|
GRAAG wil ons onder die burgemeester, raadsheer Herman Bailey, se aandag bring die chaotiese toestand, met betrekking tot die aanstelling van die verkeershoof in die Drakenstein munisipale area.
Dit het onder ons aandag gekom dat 'n verkeershoof aangestel was sonder dat 'n behoorlike demokratiese proses geloop is.
Ons vra 'n onmiddellike regstelling van bogenoemde proses en wel in die vorm dat verkeersbeamptes en amptenare teruggeplaas word soos voorheen, voor samesmelting, tot tyd en wyl ons 'n behoorlike indaba gehou het met betrekking tot alle rolspelers in hierdie proses.
Ons voel hier was blatant gediskrimineer teen die verkeershoof van Wellington.
Nooit in enige diensvergaderings met u was dit onder ons aandag gebring hoe ver hierdie proses strek nie.
Al sou ons ook menigmale vra vir die hoof van Gemeenskapsdienste, Johan Lambrechts, en die onderburgemeester, Anthea Sheldon, om in te sit om hierdie aangeleentheid uit te sorteer.
Ons vra dus, gegrond op bogenoemde, dat die vorige status quo behou moet bly, siende baie komponente van die Drakenstein Munisipaliteit, onder meer sport en transport die status quo gehandhaaf word.
Transformeer een, transformeer alles. Behou een, behou alles.
Chris Davids
Voorsitter van Belastingtrekkersvereniging, Newton (Wyk 22)
Die Munisipale Bestuurder, lewer die volgende kommentaar: Na oorlegpleging met die Bedingingsraad was daar 'n tegniese evaluasie gedoen volgens die beginsels van die plasingsbeleid.
Die bevinding van die tegniese werkgroep is dat die Hoof: Verkeersdienste korrek geplaas is ooreenkomstig die plasingskriteria. |