safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property

 

b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 11 November 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 18 November 2004.

Aida

Nuus - News


Taxi ploeg van pad af

Malané Bosman

[ Top ]


'n BABA se bene is Sondag gebreek in 'n taxi-ongeluk op die Agter-Paarlpad, waarin sy moeder en nog 'n kerkganger uit Ceres gesterf het.

Die 15 insittendes van die taxi het stil en verstom gesaai langs die pad gelê. Al geluid was die gekerm van die beseerde baba en die ambulanspersoneel se kalmerende woorde.

Verbygangers wat gestop het by die toneel, het die brandende son van die beseerdes afgeskerm en hulle moed ingepraat.

Die vroue se wit kouse en klere was rooi van die bloed, en soos die mans, was

OORLEEF. Een van die eerste motoriste op die toneel van die minibusongeluk op die Agter-Paarlpad Sondag, Shaid Babu van Kaapstad, hou 'n beseerde baba vas

hulle onder stof en gras en oortrek van beserings.

Die taxi waarmee hulle uit Kaapstad na Ceres onderweg was nadat hulle 'n erediens bygewoon het, het die pad naby die Durbanville-afrit verlaat toe 'n agterband gebars het.

"Ek het net die harde klapgeluid gehoor en toe swaai ons oor die pad," het 'n vrou vertel.

Die taxi is 'n afdraand af, deur 'n sement afvoerkanaal en het 'n draadheining plat gerol voordat dit op sy dak te lande gekom het.

Klarita Seroon (35) en Sarie Hartnick (43) het gesterf. Gister was daar nog drie van die kerkgangers in die hospitaal.

Die ongeluk het gebeur naby die plek waar verlede maand twaalf mense van Ceres beseer is toe 'n bakkie die pad verlaat het.

* A taxi ploughed into farmland on Sunday after a tyre burst, killing two people..


Hoop vir oorvol polisiestasie

Malané Bosman

[ Top ]


'n POLISIESTASIE van meer as R24 miljoen sal in 2007 deur die lede van die Paarl-Oos polisie in gebruik geneem kan word.

Dié stasie, wat 47 jaar gelede met sewe lede geopen is, bars uit sy nate en is in 'n haglike toestand.

Soos polisielede, slaak ook die gemeenskap 'n sug van verligting oor die aankondiging dat die nuwe stasie by die kruising van Meaker- en Van der Stelstraat opgerig word.

Vandag werk 114 lede uit die polisiestasie in Klein Drakensteinweg, met nog 34 speurders wat noodgedwonge in die polisiegebou in Bergrivier Boulevard gehuisves word.

Die stasiekommissaris en die hoof van gemeenskapsdiens deel 'n kantoor so groot soos 'n spens.

Finansiële amptenare en misdaadintelligensie-offisiere sit in een vertrekkie.

Misdaadvoorkoming en  Kommunikasie sit skouer aan skouer in 'n opslaan hok.

In die ander opslaangebou moet 'n operasionele hoof elke keer as verdagtes vir ondervraging ingebring word, sy kantoor ontruim.

Inligtingspersoneel moes in 'n vrouesel inskuif.

Daar is  twee toilette vir die meer as honderd personeellede, en dié word ook deur die publiek gebruik.

In die aangrensende gebou, die eenmalige stasiebevelvoerderswoning, is nog 'n badkamer.

Die kombuistafel van hierdie ou huis word gebruik deur speurders wat verdagtes by Paarl-Oos ondervra, asook as opskepplek vir etes vir die aangehoudenes in die polisieselle.

'n Fotostaatmasjien wat in die kombuis staan omdat  die logistieke kantoor te klein is,  word  elke aand vir veilige bewaring na die kantoor teruggeskuif.

Die beheerkamer is seker die kleinste in gans Suid-Afrika, meen die lede, en die klagtekantoor is donker en beknop.

Misdaadvoorkomings-

lede moet tevrede wees met stukkende opslaangeboue sonder behoorlike ventilasie.

Lemmetjiedraad  en gaas voor selvensters word van buite af oopgedwing om veral rookgoed deur veiligheidstralies vir aangehoudenes aan te gee.

Buite beheer

"Wat ons kon gedoen het, het ons gedoen, maar die polisie het nie beheer oor wat die departement Openbare Werke verskaf nie," het Boland area-kommissaris Ganief Daniels verlede week by navraag gesê.

"Openbare Werke het 'n jaar gelede gesê Paarl-Oos is 'n prioriteitstasie. Ek besef die mense raak nou gefrustreerd."

Die provinsiale kommissaris van polisie, Mzwandile Petros, was "uiters geskok" oor die toestande toe hy onlangs die stasie besoek het.

Kommissaris Daniels het daarop gewys dat 'n nuwe Paarl-Oos polisiestasie 'n groot projek is.

 "Dit kan nie met die onlangse opknapping van die bestaande Paarlstasie, of die huur van die gebou vir die totstandkoming van die Mbekweni polisiestasie, vergelyk word nie.

"Klein en groot werke het verskillende begrotings van Openbare Werke. Anders as die ander twee, is Paarl-Oos se kapitaalwerke bo R5 miljoen."

Nuwe stasie

Verlede maand is die grond vir die nuwe stasie aan Van der Stelstraat, langs die Chicago woonbuurt en net wes van die Allandale Gevangenis, aan die polisie oorgedra.

R24,5 miljoen is vir die stasie bewillig. Voorlopige planne word geteken volgens 'n behoeftebepaling wat plaaslik gedoen word.

Met die 12 maande vir voorbereidings, die tendertydperk en die 18 maande lange bouperiode, word beplan om die gebou teen einde 2007 in gebruik te neem.

Dit sal 250 lede huisves, met 'n behoorlike diensarea, kantore, logistiek, kommunikasiesentrum, ondersoek-eenheid, uitkenningslokale, aanhoudingselle vir mans, vroue en jeugdiges en genoeg parkering en store.

"Noudat ons hierdie onderneming het, kan ons ook tydelike verligting vir die lede bring by die bestaande gebou," het kommissaris Daniels belowe. "Hulle kan nie langer so werk nie.

"Het ons die gebou reeds vroeër opgradeer, het ons dalk nooit 'n nuwe gekry nie."

Daar word nou met die Munisipaliteit onderhandel om nog vanjaar die ou poskantoorsaal agter die huidige polisiestasie in te rig as klagtekantoor en kantore.

"Die Raad is baie positief, en ons is dankbaar daarvoor," het kommissaris Daniels gesê.

* A multi-million rand police station is due to open near Chicago, Paarl East, in 2007.


Aanslag op drankwinkel

Malané Bosman

[ Top ]


'n SWANGER vrou moes oor die vloer kruip voor gewapende rowers wat Maandagoggend 'n drankwinkel op Wellington ingeval het.

'n Man het die oggend kort na oopmaaktyd by die Weltevrede Drankwinkel 'n koeldrank gekoop. Hy het uitgestap en sekondes later saam met twee makkers teruggekeer.

Die rowers het doodluiters tot voor die drie kassiere agter die toonbank gestap, pistole uitgepluk, dit op die vroue gerig en oor die toonbank gespring.

Die kassiere, waarvan een agt maande swanger is, is beveel om op die vloer te lê in die kantoor waar hulle opgesluit is.

Die bestuurder, Johan du Toit, is beveel om die sleutels van die kluis te oorhandig en ook saam met die assistente op die vloer te lê.

"Dit het alles so vinnig gebeur dat 'n mens nie eens tyd gehad het om bang te wees nie. Ek was net baie bekommerd oor ons kollega wat so ver swanger is," het een van die vroue ná die voorval gesê.

'n Stoorman wat onbewus van die drama ingekom het, is teen die grond gegooi en geskop. Hy is later vir gebreekte ribbes in die hospitaal behandel.

Die mans is daar weg met sowat R20 000, kort voordat die polisie daar opgedaag het.

'n Xhosa-sprekende man wat op die stoep van die drankwinkel gestap het toe die rowers daar in is, het gehoor dat hulle die rooftog beplan.

Hy het vinnig by die supermark langsaan ingegaan en die kassiere versoek om die polisie te skakel.

Misdaadbekampingslede Eugene Delport, Steven McGregor, David Gideon en Pieter Maritz het die radio-uitsending van die rooftog gehoor waar hulle  bewaking  by die Paarlse landdroshof gedoen het.

Hulle het onmiddellik in hul motor gespring en deur Mbekweni na Weltevrede gery.

In Sandstraat het hulle die wit motor waarmee die rowers weggekom het, 'n Mazda wat in Bellville gesteel is, opgemerk. Daar was geen teken van die rowers nie.

Drie moontlike verdagtes wat naby die drankwinkel gestaan het met geldnote om hul voete, is deur die Wellington polisie vir ondervraging aangehou.

Dit het egter geblyk dat hulle besig was om 'n tent vir 'n kerkdiens op te slaan. Die kontant was dié wat kort tevore laat val is toe 'n voetganger  deur 'n onbekende rower van sy beursie beroof is.

Die drankwinkelrowers is nog op vrye voet, vermoedelik in die Skiereiland.

* Armed robbers held up the Weltevrede Liquor Store this week.


Polisie te vinnig vir motordiewe

[ Top ]


BINNE minute nadat 'n voertuig verlede week op Wellington gesteel is, het die polisie dit teruggekry en die dief agter tralies gehad.

"Alle eer aan die Wellingtonse polisie," het 'n dankbare vrou van die Uitsig-woonbuurt gesê.

"Ek het die nag kwart voor drie wakker geword en gehoor hoe ons Toyota Stallion uit die erf gery word. Ek het dadelik 873-3333 gebel."

Dankie mevrou, ons is dadelik daar, was die reaksie in die klagtekantoor.

"Binne minute was daar drie patrollievoertuie, die honde-eenheid en die Plaaswag. Hulle het weer gebel om ons gerus te stel, en skaars agt minute later het hulle ons Stallion teruggehad."

Die bestuurdersdeur was oopgebreek en die motor met 'n lopersleutel aan die gang gesit.

Die Stallion is vir vingerafdrukke na die polisiestasie geneem, en is nou by 'n werkswinkel waar die slot herstel word.

Eric Mthunzi en Vincent Malabuyali van Khayelitsha is met die voertuig in Montpellierstraat, digby die Proteastraatwoning waar hulle dit gesteel het, vasgetrek.

'n Jaar gelede is 'n Toyota bakkie ook uit dieselfde erf gesteel. Dié voertuig is steeds weg. Twee weke daarna is daar gepoog om 'n Stallion te steel van die huiseienaar, wat sy besigheid van die huis bedryf.

"Ons erf is oop, dis nie moontlik om dit te omhein nie, maar hierdie keer was die polisie net te goed vir die diewe," het die vrou gesê.

* Die naweek is daar twee voertuie in die Paarl gesteel.

'n Wit Nissan bakkie, CJ 7786, het Vrydagmiddag uit Treurnichtstraat verdwyn. Dié bakkie is later deur die polisie in Stikland opgespoor.

Vrydagnag is 'n rooi Mazda bakkie, CJ 35357, buite 'n kuierplek in Jan van Riebeeckweg, Huguenot, gesteel.

Inspekteurs Anel Swanepoel en Githa Kilian (807-4000) ondersoek hierdie diefstalle.

* The Wellington police were too quick for car thieves.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]