|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
Die vis groei in ons moerbeiboom en wors swem in ons waterstroom. Die reier met sy lang slangnek trek mooitjies vir my skewebek, en in my bed lê vetstertskaap en snork soos sogvark in haar slaap. Die hotnotsgot sê baie vroom: Kinders mag maar nonsens droom.
DIE gediggie, 'Droom', kom uit Hester Heese se bundel, Steweltjies na Wonderland. Ken jy 'n gedig oor drome, of wil jy graag na droom-gedigte luister? Dan is hierdie net die geleentheid vir jou: op Saterdag 20 Julie om 16:00 gaan al wat gedigte-vraat in die Vallei is, by Squirrels in Hoofstraat, Paarl, saamtrek om te kuier rondom gedigte met die tema drome. Theresa Engelbrecht, die nuwe eienares van Squirrels, sê sy wil graag dit 'n gereelde instelling maak. "Wat is lekkerder om oor 'n koppie koffie of sop te luister na poësie?" Die gedagte is dat elkeen wat wil, gewapen kom met 'n gedig, of selfs 'n liedjie oor 'n spesifieke tema en dit voorlees of speel. Dit kan in enige taal wees. Belangstellendes moet bespreek by 872-2781. |
|
|
|
|
DIE Drakenstein Kinderbiblioteek in Paulusstraat, Paarl, bied vandag speletjies vir die jongspan aan vanaf 10:00 tot 13:00. Almal is welkom (navrae by 862-5127). Die Meulstraat-biblioteek bied vandag Knip-en-Plak van 09:30 tot 11:00. Kinders moet hul eie stompneusskêrtjies saambring. Môre is daar 'n videovertoning van "Harry Potter and the Philosopher's Stone" van 09:15. Vir navrae, skakel 807-4871. Die Vanwyksvlei biblioteek op Wellington bied môre 'n poppekas, "Die Avonture van Marietjie Kriekie en Kallie Cockroach", aan om 10:00. Kaartjies kos R6 (navrae 873-1020). * Die Mbekweni biblioteek vertoon vandag en môre video's. |
|
|
|
|
DIE suksesvolle verhoogstuk "Voorvaders kan vlieg, sê Delores" met Alexa Strachan en Wikus du Toit is op 6 Augustus te sien in die Paarlse stadsaal. Die opbrengs van die stuk, onder regie van Sandra Prinsloo, is ten bate van die Kankervereniging. Delores is effens middeljarig, effens getik, heeltemal onweerstaanbaar en daar is veertien verdiepings in haar hart. Sy is 'n uitgeweke aktrise. Sy het 'n seun wie se vader sy nooit kon identifiseer nie, en 'n dogter wie se vader, die groot geliefde van haar lewe, haar in liefde verlaat het. Delores ken geen grense nie: sy dans met vreugde én met pyn. As die volte van die wêreld vir haar te veel word, gaan maak sy en haar dogter straatteater. Aan haar naam kleef van die begin af 'n klank van trane. Sy's 'n koningin van hooglied én treursange, baie groter as die lewe self, 'n herrese lewensnar. Reinet Nagtegaal het verlede jaar die debuutprys verower in Sanlam, Insig en Kwêla se Groot Romanwedstryd wat in samewerking met Radiosondergrense en LitNet aangebied is. Sedertdien het sy en haar roman, 'Voorvaders kan vlieg, sê Delores' groot bekendheid verwerf. Onder die waaksame oog van regisseur Sandra Prinsloo, het Alexa Strachan (wat ook die rol van Delores vertolk) hierdie roman verwerk in 'n uitsonderlike stuk musiekteater wat in April vanjaar deur die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees vir die eerste keer aangebied is en voor vol huise gespeel het. Wikus du Toit speel die rol van Delores se Voorvader. Hy was onder meer die wenner van De Kat en die KKNK se Slurpie-toekenning vir sy produksie, 'Ses'. Meer onlangs was hy te siene in 'Play at risk', waar hy tenoor Jana Cilliers gespeel het. Die produksie is ontwerp deur Kosie Smit en maak gebruik van multimedia ten einde die gehoor saam met die Voorvader 'n kykie te gee na Delores se lewe en na die herinneringe en gebeure wat sy in haar verbeeldingswêreld so gereeld besoek. Die produksie is intelligente vermaak. Dit is kleurvol en verbeeldingryk en gelaai met goeie skote humor, lewenswaarhede en heerlike musiek. Kaartjies is verkrygbaar by Musiklood in die Paarl (872-3863) of by Kansa op Wellington (864-2633). |
|
|
|
|
SUBSCRIPTIONS are now on sale for the forthcoming Cape Town Concert Series in the Baxter which starts on 23 July, hard on the heels of last season's final sold-out recital which featured the brilliant Russian pianist Olga Kern. The new season of six recitals comprises an exciting mix of acclaimed international and leading South African artists, from July to November. Philippe Graffin, a Fritz Kreisler International Violin Competition laureate, opens the season on 23 July. His programme includes Four Romantic Pieces by Dvorak, the Brahms Sonata in A, Op.100 and Ravel's Tzigane, among other popular items of the violin/piano repertoire. Subscriptions cost R480 per single ticket for the season of six recitals, and it includes a 20 per cent discount. First time subscribers enjoy an additional 10 per cent discount. Contact the Cape Town Concert Series at tel/fax 439-7663, or by e-mail to ctconcerts@iafrica.com. |
|||
|
|||