safetop
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 12 February 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 20 February  2004 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Sport


wsitFC

UITHAAL. Rhodé Jordaan van La Rochelle haal alles uit in die verspring-item vir vroue tydens Saterdag se Boland/WP liga atletiekbyeenkoms wat op Daljosafat gehou is. Sy het 'n afstand van 4,69m gespring vir haar derde plek. Okkert Brits was een van die groot name wat deelgeneem het. Brits het die Olimpiese kwalifiserende hoogte van 5,67m tydens die byeenkoms behaal. Die beste prestasie van die dag was deur Alrico Farmer van Maties in die verspring. Sy sprong van 7,53m het nie net die junior-rekord verbeter wat al van 14 jaar lank staan nie maar ook die senior rekord wat in 1987 opgestel is.


Paarl-Oos gee pak

[ Top ]


DIE manne van Paarl-Oos Krieketklub het Saterdag op Kraaifontein vasgeskop en vir Oostelikes met vier paaltjies geklop.

Die tuisspan het op 68/4 gestruikel, maar 'n 70-lopie vennootskap tussen die nommer sewe en agt kolwers het Oostelikes uit die penarie gehelp.

B Cupido (38), B Patterson (32), Gerhard Strydom (30) en L du Plessis (22) het bydraes gelewer vir die 169/8 na 60 boulbeurte.

Justin Watts (4/51 in 15bb, 1 leeg) en Graig Abrahams (3/14 in 12bb, 3 leeg) was die boulers van Paarl-Oos wat skade aangerig het.

Paarl-Oos se eerste paaltjies kantel met die telling op slegs 16, maar hulle herstel en kom weer op stryk met 110/3.

Hierna het die besoekers ietwat oorhaastig geraak met Zynodien Fredericks (43) en Jackie Daniels (63) wat albei uitgehardloop word nadat hulle 'n vennootskap van 82 opgestapel het.

Dominic Daniels (21 van 10 balle) het ook 'n juweel van 'n beurt gespeel om Paarl-Oos uiteindelik op 171/6 te bring vroeg in die 59ste beurt.

Justin Visser (2/57) en B Gannon (2/24) was Oostelikes se top boulers.

Die tweede span se wedstryd teen Bergrivier II moes na Parysvelde verskuif word, nadat die buiteveld Donderdagaand afgebrand het.

Darren Isaacs (113 4x20), Morné Albanie (78 4x9, 6x1) en Kurt Carolissen (58 4x5) het vir Bergrivier 298 in 58 beurte besorg. Die drie kolwers het behoorlik vuur onder die boulers gemaak.

Isaacs en Albanie se vennootskap van 139 lopies om die vyfde paaltjie het sake gered toe die span op 38/4 teen die planke was. Albei kolwers het die veld weens hitte-uitputting verlaat.

Garth Lewis 3/73 in 16bb), Ronny Simpson (2/35 in 7bb) en Angelico October (2/20 in 2bb) was die tuisspan se beste boulers.

Paarl-Oos moker 259/9 in hul 60 beurte, Heino Erasmus (57 4x6) en Wilton van Neel (52 4x3,6x3) het 'n vennootskap van 77 om die vyfde paaltjie aangeteken terwyl Philip Olivier (37 4x5) en Sam Titus (22 4x3, 6x1) ook bydraes gelewer het.

Twee verbroude vangkanse teen die einde kon Bergrivier die wedstryd laat wen het, maar beide spanne moes met 'n onbesliste uitslag tevrede wees.

Carolissen (3/45) en Isaacs (2/38) was Bergrivier se beste boulers.

Saterdag speel Paarl-Oos weg teen Hermanus, terwyl die tweede span Sondag teen Korrektiewe Dienste op Allandale kragte meet.

* Zynodien Fredericks, Jackie Daniels, Graig Abrahams en Hilroy Paulse is in die Boland Streekspan ingesluit wat op 22 Februarie teen die Boland Akademie-span op die Parysvelde speel.      


Paarl's cricket boys are back on track

[ Top ]


AFTER an indifferent showing against Paarl East and Vredenburg/Saldanha during the previous two weeks, the Paarl Super League team returned to their winning ways on Saturday, when they thrashed Victorians by nine wickets at Coetzenburg.

Sent in to bat on a seamer's paradise, the home team crashed to 75 all out, with Schalk van der Merwe (32) fighting a losing battle against the accurate bowling of Henley Julies (3/8) and Anwell Newman (5/21).

Dave Callaghan (2/37) showed that he can still exploit the conditions, to wrap up the Victorian innings before the second drinks break.

Erasmus Hendrikse (38) followed up Friday night's Man of the Match performance for Boland against Free State, by hitting six boundaries in a 70 run opening partnership with Callaghan (37 not out), who also showed a return to form with six fours and a six.

Paarl II earned an honourable draw against Stellenbosch & Districts at Idas Valley, after being set the stiff target of 307 in 60 overs.

Hilton Solomons (123) played a confidence building innings with eight sixes and 10 fours, being particularly severe on Doc Arnolds.

Ably supported by William Petersen (39), Graham Adams (38), Kurt Martin (26) and Cameron Cupido (27*), Solomons anchored the innings for his team to share the spoils at 293/8.

Paarl III had a walk-over victory against Correctional Services, winning by 166 runs at the Parys grounds, after scoring 234 in their allotted 60 overs, and then dismissing the visitors for a paltry 68.

Andrew Cupido (94) was unlucky to miss his maiden century, while Trevor Isaacs (6/16 in 10 overs) ensured that his team mates could take early showers.

On Saturday Paarl I travel to Brackenfell, Paarl II are home to Van der Stel.


Bolanders al kookwater voor rugbyseisoen begin

[ Top ]


AS die Boland Kavaliers dieselfde rugby kan opdis waarmee hulle Vrydagaand die twee spanne van die WP Vodacomgroep geklop het, dan lê daar 'n baie goeie seisoen vir die Wynboere voor.

Die Boland B het die WP se Cupido-span 53-21 geklop terwyl die Linee-span 45-31 teen die Boland C span verloor het.

Goeie ondersteuning en gekonstruktureerdheid was opvallende in albei spanne se spel.

Sy spelers se goeie vorm so vroeg in die seisoen het hom ietwat onkant betrap, bieg die Kavaliers se breier, Hawies Fourie.

"Ek was baie verras maar terselfdertyd ook baie tevrede. Die spelers het my regtig beïndruk. Hulle het ongelooflik min foute begaan en min balle in die kontaksituasies verloor, iets wat maar altyd vroeg in die seisoen pla," het Fourie gesê.

Die jong linkervleuel, Jongikya Nokwe, het veral die oog gevang met sy blitsende naellopies langs die kantlyn af.

Fourie beaam Nokwe se goeie vertoning. "Hy is baie talentvol en het ongelooflik baie spoed. Hy kort nog 'n bietjie afronding wat betref sy hantering maar ek dink vanjaar gaan sy jaar wees. Hy was een van die uitstaande spelers van die aand," het Fourie gesê.

Die Kavaliers speel op 25 Februarie 'n vriendskaplike wedstryd teen die Valke op Wellington. Boland skop sy Vodacom-seisoen op 27 Maart af teen die WP. Dié wedstryd sal op Nuweland gespeel word as voorwedstryd vir die Stormers en Bulls kragmeting.


Ontong moker 122 vir maklike sege

[ Top ]


'n ONOORWONNE 122 deur Justin Ontong het Saterdag op Daljosafat die basis gelê vir die eerste span van Young Peoples se sege oor Stellenbosch/Distrikte.

Die tuisspan het met vyf paaltjies gewen.

Die Stellenbossers behaal 231/7 in 60 beurte met Riaan Jephta (4/44) wat die paaltjies inoes.

Peoples kolf deurentyd baie goed en behaal 235/5 met Ontong, Brendon Gabriels (28nun) en Edwin Jacobs (23) wat goed kolf. Ontong se telling het 12 grenshoue en drie sesse ingesluit.

Die derde span het ook op die Dal vir Spes Bona met 92 lopies geklop.

Peoples behaal 197/10, met Stanton Kamalie (62) en Grant Kuilen (65) wat lopies kry.

Die besoekers word uitgeboul vir slegs 105 lopies met Jarier Alexander (5/41) en Kenneth Langeveldt (2/19) wat paaltjies kry.

Saterdag speel Peoples I weg teen Victoriane, Peoples II tuis teen Brackenfell II en Peoples III weg teen Van der Stel.

* Die klub hou vandag om 19:00 by hul klubhuis 'n belangrike algemene vergadering. Alle spelers moet teenwoordig wees. Navrae: I Moffat 084-662-1881.


Steyn se Olimpiese droom word uitgestel

[ Top ]


DIE Taekwondo-vegter, Anelle Steyn, se droom om vanjaar aan die Olimpiese Spele deel te neem, sal vir eers 'n droom moet bly.

Steyn het tydens die Afrika Olimpiese kwalifiserende toernooi twee weke gelede in Kaïro, Egipte, 'n bronsmedalje verower, maar dit was nie goed genoeg om vir haar 'n plek in die SA Olimpiese span na Athene te verseker nie.

Slegs die eerste twee plekke in elk van die gewigsafdelings het vir die Spele gekwalifiseer.

"Ek was daardie dag baie teleurgesteld. Ek het gewonder hoekom ek vir 14 maande so lank geoefen het, net om dit nie te maak nie," het Anelle verlede week gesê tydens 'n kort besoek aan haar ouerhuis in die Paarl.

Steyn het in die semi-finaal uitgeval teen 'n vegter van Morokko wat haar 10-4 geklop het.

"Ek was oorhaastig en het my konsentrasie verloor teen 'n baie ervare teenstander," vertel sy.

Haar erge teleurstelling was egter net tydelik, sê sy.

"Agterna het ek egter besef dat dit net 'n basis is, dat die Olimpiese Spele van 2008 en 2012 nog voor- lê.

"Ek het baie geleer tydens die afgelope maande se oefening en ek het goed geleer wat vir my in die laaste ronde van dié toernooi gewerk het," vertel die 19-jarige wat die afgelope tyd in Johannesburg geoefen het as deel van die Nasionale Olimpiese Komitee van SA (Noksa) se oefengroep van uitnemende atlete.

Intussen maak Anelle gereed om 'n kursus in grafiese ontwerp aan die Universiteit Pretoria te volg, maar is vasbeslote om nog steeds bo uit te kom in haar sport.

"Dit is net 'n tydelike terugslag en ek mik nog steeds vir 2008 se Spele."

Daar is egter goeie nuus, vertel Anelle, want Duncan Mahlangu wat ook deel was van Noksa se Elite-groep, het wel gekwalifiseer. Die Pretorianer het sy plek verseker tydens die Wêreld Kwalifiserende Toernooi in Parys.

Anelle het ook aan dié toernooi deelgeneem, maar is in die eerste ronde uitgeskakel.


Mahoney selected for
Els Foundation

[ Top ]


FOR the talented golfer, Trevor Mahoney, the dream of reaching the top is now closer.

Mahoney, who is one of the South African Golf Development Board players, has been invited to join the Ernie Els Foundation (EEF).

Mahoney is one of three youngsters who were honoured to receive this once in a lifetime invitation.

The purpose of the EEF is to identify, materially support and encourage a group of the best talent amongst underprivileged youngsters in the 12 to 20 age group (handicap 5 or less) and in doing so promote golf as a sport and create role models for the youth of South Africa, with the active support of Ernie Els.

To be accepted into the Ernie Els Foundation, personal attributes amongst other things are taken into account. These include behavior and attitude, lack of criminal record and an expression and advocacy of desire, dedication and discipline.

The game of golf has been part of 15-year old Trevor's life from a very early age.

He is the son of SAGDB Boland Coach Isaac Mahoney, who recently received an award for making a meaningful contribution in the lives of many youngsters and adults in his community through the game of golf.

Isaac has a practice green and a pitching range in his backyard, with the longest shot 40 metres from the pavement.

This is where his children, Trevor and Mark, who is also a member of the Ernie Els Foundation, practised together with other kids in the neighbourhood.

In 2002, Trevor featured number one on the Boland Foundation's u.14 merit list and also represented the u.14 Boland team.

In the same year, he also represented the Boland u.16 team and won the u.14 Hexangular Foundation Tournament at Brambill Hill, Fancourt.

In 2003, Trevor remained on top of the Boland Foundation u.14 merit list and was also adjudged the best Boland Foundation player of the year.

Trevor currently plays off a two handicap and is a member at Wellington Golf Club.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za