeneem is.

In 'n interprovinsiale toernooi wat in Maart gehou is, het die Wes-Kaap eerste geëindig in die seunsafdeling en derde in die dames.

Andrew Maarman, afrigter van Whoop Squad, was ook die hulp-afrigter van die Wes-Kaapse dogterspan.

Die klub vergader vandag om 17:00 by Paarlzicht Primêr en bespreek die spanne wat vir die seisoen ingeskryf gaan word.  


Boland skole vertoon sterk

[ Top ]


DIE jong rugbyspelers van 20 skole het onlangs vir aanskoulike rugby gesorg tydens Paarl Gim se o.16 rugbytoernooi wat oor drie dae gespeel is.

Die span van Gim en Hoërskool Dr EG Jansen van Johannesburg het die beker gedeel vir die spanne wat die mooiste rugby gespeel het.

Die uitslae van Dag 1 was: Waterkloof 11 - Boland Landbouskool 9; Overkruin 59 - Framesby 3; President 17 - Jeppe 10; EG Jansen 28 - Potch Gim 18; Afrikaans Seuns Hoër 7 - Outeniqua 9; Paarl Gim 22 - Grey Kollege 17; Brackenfell 10 - Kempton Park 29; Vredenburg 50 - Vryburg 17; HTS Middelburg 34 - PW Botha 18; Monument 20 - Oakdale 20.

Dag 2: Monument 22 - PW Botha 5; Afrikaans Seuns Hoër 36 - Oakdale 10; Framesby 14 - Vryburg 13; Kempton Park 25 - Vredenburg 10; Brackenfell 31 - Jeppe 3; HTS Middelburg 23 - Boland Landbouskool 22; Potch Gim 17 - President 5; EG Jansen 37 - Outeniqua 6; Paarl Gim 38 - Waterkloof 15; Grey Kollege 54 - Overkruin 19.

Dag 3: Afrikaans Seuns Hoër 10 - Paarl Gim 3; Grey Kollege 27 - EG Jansen 16; Potch Gim 13 - Kempton Park 7; Brackenfell 32 - Overkruin 26; Outeniqua 25 - Waterkloof 10; Monument 57 - Boland Landbou 21; Oakdale 20 - HTS Middelburg 14; Vredenburg 48 - President 7; PW Botha 19 - Vryburg 0; Framesby 13 - Jeppe 0.

* In die St Stithians Rugbytoernooi in Randburg het die Hoër Landbouskool Boland al sy wedstryde gewen. Boland Landbou het Florida (27-12), Ermelo (14-12) en Monument (27-24) geklop.

Paarl Gim het goed gevaar in die toernooi wat by King Edward in Johannesburg aangebied is. Gim het sukses behaal teen Selborne (27-7) en Durban Boys' High (37-7) maar vasgeval teen Afrikaans Hoër Seunskool (20-24).

* Paarl Boishaai was onoorwonne in die St John toernooi in Johannesburg deur Nelspruit 16-13 te klop. Hein Myburgh druk en Alwyn Burger slaag met 'n doelskop en drie strafskoppe. Hulle klop Glenwood (Durban) 16-14, met Gert van Wyk wat druk. Burger verdoel en slaag met drie strafskoppe. Die Boishaaiers klop hierna vir Hoërskool Windhoek (29-5). Jacques Vlok (3) en Andrew Heroldt druk drieë, met Burger wat met twee doelskoppe en 'n strafskop slaag. Danie van der Merwe behaal ook een doelskop.

Boishaai speel Saterdag om 13:30 tydens die Paul Roos Gim-rugbydag op Stellenbosch teen Hoërskool Oudtshoorn.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za