safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property

 

b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 11 November 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 18 November 2004.

Aida

 Letters - Briewe


Brug in Lady Greystraat is gevaarlik

[ Top ]


WAT is die kans dat daar nog eendag 'n motor-, vragmotor- of motorfietsbestuurder beheer oor hul voertuie gaan verloor as gevolg van die slegte toestand waarin die brug oor die treinspoor in Lady Greystraat is?

Die hele pad tussen die Bergrivier en die treinspoor is ook in 'n baie swak toestand.

As die taxikombi's put toe gaan vir hul jaarlikse ondersoek, kos dit die eienaar 'n plaas vol geld om alles reg te maak as gevolg van Paarl se swak paaie.

Nou vra ek as daaglikse gebruiker van Lady Greystraat-brug, aan die Drakenstein Munisipaliteit: wanneer gaan julle wakker skrik?

Moet daar eers 'n motor in die lug opskiet en voor aankomende verkeer injaag en 'n ongeluk veroorsaak, voor julle iets aan die brug gaan doen. Ons is bereid om ompad oor Markstraat te ry wanneer daar aan die brug gewerk sal word.

Sit skouer aan die wiel en maak 'n plan met die brug voor dit te laat is. Nalatigheid aan die kant van die munisipaliteit, gaan heel moontlik later die Raad duur te staan kom.

Ek hoop daar word geluister.

Tony April

Die munisipale bestuurder van Drakenstein, Jacques Carstens, reagaer: Die toestand van die betrokke brug se oppervlak is inderdaad nie goed nie.

Die Munisipaliteit het so pas R50 000 van Provinsie gekry vir 'n ondersoek na die brûe in ons gebied.  Die geld is weliswaar eintlik bedoel vir strukturele ondersoeke van die brûe, maar die brug in Lady Grey- straat se strukturele toestand het bygedra tot die padoppervlak se agteruitgang en behoort die ondersoek te help om vas te stel wat presies die oorsake is.

Daar is twee bydraende aspekte wat wel bekend is. Een is die versakking van die aanlope (eerste derde van die brug aan elke kant) en die ander is die toestand van die brugvoeë.

 Die pad is 'n provinsiale pad en ons is afhanklik vir befondsing deur provinsie.  Provinsie kan egter nie eens genoeg gee vir die hoër orde Boulevard en Hoofpad nie en dus bly die herstelwerk op die brug ongelukkig agterweë. 'n Bykomende aansoek sal egter ingedien word.


Polisie help nie

[ Top ]


HIERMEE wil ek my ontevredenheid lug oor die diens van ons polisie. Ons het teëspoed gehad op Donderdag 28 Oktober op die  Malmesbury pad (regoor Zandrivierlandgoed), sowat 10 km van die vierrigtingstop by Wellington.

Kinders het langs die pad gespeel en klip gegooi, en die een klip het ons motor se voorste ruit getref. Ons het die Paarl Polisie stasie gekontak om 17:20.

Die dame wat in die beheerkamer gewerk het kon nie Afrikaans of Engels verstaan nie. Hoe kan iemand is so 'n belangrike pos geplaas word as sy/hy nie bevoeg is nie?

Teen 17:50 was daar nog geen teken van 'n polisievoertuig nie. Ons het toe vir Wellington stasie gekontak - ai nog treuriger. Die mense wat wel opgedaag het en wie se area dit nie eens is nie is die Malmesbury Polisie.

Ons wil net vir hulle baie dankie sê vir hulle flinke diens. Hulle het ook vir Wellington se stasie gekontak waar daar gesê is daar is iemand uitgestuur. Teen 18:00 was nie Paarl of Wellington se mens by ons nie.

Wat 'n mens kwaad maak, was toe ons Paarl inry het 'n polisievoertuig rustig verby ons gery definitief nie oppad na 'n klagte toe nie en die verskoning dat 'n voertuig nie beskikbaar was nie, word natuurlik uitgekanselleer.

Wat sou gebeur het as die ongeluk ernstiger van aard was? Hoe kan ons ons lewens toevertrou aan mense wat nie omgee nie?

Theresa Smit

Malmesbury


Robbers hit students

[ Top ]


THE exhibition of jewellery by matric art students at the Jack Meyer Art Centre in Hospital Street, Paarl, was hit by robbers yesterday. The six unusual pieces of jewellery might be offered for sale in the street. Contact me at 872-2095.

Nicky Albertyn


Is dit wat gemeenskap wil sien?

[ Top ]


MET die lees van die berig "Sakeman Bankrot" (Paarl Post 4 November) op die voorblad was ek teleurgesteld dat daar in ons mooi dorp klaarblyklik 'n gemeenskap is vir wie so iets as hoofnuus opgedis moet word.

Dít terwyl daar 'n groot fees in Wellington was, ongelukkige inwoners van Mbekweni is wat met bestaansprobleme worstel en selfs 'n passiemoord nie hierdie ereplek kon losslaan nie.

Hoewel ek 'n hoë dunk het van en baie waardering het  vir die Paarl Post as plaaslike koerant (stukke beter as een wat ek in die Noordwes Provinsie geken het), betreur ek dit tog dat selfs die eggenoot by naam, beroep en voertuigfabrikaat aan die hare bygesleep is.

Nee wat, as dít is wat ons in hierdie mooie vallei graag op ons voorblaaie wil sien, behoort ons ons harte indringend te ondersoek.

Karin Combrink


Was dit nodig?

[ Top ]


EK wil ten sterkste beswaar maak teen die sensasionele berig wat verlede week op die voorblad van die Paarl Post verskyn het. Al wat vir koerante van belang is, is sirkulasiesyfers.

Nêrens in die berig word melding gemaak van die ongelooflike bydraes wat Tittie en Louis Geldenhuys gelewer het deur hul jarelange betrokkenheid by die gemeenskap van die Paarl nie.

Nee, daar word slegs genoem waarmee hy by die hof aangekom het (wat maak dit werklik saak?), hoe lank hy in die selle sit en nog baie ander aspekte wat die berig so sensasioneel moontlik kon maak. Was dit werklik nodig om sy vrou se naam te noem?

Hierdie berig was sekerlik verlede naweek die hoofpunt van bespreking (lees en skinder) om vele braaivleisvure in die omgewing.

Ek hoop die inwoners van Paarl sal hierdie gesin bystaan en nie oordeel voor AL die feite op die tafel is nie. Baie sterkte aan hulle!

Sat  vir sensasie


Verskil tussen lewe en dood

Editorial

[ Top ]


PADWAARDIGHEID is skynbaar deesdae 'n woord wat nog net in die woordeboek bestaan.

Dit is nogal kommerwekkend as 'n mens sien wat deesdae op ons paaie aangaan: dit lyk behoorlik asof enigiets wat op vier wiele kan beweeg, aanvaarbaar is.

Sommige voertuie lyk asof dit met draad en kougom aanmekaar gehou word en in baie gevalle kan die loopvlak van bande vir 'n spieël aangesien word.

Nou is dit maklik om die skuld vierkantig voor die owerhede se deur te plaas en te sê daar moet beter wetstoepassing wees.

Maar dit is nie so eenvoudig nie: elke motorbestuurder behoort verantwoordelik genoeg te wees om nie sy eie en ander padgebruikers se lewens onnodig in gevaar te stel met 'n onpadwaardige voertuig nie.

'n Mens kan selfs verder gaan en sê dit is elke passasier se plig om seker te maak dat enige voertuig in 'n veilige toestand is voor jy jou lewe daarin waag.

Dikwels redeneer mense dat hulle net 'n kort entjie wil ry en dus maar 'n kans kan vat. Maar volgens statistieke vind die meeste ongelukke reeds binne 'n radius van 5km van jou huis af plaas.

'n Bietjie aandag en geld bestee aan 'n voertuig, kan die verskil tussen lewe en dood beteken.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]