|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
DIE karnaval van die Wellington kampus van die Kaapse Technikon vind hierdie naweek plaas, met Strokieskarakters as tema. Die vlotoptog vind Saterdagoggend in Kerkstraat plaas, met Mej Karnaval finaliste op die vlotte. Die week het afgeskop met 'n musiekfees en die kroning van Mnr Karnaval. Vanaand word 'n potjiekosaand gehou en môreaand word vlotte gebou. Die week word Sondagaand afgesluit met 'n spesiale erediens. Mej Karnaval word Woensdagaand gekroon. |
|
|
||||||||||||
|
IN al wat winkel is, is die rooi en wit van Valentynsdag te bespeur, en teen Saterdag sal dit dol gaan soos mense op die nippertjie 'n geskenkie vir daardie spesiale persoon gaan soek. Ander sal weer die dag vier met 'n romantiese piekniek of ete in 'n intieme restaurant, of selfs 'n perderit vir twee. En die skames sal dalkies net die moed kry om 'n naamlose kaartjie by die regte adres af te lewer. Want daar is baie mense wat glo die liefde moet versterk word met romantiese geskenke of mooi gebare. Maar nie almal stem saam dat hierdie dag romantieser is as ander nie. Of dalk het hulle nog net nie die regte persoon gekry om die dag mee te deel nie. Christopher Booysen is een wat meen dié dag word net gevier om geld te maak. "Hoekom nou net een dag uitsonder?" wonder hy. "Dis net 'n mors van tyd en geld om blomme en geskenke te koop." "Dit is net 'n geldmakery. 'n Mens hoef nie geld uit te gee om te wys hoe gee jy om vir jou spesiale iemand nie," sê hy. Maar ten spyte van sy opmerkings, het Christopher nogtans 'n kaartjie vir sy spesiale vriendin gekoop. Hy hoop om met die "liefdesbewys" 'n groot klip in die bos te gooi en sy vriendin nog bewus van sy gevoelens te maak. Want al wat hy vir Valentynsdag wil hê, is om vas uit te gaan en 'n lekker soentjie by haar te kry. Clive Appollis, 'n student, sê hy het nog nooit die dag gevier nie. |
||||||
|
"Ek glo nie daaraan nie. "Party mense maak 'n groot ophef van die dag, maar vir my is dit maar net nog 'n dag in die maand." Lynzey Adams, ook 'n student, wil weet hoekom daar een dag in die jaar uitgesonder word waar geliefdes mekaar bederf. "Ek dink mense moet elke minuut van elke dag vir mekaar wys hoe spesiaal hulle is en hoe lief hulle vir mekaar is." Isabel Visagie voel ook dis onregverdig om net een dag van die jaar uit te sonder, maar sy sal nogtans nie kla as sy Saterdag lekker bederf word nie. "Die ideale geskenke wat ek graag wil hê is 'n groot bos rose, 'n kersligete op die strand en baie liefde", sê sy. Martin Dyason sê dié dag is die perfekte geleentheid om vir iemand skelmpies 'n presentjie te gee. "Baie meisies hou van teddiebere en as 'n ou 'n meisie in die oog het, maar hy is skaam, kan hy van Valentynsdag gebruik maak as 'n verskoning om sy gevoelens te wys," sê hy Sy skool hou ook 'n Valentynsbal en hy sien uit om sy spesiale vriendin na die bal te neem. Musiek is die taal van liefde, meen Lyle Jephthah, wat by 'n plaaslike musiekwinkel werk. "'n CD is altyd die perfekte geskenk en is baie gewild, veral onder die mans." "Ouens sal liewer 'n CD ontvang, pleks van om 'n beertjie of 'n kaartjie te kry," sê hy. Vir hom is Valentynsdag dié dag om iemand te wys hoe spesiaal hy/sy regtig vir jou is. "Maar geliefdes moenie net op dié dag bederf word nie," maan hy. Rina Williams, 'n blommeverkoper, sê dit is die gewildste tyd van die jaar vir blomme. "Veral rooi rose en rooi angeliere is baie gewild hier voor Valentynsdag, wanneer die pryse daarvan ook styg", sê sy. Rooi rose wissel vanaf R7 tot R10. Dié blom is vir baie mense te duur, dan koop hulle enige ander blom en ander kleure. Dit hang meestal van die markprys af wat die prys van die blomme bepaal sê sy, maar sy het genoeg rose vir Valentynsdag bestel. Ansie Smidt, bestuurderes by 'n geskenkwinkel, sê hulle is al vir die afgelope weke baie bedrywig. Elke jaar met Valentynsdag is daar 'n stormloop na Valentynskaartjies en -presente. Maar heel gewildste is die teddiebere. Sy meen dat die verkope weer so goed gaan wees soos verlede jaar, indien nie beter nie. "Dit bly maar 'n romantiese dag, veral vir jongmense." |
||||||
|
||||||