|
MENSE wat stalletjies wil hê by die Paarlse Kersliggiefees, het nog net tot Maandag om te bespreek by Paarl Toerisme (872-4842).
Die Kersliggiefees word vanjaar vir die eerste keer uitgebrei tot vier dae, om die Sondagaand in te sluit, wanneer gewyde Kersmusiek
deur kore en die Heilsleër uitgevoer sal word by kerslig.
Daar sal ook samesang wees. Kerse sal deur die Rotariërs verkoop word.
Die fees word op 2 Desember geopen met die aanskakeling van die feesliggies deur die burgemeester.
Vader Kersfees sal by die Nedcor-gebou afseil en studente van die Frank Pietersen Musieksentrum sal optree.
Vrydagaand 3 Desember sal plaaslike sangers en dansers optree en Saterdagaand 4 Desember tree die Popstars sanggroep Afro-Zee asook
plaaslike sangers op.
Die feeskomitee nooi plaaslike ondernemings om hul geboue met feesliggies te versier en betrokke te raak deur die skenk van pryse.
Vir navrae, skakel Luzelle Moller (863-5009) of Thomas du Plessis by 807-2409 of tdplessi@boebank.co.za.
Van die plaaslike kunstenaars sal ook by die Kersliggiefeeste op Saron (10 Desember) en Gouda (11 Desember) optree. Gouda sal 'n "Mej
Liggies" kroon.
* Die Oukraal kunstefees word Vrydag 3 Desember en Saterdag 4 Desember in die Polisiekollegesaal aangebied met plaaslike kunstenaars,
as deel van die Liggiefees.
|