safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 12 June  2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 19 June 2003 at 17:00

Arts - Kunste

wspin

SPINNING WHEELS. The South African Alpaca Breeders Club recently held a seminar in Paarl, with specialised spinning tutorials on the alpaca fibre. Alpacas are known for their luxury fibre and have become extremely popular with spinners and weavers in the handcraft and home industry markets. The alpaca is a South American import, particularly suited to smallholdings, has strong tourism potential and is a source of employment to women in rural communities. Here some of the participants are spinning away on their wheels.


Le Fleur by museum

[ Top ]


DIE Paarl Museum het vandeesmaand 'n tydelike uitstalling oor 'n merkwaardige man, "Die Hervormer", Andrew Abraham Stockenstrom le Fleur (en die vestiging van die Griekwa-volk).

Die Griekwas is 'n volk van gemengde afkoms, met inheemse mense, slawe en Europese voorvaders.

Andrew Abraham Stockenstrom le Fleur is op 2 Julie 1867 op Herschel in die Aliwal Noord-distrik gebore.

Later van tyd het hy onder meer die Griekwas en Kleurlinge van die Kaapse Vlakte aangemoedig om hul eie grond te koop en sodoende selfstandig te word.

'n Versoek is aan die Kaapse koloniale regering gerig om kroongrond teen 'n nominale bedrag beskikbaar te stel. 

Toe hierdie versoek misluk het, het die Hervormer self grond by Eureka-landgoed gekoop.

 Die gevolg van hierdie inisiatief was dat die Griekwas en Kleurlinge grond kon besit tussen Retreat en Kraaifontein. 

Skakel gerus vir Jaline de Villiers of Elizabeth Bowes as u enige navrae het, by 872-2651.


Libertaskoor tree op

[ Top ]


DIE Stellenbosch Libertaskoor onder leiding van Johan de Villiers lewer op Saterdag 21 Junie en Sondag 22 Junie uitvoerings in die Endlersaal, Stellenbosch.

Die program is dieselfde vir die twee aande, en bestaan uit 'n verskeidenheid van gewyde, sekulêre en volksmusiek.

Uit die gewyde repertorium sing die koor onder meer dubbelkoor-komposisies van Mendelssohn en Vaughan-Williams, asook 'n motet van Casals.

Uit eie bodem word werke van Mzilikazi Khumalo en Dirkie de Villiers uitgevoer. Ook sal die eerste uitvoering plaasvind van 'n aantal kerkliedere uit die bruin gemeenskap, soos verwerk deur Marthie Driessen in opdrag van die koor. 

Verder is daar Spirituals, volksmusiek uit verskeie lande, asook die gebruiklike keuse van tradisionele etniese musiek uit Suid-Afrika.

Albei konserte begin om 20:15. Die kaartjies kos R45 en R65.  Besprekings by die Konservatorium, 808-2345.


Oud-Paarliet maak CD

[ Top ]


OUD-PAARLIET Vernot 'Jackson' Carolissen is deesdae die "Skottel" van die sangpaar Die Blikskottels. "Blik" is Wilfred Aploon, 'n boorling van Bonteheuwel.

Hulle het pas hul eerste CD, 'Is Gat Geroek', vrygestel.

Die album bestaan uit tien funky R&B Afrikaanse songs.

Die liedjies gaan oor mense se alledaagse lewe en daar is titels soos 'Ophou lien', 'Jy'sie een', 'Meisie vannie Kaap' en 'Amal hop'.

Vernot het sy musiekloopbaan op 16-jarige ouderdom begin, saam met Fire Ball.  Later is hy Johannesburg en Durban toe, waar hy verskillende groepe gevorm en opgetree het.

Nou het Vernot en Aploon 'n ateljee in Durban. Die nuwe CD is by DeeJays in die Paarl beskikbaar.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]