safetop
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 12 February 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 20 February  2004 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Arts - Kunste


wcupidoFC

JONG TALENT. Jovan-ré Cupido en Candi-Lynn Hendricks van Wel- lington is beslis 'n sangpaar om dop te hou vir die toekoms. Hulle was die wenners van die afdeling Junior Duet tydens die Drakenstein Klop- sekompetisie. Jovan-ré het ook, vir die derde agtereenvolgende jaar, die afdeling vir Junior Solosang gewen.


Waterwyser terug in Paarl

[ Top ]


NICO LUWES se briljante komedie Die Waterwyser word weer van 5 tot 13 Maart op aandrang van die publiek in die Ou Meulteater in die Paarl opgevoer.

Joey de Koker speel die hoofrol van Ouma Driedoring. Ander rolle word vertolk deur Celia Kok (Anna), Anene Loots (San), Freek van Zyl (Willa Water), Willem Coetzee (Gert Laventel) en Marié Smidt (Nelia Konsert).

Ouma Driedoring en haar man, Tollie, het op  Driedorings geboer. Na Tollie se oorlye, trou Ouma met Hans Koejawel en verhuis na die naburige plaas Tweehasenmeteenslagraakgegooifontein.

Die oudste dogter, Anna, was getroud met Pieter van der Vyver wat Driedorings by Ouma gekoop het vir 300 pond. Ouma het egter vergeet waar sy die geld so weggesteek het.

As gevolg van Pieter se suipery, moes Driedorings later op 'n vendusie verkoop word. Omdat Ouma vergeet het waar sy haar geld gebêre het, koop Gert Laventel die plaas vir 'n skamele 100 pond.

Ouma en Anna is nou  weduwees en woon op Tweehasen saam met die jonger dogter, San. Gert en dié se suster, Nelia Konsert  boer op die plaas Driedorings.

Nou sit Gert met 'n nat gat - en die vroue 'n droë gat...

Kaartjies by Print Right en die deur.


Kwintet by La Motte

[ Top ]


DIE Eves Strykkwintet is Saterdag om 19:00 in die historiese kelder op La Motte.

Hierdie kwintet, afkomstig uit Manchester, Engeland, toer deur Suid-Afrika met 'n program wat bestaan uit strykkwartette en strykkwintette van Mozart, Mendelssohn en Shostakovich.

By hulle aankoms word gaste met 'n drankie verwelkom en na afloop kan hulle die kunstenaars ontmoet.

Toegang is R95 per persoon. Bespreek by die proelokaal op La Motte, of tel 876-3114/9 (Comari).


'Suig' in amfiteater

[ Top ]


DIE trefferkabaret "Suig" van Gys de Villiers is tot Saterdag om 20:15 te sien by Oude Libertas op Stellenbosch.

"Suig is 'n feesviering van die teater in al sy dimensies: oorspronklike musiek, bewegingsteater, die woord en beeldhouwerke word ingespan.

Gys het die kabaret saam met die driemanskap van Stok aangepak. Jahn Beukes, Wouter van de Venter en Leon Ecroignard het die musiek geskryf en is ook saam met De Villiers op die verhoog.

Suig is 'n kabaret vol mites en towerkrag waarin die vier braafste krygers van die land Krid op 'n reddingstog is om die Wir, wat deur die vrou Treb gesteel is, terug te bring.

Hulle is gewapen met die wysheid van die padda (Leon Ecroignard), die insig van 'n engel (Wouter van de Venter), die dissipline van 'n kaptein (Jahn Beukes) en die geesdrif van 'n nuweling (Gys de Villiers).

'n Mens word betower deur die magiese wêreld wat die vier skep.

Jy lag vir hul kaskenades en vrees ook vir hul lewens wanneer hulle die verleidelike vrou Treb in haar eie gebied aanvat.

Treb is 'n soort Muse wat elkeen uitdaag om opnuut die bronne van kreatiwiteit in hulself te ontdek.

De Villiers verken verskeie aspekte van menswees, soos selfwaarde en -aanvaarding, en terselfdertyd kyk hy na manlikheid, die seksuele en kunstenaarskap.

Simbolies kan 'n mens Suig beskou as die kunstenaar se soeke na die Muse.

"Dis my naam agterstevoor," sê Gys, en met die sukses van dié stuk het hy ook sy lewe omgedop.

Kaartjies kos R50. Bespreek by 809-7380 of die Oude Libertas kaartjiekantoor.


Ballet Soirée at Barnyard

[ Top ]


BALLET SOIRéE, a combination of two of Cape Town City Ballet's most successful recent productions, Classic Highlights and SwingTime at the Ballet, will be presented at the Barnyard Theatre in Groot Drakenstein tomorrow night.

'Classic Highlights' is a programme of romance and passion that emphasises the excitement, elegance and artistry of classical ballet at its very best.

Cape Town City Ballet brings you some of the greatest pas de deux in dance history.

From the spectacular Le Corsair, made famous in the West by Rudolf Nureyev, to Veronica Paeper's Merry Widow first choreographed on the Cape Town City Ballet (then Capab Ballet) in 1988.

The exciting Habanera from Carmen and Raymonda's Wedding, includes the whole company, ensures a spectacular first half of the evening.

In the second half you can see 'SwingTime at the Ballet'. This production showcases the diverse talent of the Cape Town City Ballet dancers, incorporating varied dance styles such as tap, jazz and big band show dancing.

Sean Bovim's work takes the audience on a nostalgic journey through music and dance, using both instrumental and vocals from artists such as Cole Porter, Frank Sinatra and Nat King Cole.

His work takes on a trip to the romantic and exciting bygone era where music and dance was associated with style, romance and glamour.

"My ballet has more to do with the enjoyment and celebration of dance," says Bovim of his work.

This season features the entire company and includes favorite dancers like Tracy Li, Daniel Rajna, Marianne Bauer and Johnny Bovang.

Bookings with Robyn on 874-1505 or theatre@bridgehouse.org.za. Tickets are R90 (pensioners and students R40). Doors open at 18:30, curtain up at 20:00.


Kunstefees beplan

[ Top ]


DIE organiseerders van die Oukraal Kunstefees, wat verlede jaar die eerste keer in die Paarl aangebied is, is reeds besig met beplanning vir vanjaar. 'n Vergadering word op Woensdag 25 Februarie om 18:30 in die Ou Meulteater gehou om gedagtes uit te ruil. Alle belangstellendes is welkom.

"Ons wil almal betrek en sien daarna uit om so 'n verteenwoordigende groep moontlik daar te hê," sê organiseerder Andrew Strauss. Skakel hom by 872-6651.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za