safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday: 11 Septembert 2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 19 September  2003 at 17:00

People - Mense


Jawoord gevra in boendoe

Mike Copeland

[ Top ]


PAARLIETE Paul de Villiers en Hillet Roelofse het nie net die Mitsubishi-geborgde 4x4 Eco-Challenge suksesvol voltooi nie, die romanse tussen die twee (wat die sewende plek behaal het) het geblom daar in die woestyn.

Vanjaar het hierdie strawwe uitdaging deelnemers regdeur Namibië geneem, al met die Skedelkus op, tot in die suide van Angola - daar waar jy jou bestuur en navigasie moet ken. Vir Paul, Hillet en die ander was dit nie net die uitdagende avontuur wat hulle so ver noord gelok het

wknielFC

ROMANTIES. Paul de Villiers van die Paarl het onlangs tydens die 4x4 Echo-Challenge vir Hillet Roelofse die jawoord gevra voor al die deelnemers by 'n kamp- plek in Angola.

nie. Hulle was ook daar om bystand te verleen in die navorsing oor die brons walvishaai.

Hierdie groot vis, wat tot drie meter lank word, kom voor in die koue waters van die Skedelkus van Namibië en Angola en word ondersoek deur albei lande gesamentlik.

Terwyl hulle daar bo was, het die spanne 218 van hierdie ou grotes gevang, gemerk en weer vrygelaat - uitputtende, maar lonende werk.

Die eco-aspek van die kompetisie is baie belangrik, en die deelnemers word geëvalueer op hul sensitiwiteit, kennis en waardering vir die natuur.

Ryvernuf is bepaal volgens hulle lae impak op die omgewing, nie hoe vinnig en hoe hard hulle kon ry nie.

So mooi het Paul en Hillet as 'n span saamgewerk, dat hulle besluit het om verloof te raak.

Eintlik het hulle mekaar voor die tyd al goed geken, maar die romanse van die Flamingo Fishing Camp op 'n strand in die suide van Angola was te sterk om te weerstaan, en Paul het die ja-woord gevra terwyl 'n plaaslike orkes sagte salsa-musiek in die agtergrond gespeel het.

Genoeg sushi en bier het gesorg dat tot laatnag fees gevier is met die hoop dat Paul en Hillet se toekoms 'n lang, interessante en opwindende reis sal wees.

* A Paarl couple got engaged during the 4x4 Eco-challenge in Angola.


Van Labori tot Antartika

[ Top ]


EK glo Labori het my voorberei om die kanse wat na my kant toe kom, met albei hande aan te gryp.

Só sê Wally Bester, 1997-hoofseun van die skool. Hy was die spreker tydens die skool se stigtingsdagvieringe.

Bester is 'n Namibiër wat al die pad Paarl en spesifiek Labori toe gekom het, omdat hulle vakkeuses vir hom nommerpas was.

Labori is vanjaar 14 jaar oud, maar kan ook voortbou op die geskiedenis van die ou Handelskool, wat reeds in 1929 opgerig is en toe in 1989 uitgebrei is tot tegniese én akademiese hoërskool.

Bester het die leerders vertel van sy onlangse besoek aan die Sanae-basis op Antarktika.

Hy is op die oomblik besig met 'n meestersgraad in elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit van Stellenbosch.

Sy studieveld behels verbeterde brandstofinspuiting by motors en dit is reeds dié onderwerp wat hom die sneeuvlaktes ingestuur het.

Bester het 'n studie gemaak van die gebruik en samestelling van die basis se voertuigvloot, 'n inventaris gehou van die emissies en ook van die algemene brandstofhantering.

Hy hoop om sy nuutverworwe kennis volgende jaar in Duitsland te gaan toepas.

En die weer in Antarktika?

Wel, volgens Bester het hulle heerlike somerweer geniet: dit was net -10 grade Celsius, teenoor die winter wanneer die kwik tot -40 grade daal.

* An old boy of Labori High recently visited Antarctica.


Joubert Cillié ter ruste

[ Top ]


JOUBERT CILLIé (89), bekende varkstoetboer en hoeksteen van Wellington, is hierdie week ter ruste gelê.

"Oom Joubert", soos hy alombekend was, was die derde geslag Cilliés op die plaas Vrugbaar in die Bovlei. Daar het hy landswye bekendheid verwerf as kampioen Landras-teler.

Hy het 'n groot rol gespeel in die gemeenskap, landboubedryf en sakesektor, op die agtergrond en dikwels as voorsitter, soos by die Bovlei wynkelder. Die Kromrivier Besproeiingsraad, Boerevereniging, Eksekuteurskamer, skoolkomitees, kollegeraad, Bovlei Liefdadigheidsverenigings en kerkraad het by sy betrokkenheid gebaat.

Al die jare was mnr Cillié nou betrokke by die Wellington rugbyklub, ook as lewenslange beskermheer. In 1947 het hy handgegee by die vergroting van die rugbyveld en pawiljoen en om die dorp as speelhoofkwartier van Boland Rugby-unie te vestig.

Hy was verantwoordelik daarvoor dat 'n tak van Volkskas op Wellington geopen is in 1944, en was self die eerste kliënt.

Die idee van 'n Bybelkor het in 'n motor gestalte gekry met oom Joubert en dr Johan van der Merwe op pad na sy seun Pieter se troue op Upington.

Benewens Pieter en Anna Cillié wat op Vrugbaar boer, word hy oorleef deur sy dogters Andrenette Retief, Charlene de Lange en Lorraine Ramsauer met hul gades, 16 kleinkinders en drie agterkleinkinders.

Oom Joubert was die afgelope jare in die Silwerkruin tehuis vir bejaardes. Die herdenkingsdiens was Dinsdag in die NG Moederkerk.


On the road to Karoopoort

[ Top ]


LAST Friday at sunset, the Paarl "bokkiekar", which is travelling along the historic "Forgotten Highway" from Kimberley to celebrate Heritage Day in Paarl, arrived at Saamsuip in the Ceres Karoo. 

This little cart, drawn by two Saron farm horses, left Kimberley on August 30 with support vehicles supplied by Toyota SA and McCarthy Toyota (Paarl).

The cart, driven by Viktor Kalis and Piet Lourens, is re-tracing the so-called Forgotten Highway along which many thousands of people in carts, coaches and wagons journeyed to and from the Diamond Fields more than a hundred years ago.

Saamsuip is a waterhole in the Doring River, which was used by travellers setting off to cross the Great Karoo. 

A hostelry was built there to offer them a hot meal and a place to sleep. The waterhole can still be visited today on the Sadawa game farm.

At Karoopoort outside Ceres the same farm buildings, oak trees and extensive fig tree grove described two hundred years and more ago by travellers Lichtenstein and Burchell can still be seen.

On this site, the Togryers Museum and Tourism Office of Ceres welcomed Paarl's little bokkiekar with a festival. 

On Heritage Day (September 24) "Promise" and "Try Me" will head a parade of horse-drawn vehicles and veteran cars along Paarl's Berg River Boulevard, up van der Lingen Street and then along Main Street from Pastorie Avenue to the De Poort site in Suider Paarl.

Paarl will have the chance to greet the little cart that undertook the journey this year that was taken by thousands of such vehicles before the railway line reached Kimberley in 1885.

At the De Poort site, there will also be horse riding events, kaskenades, a puppet show, live music and food stalls.

At the old tobacco store, there will be various crafters demonstrating lace and felt making, wood turning and much more.

At Clift stone masons in Concordia Street, a blacksmith will be at work and at Schoongezicht farm in Main Street, a farrier will shoe horses and there will be wine and olive oil tasting. These venues will be linked by wagon rides.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za