safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 11 July 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 18 July 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Sport


wroei11VICTOR. The old boy of Gymnasium High, Jacques Theron (26), left, celebrates his maiden victory in the Berg River Canoe Marathon with a splash of champagne on close rival, Graeme Solomon (second).


Paarl buig voor Harlequins

[ Top ]


wmis11DIE eerste rugbyspan van Paarl het Saterdag sy eerste nederlaag gely nadat hy op Faurestraat Stadion teen 'n begeesterde Harlequins van Milnerton vasgeval het.

Soos die vorige Saterdag is Paarl weer onverhoeds betrap toe die besoekers se agttal vinnige balbesit ná die afskop verseker het en heelagter Jacques Gouws binne die eerste minuut onder die pale gedruk het. Deon Olivier (11) het verdoel.

Paarl het hierna beter gelyk, met

DEUR DIE VINGERS GLIP. Hannes Douglas flank van Paarl gryp net wind nadat hy 'n Harlequins aanvaller probeer keer het. Foto: Leon Steenkamp

kragtige stormlopies deur die voorspelers wat die verdediging deurgaans getoets het.

Die kwaai fisieke stryd wat ge-heers het, het sy tol geëis toe Tinus Linee wat met 'n ligte skouerbesering op die reserwebank was, in die 11de minuut die veld moes neem. Hy het die binne-senter, Danie Nel, vervang wat sy enkel erg geswik het.

Vyftien minute later word 'n strafskop aan Harlequins toegeken. Die bal tref die regoppaal, maar Paarl hou mooi kop en dryf die besoekers terug.

Ná 'n mooi naellopie langs die kantlyn af, gee Paarl se Brian Kramer (11) 'n tikskoppie voren-toe en word laat geloop.

Bester neem sy kans waar met die strafskop en Paarl kruip 7-6 nader.

Kort voor rustyd stuur hy nog 'n strafskop deur die pale om Paarl vir die eerste keer in die wedstryd te laat voorloop.

Paarl het hulself onnodig onder druk geplaas deur swak eerste-linie-verdediging, wat die swaarder agterspelers van Harlequins telkens treë veld laat wen het.

Die Paarl pak het by tye swaar geleef in die skrums en het beslis die dienste en gewig van sy groot slot, Matthys Bothma, gemis.

Voor die spelers kon sak vir die laaste skrum van die eerste helfte, word Harlequins se loskopstut met 'n rooikaart afgestuur ná 'n uitgenooide dwarsklap aan die Paarlse haker, Riaan Ellis.

Die swaar span van Harlequins wat in die eerste helfte al tam gelyk het, het nie soos ver-wag is, gaan lê nie.

Nog twee strafskoppe het die besoekers weer laat voorloop.

Met die uurglas wat uitloop, het Paarl begin doelloos speel en dikwels belangrike besit weggeskop in 'n poging om die doelgebied te bereik.

Harlequins het uitgehou en die wedstryd 13-9 beklink.

Marco Martin het op heelagter 'n goeie vertoning gelewer terwyl die kaptein, John Claassen uitgeblink het in die lynstane en verdediging.

Paarl Rangers het in sy Premier B-liga wedstryd Violets met 19-5 (9-0) geklop deur goeie hardlooprugby te speel.

Rangers het Violets oorskadu en slegs onnodige foute het hulle verhoed om met 'n groter telling te wen.

Violets het hul gereelde skopper vroeg in die wedstryd verloor weens 'n enkelbesering en sy plaasvervanger het heelwat kanse na die pale verbrou.

Rangers het egter 'n nuwe vonds ontdek toe hulle die 19-jarige stut, Butch Green, as skopper ingespan het. Green het met vier uit sewe strafskoppe geslaag en ook John Filander se drie verdoel.

Eugene Herklaas het vir Violets gedruk ná 'n praglopie vanaf die middellyn.

Die probleme in die Young Gardens kamp blyk nog steeds nie opgelos te wees nie. Gardens het Saterdag sy tiende nederlaag gelei toe hy 28-25 teen Scottsdene opGardens Park verloor het.

Die voorspelers het nie genoeg gesag afgedwing nie om die tuisspan die oorhand te gee nie.

Cedric Plaatjies, Clint Hendricks en Jacques Bothma het drieë gedruk, terwyl Randall George met twee doelskoppe, 'n strafskop en 'n skepskop geslaag het.

Albions het 'n skittervertoning gelewer om die naweek vir Young Peoples oortuigend op Daljosafat te klop.

Albions het van die begin af sy stempel op die wedstryd afgedruk deur Peoples in hul kwartgebied vas te keer.

In die eerste 15 minute slaag Mark Kruger met drie strafskoppe vir Albions en die rustyd breek aan met die telling steeds op 9-0.

In die tweede helfte het Albions se agterlyn verwoed aangeval, maar Peoples se verdediging was puik.

Onder die voorspelers het Adam Moerat, Leigh Marquard en Yulene Claassen goed verdedig en aanvalle geloods uit die vaste los.

In die lynstane het Albions se slotte, Roderick Allies en Johan van Rooi beter vertoon as hul Tiere teenstanders.

Die eerste drie word gedruk toe Courtney de Wee (15) in die Albions agterlyn kom en in die hoek oorgaan vir sy drie.

Peoples antwoord met twee strafskoppe deur Sam Titus (10) en die telbord lees 14-6.

Albions slaag weer met 'n strafskop en die senter Justin Fortuin onderskep en druk Peoples se eerste drie, met Titus wat verdoel.

Kruger slaag met nog 'n strafskop en met minute oor, druk die flank Adam Moerat. Albions wen 25-13.


Dal verbeter vir WB

[ Top ]


OPGRADERINGS aan die Daljosafat krieketgronde, tuisveld van Young Peoples krieketklub, het Vrydag begin met die oprigting van tien oefennette.

Bykans 50 krieketvelde in voorheen benadeelde gebiede regoor die land sal verbeter word vir die 2003 Wêreldbeker-kriekettoernooi. 'n Bedrag van R12,5 miljoen is hiervoor deur die Departement van Handel en Nywerheid bewillig.

Al die oefenwedstryde vir die Wêreldbeker-wedstryde sal in voorheen benadeelde areas gespeel word. Benewens die oefennette (foto), sal daar ook 'n klubhuis en kleedkamers op Daljosafat gebou word en sal die A-krieketveld en sprei-ligte verskuif word.


Paarliete staan nie terug vir Berg

[ Top ]


HY is nou wel nie 'n gebore Paarliet nie, maar Paarl Gimnasium kan tog spog dat Jacques Theron, nuwe titelhouer van die Bergrivier Kanomarathon, daar skoolgegaan het.

Dié Barrydaler het verlede week 'n merkwaardige vertoning gelewer tydens dié wedvaart wat as die strafste van sy soort in land bestempel word.

Theron, wat tans vir Gauteng roei, het na die eerste skof nog 'n kort kop agter Graeme Solomon, wenner van verlede jaar se Berg, gelê.

Die wedvaart is egter grootliks in sy guns geswaai, toe Solomon op die tweede dag 'n fout begaan by 'n oordragpunt, en Theron die dag afsluit met 'n voorsprong van 1min52sek.

Die voorsprong was genoeg om Theron van 'n oorwinning te verseker deur net die oorblywende twee skofte saam met Solomon klaar te maak.

Die Matie-roeier Gert van Deventer (14:42:29), oorspronklik van die Paarl, het ook 'n goeie vertoning gelewer deur vierde klaar te maak. Hy is gevolg deur ouboet Chris, wat in die agtste plek geëindig het.

Die eerste roeier van die Paarl Kanoklub wat vanjaar die Berg voltooi het, was Mynhardt Marais, wat die tiende posisie beklee.

Marais se tyd van 15:04:59 het hom ook die eerste plek in die veteraan-afdeling gegee.

Die volgende plaaslike roeier wat klaargemaak het, was Mark Hill in 22ste plek in 'n tyd van 15:31:06.

Ná hom was nog 'n Matie-roeier, Paarliet Pieter-Willem Basson (16:04:37) 33ste, gevolg deur Julius Andrag, 'n Swellendammer wat vir Paarl roei, in die 34ste plek.

'n Groot talent wat voortaan beslis dopgehou moet word, is die 19-jarige Moses Afrika (16:11:43) wat 36ste klaargemaak het en wat ook vierde was in die afdeling vir o.21's.

"Ek het 'n slegte begin gehad. Ek wou net voor Grensplaas oor 'n boomversperring skiet, maar het onder die stomp ingegaan en my kano se neus het geknak.

"Ek het die water probeer uitpomp, maar dit het later gelyk, hoe meer ek pomp, hoe meer vloei die water in," het Afrika sy eerste dag van die Berg beskryf.

Hy kon egter sy boot herstel en regdeur die wedvaart sy posisie verbeter.

Dié jongman wat vanjaar sy vierde Berg voltooi het, het egter 'n minder aangename les op die rivier geleer.

"By Gouda het ek drie roeiers ontmoet en hulle het voorgestel dat ons saamwerk en in 'n diamantformasie roei.

"Toe ons by 'n nou plek in die rivier kom waar daar heelwat takke was, het ek eerste deurgeroei. Twee van die mans het vasgesit en ek het omgedraai om hulle te gaan help.

"Ons het verder geroei en 'n ent aan het my roerkabel uit sy spoor gegly. Dit is iets wat mens sommer op die water kan regmaak en ek het vir een van hulle gevra om my te help, maar hulle het net verbygeroei. Ek moes maar kant toe roei en uitklim en het sowat 15 minute verloor," vertel hy.  

Nog 'n Paarliet, Charlie Heatly, het net onder die top 50 geëindig deur in die 49ste posisie klaar te maak in 'n tyd van 16:42:31. Hy is gevolg deur Jannie Kirsten (53ste 16:52:49) en Herbert Conradie.

Dit was Conradie, voorsitter van die Paarl Kanoklub, se eerste Berg. Hy het 59ste klaargemaak met 'n tyd van 17:01:08.

In die 64ste plek was Giel van Deventer, 'n legende van die wedvaart wat tesame met André Collins vanjaar met 33 Bergrivier marathonne spog. Hy was ook die derde meester met sy tyd van 17:05:56.

Vir die 16-jarige Jermaine Pietersen (142ste 18:52:02), wat ook Saterdag sy eerste Berg voltooi het, was dit 'n harde leerskool.

"Ek het van Paarl tot by Grensplaas goed geroei, maar by die Tant Jos stroomversnelling het iemand agter in my vasgejaag en my roer gebuig.

"My boot het toe die heeltyd links geneig, maar ek het later wel die gevoel gekry van die boomversperrings. Ek het baie mense ingehaal en het nog nie een keer omgeval nie.

"Ek is net bly dat ek nog nie my boot gebreek het nie," het hy gesê na die eerste twee harde dae.

Ander plaaslike roeiers was JT Basson (91ste 17:38:40), Wilfred de Kock (93ste 17:41:21), John Stadler (117de 18:22:15), Robert King (118de 18:22:24), Niklas Tiras (128ste 18:31:11), Kriegler le Roux (151ste 19:05:14), Rudolph Geldenhuys (175ste 19:38:32), Chris Beukes (181ste 19:45:47), Wayne August (185ste 19:54:42), Dirk van Schalkwyk (194ste 20:23:48), Hanno Mouton (200ste 20:31:23), Wessel Cronje (208ste 21:08:47), Francois Brand (209de 21:17:37), Francois du Toit (224ste 22:24:03).


Sewe spelers in W-Kaapspan

[ Top ]


BENEWENS die plaaslike rugbyspelers wat aanvanklik vir WP en Boland skolerugbyspanne gekies is, het nog sewe spelers van die Paarl ook vandeesweek aan die o.18 Coca-Cola Cravenweek deelgeneem.

CP Mouton (Paarl Gim), Oswald Thomas, Delwayne Cornelissen (albei van New Orleans) asook Wilhelm Steenkamp, Ebrahiem Moerat, Gert van Wyk en Alwyn Bur-ger (almal Boishaaiers) is in die Wes-Kaapse span opgeneem. Van Wyk is as kaptein van die span aangewys.

Die span is gekies na afloop van die Streeksakademie-week wat verlede week op Worcester gehou is en waaraan sowat 440 spelers van WP, Boland en SWD deelgeneem het.

Die Wes-Kaap XV het Maandag in sy eerste wedstryd teen Ooskus te staan gekom. In 'n span-nende wedstryd wat voortdurend van voorloper verander het, het die stut van Ooskus Mongwabisi Nqolombe in die laaste minuut gedruk. Die slot Thiu Barnard het verdoel om die eindtelling op 21-21 te bring.

Dinsdag het Boland en WP teen onderskeidelik die Goue Leeus en die Poemas te staan gekom.

Boland het in sy eerste wedstryd kwaai vasgeval en met 29-0 verloor.

Die sterk span van WP waarin daar ses Paarliete is, het gemaklik met die Poemas afgereken met 'n telling van 28-3.

Op losskakel het Etienne Duvenage van Paarl Gimnasium vier doelskoppe vir WP oorgeskop en self ook sy span se laaste drie gedruk laat in die tweede helfte.

Duvenage en Hennie Daniller (Gim) op heelagter, het albei uitgeblink in die aanvallende hardlooprugby wat die WP agterlyn bykans met elke bal gespeel het.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za