safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday: 11 Septembert 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 19 September  2003 at 17:00

Nuus - News


Kyk dood in die oë

Malané Bosman

[ Top ]


UITBREEK-BEESTE het Vrydag groot moles gemaak op die Wemmershoekpad voordat spoorsnyers van die polisie hulle weer agter die kampdraad gehad het.

Die Franse Limosin beeste, agt versies en sewe bulletjies asook twee groot slagosse, is Donderdag verlede week uit Heidelberg by SP Rossouw van Kliprug afgelaai.

"Ek kon nie glo toe ek Vrydag hoor hulle het uit die kamp gebreek nie," sê Rossouw. "Die drade was so goed." Die

wmazdaFC

AAN SKERWE. Paarl paneel- klopper Jonathan Jacobs weet nou hoe naby die bees se kop aan die motorbestuurder was.

Rossouws het self gesoek, maar kon die waardevolle kudde nie opspoor nie. Die hulp van die polisie se spoorsnyers is ten einde raad ingeroep.

Teen daardie tyd het twee motoriste al ternouernood aan die dood ontkom.

Ambulansman David Cupido was op pad van sy tuiste in Franschhoek om nagskof in die Paarl te werk toe hy Vrydag om 06:20 om 'n draai in die Wemmershoekpad kom, en hom tromp-op teen 'n bees bevind.

"Ek het rem getrap en uitgeswaai, maar ek was teen die bruggie naby die ingang na die plaas De Hoop," onthou Cupido.

 "Toe voel ek die harde slag."

Die jong bulletjie het met 'n gebreekte been bly lê en is later deur beamptes van die Dierebeskermingsvereniging die genadedood deur 'n inspuiting gegee.

Vrydagaand was Dirk Coetzee en sy vrou om 22:30 op pad terug na hul woning in Denneburg, Paarl, toe die ongeluk hulle ook gery het.

Net voordat hulle by die Boschenmeer Landgoed gekom het, moes hy sy ligte demp vir motors van voor.

"Die tweede motor was net verby toe sien ek twee beeskoppe teen my voorruit."

"Ek het my arms styfgemaak en my kop weggedraai.

"Toe ek weer kyk, toe steek 'n beeskop deur die voorruit, tot hier teen my gesig."

Coetzee sê dat, toe hy tot verhaal kom, was die rooi bees weg.

"'n Polisieman het gekom, maar hy wou my eers nie glo nie, totdat hy die beeshare aan die motor gesien het. Ons het oral gesoek, maar van die beeste was daar geen teken nie."

Coetzee het 'n sny aan die linkerwang terwyl sy vrou ongedeerd daarvan afgekom het. Sy motor is 'n wrak.

Eerste is die twee beseerde osse, een met 'n erge gesigbesering, op die 4x4 toetsterrein aangrensend aan Kliprug, opgespoor. Hulle is op die plek geskiet en deur die eienaar vir huisgebruik laat slag.

Sondag het polisie-insp JAP Koekemoer, sers Petrus Marengi en Gielie Visser van Wellington, begin spoorsny.

"Ons was poot-uit na die 15 kilometer," sê insp Koekemoer. "Ek was al reg om die polisiehelikopter in te roep toe ons hulle uiteindelik opgespoor het.

By die plaas Hartebeeskraal het Marengi, 'n voormalige Koevoet-spoorsnyer uit Angola, die Limosins teen die berg gekry.

"Een van die bulletjies moes met 'n tou gevang word en op die bakkie gelaai word omdat hy ons aanmekaar bestorm het. Ons het hulle afgebring en teruggewerk oor die Wemmershoekpad.

"Toe hulle in 'n modderdam ingehardloop het, het hulle nuwe krag gekry.

"Teen die kampdraad het 'n paar omgespring en weer moes die spoorsnyers soek.

"Maar uiteindelik was die eienaar se R62 000 se beeste terug in die kraal en kon ons tevrede voel," het Koekemoer die lang dag beskryf.

* A herd of cattle caused havoc after escaping from a farm  next to the Wemmershoek Road.


Verkragter van skoolhoof dalk vas

[ Top ]


DIE vermeende verkragter van die skoolhoof uit Franschhoek is Dinsdag in hegtenis geneem.

Franschhoek speurtakbevelvoerder Leon Boonzaaier en sers Lood Muller het die lenige,16-jarige verdagte by sy moeder se woning in Kakamasstraat in die Mooiwater uitbreiding, aangekeer.

Die deurbraak het gekom terwyl die polisiebeamptes met jeugdiges uit 'n plek van veilige bewaring gesels het. Die verdagte pleit vandag in die Paarl Streekhof.

Die verdagte tiener gaan nie meer skool nie. Hy het al telkemale met die gereg gebots oor voorvalle van huisbraak en diefstal.

Anne van Zyl (55), skoolhoof van die Bridge House privaatskool, het ná die aanval op 29 Junie in haar woning, besluit om nie haar reg tot anonimiteit uit te oefen nie.

"Jong mense kan deur die realiteit leer," het sy gesê en daarop aangedring dat 'n verklaring deur die skool lui: "Die polisie is op soek na 'n verdagte inbreker vir diefstal sowel as verkragting."

* A man suspected of raping a local headmistress has been arrested.


Alleged rapist beaten

[ Top ]


IRATE members of the New Rest community at Wellington attacked the man suspected of raping a six-year-old girl at the weekend.

The little girl was so badly injured during the sexual assault, that she had to be admitted to Tygerberg Hospital where she is undergoing intensive treatment.

When the girl went missing from her parents' home on Sunday afternoon, her family searched all over.

She appeared stumbling down the street at 22:00 that night, her clothes mud-stained and blood dripping onto her feet.

When her mother realised what had happened, she prompted the girl into showing her where her attacker lived.

She indicated that she had been lured away by a man called "Stone" who lived in the same street as that of her parents.

The man said he wanted to send her to a shop, but had taken her to a field instead.

Eric Ntshobane (22) was cornered outside his home and attacked by angry residents. Policemen arrived to find him with serious head wounds.

Community members voiced their objection to bail for Ntshobane by staging a placard demonstration outside the Wellington Magistrate's court yesterday.

He remains in custody until the next court appearance.

* In another sexual assault at Wellington, a 40-year-old retarded woman was flung into a ditch on a Voor-Groenberg farm on Saturday night.

The woman was stabbed in the face and raped. A labourer from a neighbouring farm, Klaas Ontong (20) was arrested after the incident.


Robbers attack tavern

Malané Bosman

[ Top ]


THE son of a tavern owner in Mbekweni was shot in the hip when robbers barged into the premises in the early hours of Monday.

More than R100 000 was looted from Sgobi's Paradise, a licensed tavern at J-Block 45.

The tavern was closed and the Andoro family asleep when six men forced open the backdoor to the homestead at 01:40.

The residents realised there were armed men trying to enter the house, and hastily barricaded themselves behind doors.

Although the men shouted that they were policemen, Sgobi Andoro knew "the police don't come into a house in such a fashion."

Justice Andoro (21) was crouching behind his bedroom door when a single shot was fired through the wooden door.

He was wounded in the right buttock before the men kicked in the door.

"They demanded money, money in Xhosa," Sgobi said.

"I am hoarse today because I shouted so much - to attract attention. My neighbour heard my screams and banging on the wall and phoned the police."

The robbers found the weekend's takings, emptied the petty cash drawer, grabbed a hi-fi set and disappeared, possibly in a white Venture with trailer.

Neighbours also saw a white and a green/blue car outside the tavern shortly before the robbery.

The men have not yet been identified. Insp Jacques Coetzee (807-4000) is the investigating officer.


Delegation visits Japan

[ Top ]


COUNCILLORS from Drakenstein Municipality, including Mayor Herman Bailey and Deputy Mayor Anthea Sheldon, as well as Municipal Manager Jacques Carstens, returned recently from an official visit to Ueno City in Japan.

During the visit, a Memorandum of Understanding was signed between Ueno and Drakenstein.

The two municipalities agreed to co-operate in the fields of economy, trade and investment, culture and health issues.

Trade and investment will include the exchange between the representative agricultural products, including grapes and wine, as well as exchanges between local winemakers of South Africa and the Saki-makers of Japan.

On cultural level, they will look to exchange soccer teams between the two cities and also to explore exchanges in other sports codes.


Vrees vir begraafplaas

Susan Botha

[ Top ]


NIEMAND kan dit meer waag om ongewapen na die Paarlse begraafplaas te gaan nie. Veral vroue word bedreig deur rondlopers wat die Parys-begraafplaas as hulle domein beskou.

"Ons kom met 'n pistool en in groepe, maar selfs dít is nie eens meer veilig nie," vertel 'n hartseer vrou.

"Nou die dag moes ons hardloop om voor die aanvallers by ons voertuig te kom. Hulle het selfs die voertuig rondgeskud voordat ons kon wegkom."

'n Paar maande gelede is 'n meisie amper verkrag toe sy op haar eie haar vriend se graf wou besoek.

In 'n ander geval is 'n egpaar se motor gestroop terwyl hulle blomme op 'n kind se graf gaan sit het.

"Is daar niks wat aan die toestand gedoen kan word nie?" wou 'n vrou weet.

"Kan die polisie of die reserviste of 'n buurtwag nie sekere tye, soos Sondagmiddae, die begraafplaas patrolleer nie?

"Dit is nie die ideaal nie, maar dan kan veral vroue en ouer mense in veiligheid hul grafte gaan besoek."

Dit is egter nie net veiligheid wat 'n probleem is nie, maar ook vandalisme en rommel.

"Met ons onlangse besoek aan die AGS-gebied in die Parys-begraafplaas, was ons erg geskok," vertel 'n vrou.

"Dit lyk na 'n rommelhoop met alles wat daar rondlê. Daar is ook 'n deurloop na die plaas langsaan met die draadheining wat weer geknip is.

"Die ergste van alles is dat sowat 15 grafstene beskadig is met kopstukke wat afgebreek is en blomhouers wat stukkend gekap is. Een kopstuk is ook met rooi verf besmeer."

Die egpaar het dit telefonies aan die opsigterskantoor gerapporteer, en was verseker dat daarna gekyk sou word. Met hulle laaste besoek, drie weke later, was daar nog niks aan gedoen nie.

"Wanneer is daar laas 'n poging aangewend om hierdie gedeelte van die begraafplaas netjies te maak?

"Wat gaan aan hierdie toestand van vandalisme gedoen word en wie gaan dit herstel en skoonmaak sodat hierdie "vergete deel" weer netjies kan vertoon?"

Die munisipale bestuurder, Jacques Carstens, sê die draad tussen die plaas en die begraafplaas sal herstel word. 

"Die area word ook gereeld skoongemaak. Gereelde inspeksies word gedurende die dag gedoen. 

"Dit is onmoontlik om die terrein 24 uur van die dag te patrolleer weens die kostes daaraan verbonde.

"Vandalisme en onaanvaarbare gedrag is aan die toeneem, wat sal verg dat alle rolspelers 'n gesamentlike bydrae sal moet lewer ter bekamping daarvan.

"Die publiek word versoek om nie die begraafplaas alleen te besoek nie en ook nie met skemer of donker nie."

* The Parys cemetery has become too dangerous to visit alone. Women in groups also face attack.


Meubelmakers verskyn in hof

[ Top ]


SEWE werknemers van 'n meubelfabriek op Wellington het in die hof verskyn in verband met grootskaalse diefstal by die onderneming. Die hulp van 'n privaatspeurder is vroeër vanjaar ingeroep om verliese van sowat R100 000 by die meubelfabriek te ondersoek.

Callie Rischbieter, het verlede week die mans in hegtenis geneem en baie van die meubels, wat oor jare gesteel is, in huise teruggekry. Ashwin Ebrahim, Justin Barends, Jonathan Willemse, Heinrich Plaatjies, Clifford Prins, Aubrey Albertus en die stoorman, Charles Morris, het reeds in die hof verskyn.

Inligting rakende dié saak kan gegee word aan die speurder, op 083-282-9844.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za