|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
TYDENS 'n wettige polisie-optrede op 24 Januarie te Jangroentjiestraat in Amstelhof, was ek geskok deur die publiek se houding jeens die polisie. Myns insiens was die polisie korrek en professioneel in hul werkswyse. Wat egter verontrustend en kommerwekkend is, is die houding van sommige lede van die publiek tydens sulke optredes. Die polisie het nie die publiek se toestemming nodig om in sekere gebiede te opereer nie. Die wyse waarop sommige lede van die publiek die polisie wil verhinder in die uitvoering van hul pligte is skokkend en afgryslik. Nie net word die polisie beledig en verbaal verneder nie, maar ook fisies verhinder om hul pligte uit te voer. My beskeie mening is dat die polisie moet begin om mense te vervolg wat hul verhinder om hul pligte uit te voer. Diegene wat vir hulle dronk hou en op die polisie skel en vloek, moet sonder aansiens des persoons gearresteer en vervolg word. Dit sal hul werk in die toekoms vergemaklik. Ten slotte wil ek graag die wens uitspreek dat beter samewerking tussen die polisie en die publiek bewerkstellig moet word. Charles Solomons |
|
|
|
|
I WANT to bring to your attention the terrible conditions we as ratepayers have to put up with when we make use of the municipal office on Charleston Hill to pay our accounts. Ever since I can remember I have been driving over huge stones to get to the parking area and walk across to the entrance of the building. Why can't the Municipality lay some paving and make decent parking bays with trees and shrubs to beautify the area outside the offices? Inside the building the ladies are very friendly and helpful. I do hope that will improve before they ask us to vote for them Concerned Ratepayer A municipal spokesman replies: There is an existing tarred parking area for use by the public with business at the office, which is large enough and is linked to the building by a paved pathway. It is not directly in front of the building, however, with the result the staff and most members of the public park on the unpaved area. The Council will have to decide whether funding is available to extend the tarred area closer to the building. |
|
|
|
|
EK wil graag die dame wat op 4 Februarie amper oor my voete gery het, vriendelik waarsku: Met so 'n houding in die Nuwe Suid-Afrika gaan sy nêrens kom nie. Ek het net uit my motor geklim in die parkeerarea van Jan Phillipsplein toe ek 'n paar vriende raak- loop. Ek was nog besig om toe te sluit toe die vrou met 'n spoed met haar maroen Opel Astra met 'n CN registrasienommer ons behoorlik laat wegspring het van mekaar. Sy het my behoorlik teenaan my motor vasgedruk. Ek moes myself letterlik tussen die twee motors uitskuif. Na 'n woordewisseling loop sy vinnig weg sonder om parkering te betaal. Toe ek terugkom na my inkopies, was die motor nog steeds daar. Ek moes myself behoorlik inwurm in my motor. Sy kan haar sterre dank dat ek myself in toom gehou het, anders was sy dalk vandag die skrywer van die brief. Woedende Paarliet |
|
|
|
|
EK was vir rusverstoring toegesluit in die Wellingtonse polisie aanhoudingsel op 23 Desember verlede jaar. Die sel was vuil, het na urine gestink en daar was "goed" wat my gebyt het op my rug, arms en voete - die merke op my liggaam was na twee weke nog duidelik sigbaar en ek moes behandeling kry. Ek weet die SAPS het 'n moeilike taak om te verrig, maar seer sekerlik moet hulle darem ook sekere standaarde hê waaraan hulle moet voldoen. Priscilla Robinson Wellington polisiewoordvoerder Marcell Rhode antwoord: Die welstand van die publiek word hoog geskat. Die sel word daagliks met hoëdrukwaterpype uitgespuit, ontsmet en die komberse omgeruil. Plaagbeheer word ook op gereelde basis toegepas. |
|
|
||||||||||||
|
THE threat of rape has become the legacy of especially women and children in South Africa. Expensive media campaigns and appeals by well-known personalities seem to have no effect on the behaviour of these sexual transgressors. One of the problems in the past seems to have been that jail sentences did not always reflect the devastating impact of rape on the victim, her life and her family. Recently however, magistrates have shown greater intolerance towards rapists and sentences are markedly heavier. Last week a local man received a double life sentence for raping a teenager and on Saturday a man was jailed for 32 years, after raping and injuring a teenage girl. Magistrate Patrick Ross said it was time for more severe sentences. He described rape as an epidemic, a cancer in our society. He added that rape is not only an assault on the woman's body, but also on her integrity. His appeal that courts should send out a message of no tolerance, can only be applauded by civil society. |
||||||
|
||||||