|
PAARL PRINT
STOORMAN - PAARL
Ons beskik tans oor 'n vakature vir 'n Stoorman met ondervinding van massaverskuiwing, berging en stapeling van papier in 'n Drukkery of soortgelyke produksie-saanleg.
Die suksesvolle kandidaat sal oor die volgende vaardighede en ondervinding beskik:
• Matriek
• 3-5 jaar vorige ondervinding in 'n stoor in die Papier/Drukkersindustrie
• Die vermoë om in Engels en Afrikaans te kommunikeer
• Moet beskik oor 'n formele kwalifikasie in voorraadbeheer
• Rekenaargeletterdheid in MS Word & Excel
• Ondervinding van skandeertoerusting en stelsels
• Geldige vurkhyserlisensie
Die verantwoordelikhede sluit die volgende in:
• Voorraadbestuur en voorraadopnames
• Ontvangs en uitreiking van voorraad
• Uitleg van stoor en netheid daarvan
• Korrekte & veilige stapeling van papier
In ruil vir die suksesvolle kandidaat se dienste, bied die maatskappy 'n mededingende totale koste vergoedingspakket, wat groot maatskappyvoordele insluit.
Voorkeur sal gegee word aan persone in die aangewese groepe ooreenkomstig die diensbillikheids-riglyn van die maatskappy. Indien ons u nie binne twee weke na die sluitingsdatum gekontak het nie, aanvaar asseblief dat u aansoek onsuksesvol was.
Indien u belang stel en aan die vereiste kriteria voldoen, kan u aansoek doen deur 'n omvattende CV te stuur aan:
Die Menslike Hulpbronne Beampte Paarl Print
Faks: 021-868-9006
Sluitingsdatum: 17 September 2003 |