safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 12 June  2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 19 June 2003 at 17:00

Nuus - News


wbird

BIG BABY. There is no need to feel unwanted - not if you are a bird and you reside at the Animalzone in Klapmuts. If you are still too young to look after yourself, like this three-month-old Scarlet Macaw, Ettiene Larson will feed you with special porridge. He will even wipe your face should you mess on your delicate new feathers. Any bird friend is welcome to watch and learn, or to buy one of the many (often hand-reared) birds to take home as a pretty pet. Pic: Malané Bosman


Green light for mall

Malané Bosman

[ Top ]


THE light has changed from red, flashed through orange, and is now green for the R240 million shopping mall planned for Paarl South.

"We are going ahead," says developer Rodney Squire-Howe of Spire Property Services Group, after the purchase contract with Tiger Foods for the Langeberg site in Cecelia Street was finally signed last week.

"We would like to get the main contractor on site in Cecelia Street by early next year, once Tiger Foods has moved part of its production to other parts of the plant and demolished unused buildings."

The shopping centre of 35 000 square metres is to be built on 15 hectares of the old Langeberg site between Paarl railway station and Cecelia Street, for completion in 2005.

Doors opened for the project after approval by the relevant roads authorities as well as the Drakenstein Municipality, for a reconstructed access road from the N1.

After proposals for an access road from the N1 ran into opposition from residents and industries in De Soete Inval and Suider Paarl last year, it was back to the drawing board for the developers.

To enable road access to the Mall, the Worcester on-ramp to the N1 must now be moved to the west side of Main Street at the entrance to Paarl.

The developers will have to carry the cost for the road reconstruction (including the new off-ramp at Cecelia Street), totalling an estimated R15 million.

The N1 bridge over Main Street will be adapted to carry the traffic from the new on-ramp.

All necessary approval has been obtained for the access road from the N1, zoning approval and site development plans have been given the go-ahead by the Drakenstein Municipality. Detailed building plans are now being prepared.

Negotiations with major national retailers are now being finalised for anchor tenants in the Mall, Squire-Howe said.

"We are excited that the development is finally on track and are looking at property investments in Main Street, as there will be major spin-offs from the centre, especially in Paarl South."

Plans to erect a giant film studio complex in Paarl had to be ditched earlier this year, when the Tiger Foods premises were sold to the developers of the Paarl Mall.

The film studio will now be developed on the Culemborg station premises in Cape Town.

The plan to establish the Cape film studio in Paarl at a cost of R100 million, was the brainchild of Anton Nel, Hollywood filmmaker involved with the company Cape Town Motion Picture Studio (CTMPS).

CTMPS is partaking in a bidding process for a major film studio in the Western Cape.

The consortium found the Paarl premises, with its 78 000sqm of empty buildings, ideally suited to their needs.

According to Nel, no additional construction would have been necessary before filming could have started.

The site also offered ample space for outside shots and the construction of back lots.

"We had a 30 million dollar contract for a television series that we had planned to start shooting on the Langeberg site immediately," Nel said.

"But when our offer was declined, the filming moved to Australia."

Tiger Brands, owners of the Tiger Foods site, decided not to accept the film company's offer, as they were in the final stages of negotiations with the developers of the shopping mall when the new offer was brought to the table.


Raadslid geskors oor krag

[ Top ]


'n MUNISIPALE raadslid van Drakenstein, Titus Williams (NNP), is vir vier maande (van 6 Junie tot 6 Oktober) geskors deur die Wes-Kaapse Minister van Plaaslike Bestuur.

Die stadsraad het in Maart die Minister versoek om Williams van sy pos te onthef ná 'n spesiale ondersoek na 'n beweerde verbreking van die gedragskode.

Die skorsing is sonder salaris en sal Williams dus sowat R20 000 kos.

Williams het verlede jaar in die warmwater beland oor bewerings dat daar met die koopkragmeter in sy huis gepeuter is. Die meter het 'n negatiewe lesing van 51297,4 eenhede gegee ('n waarde van R21 652).

Williams het uiteindelik 'n bedrag van meer as R25 800 terugbetaal, waarna 'n nuwe meter geïnstalleer en die krag weer aangeskakel is.

Die spesiale ondersoekkomitee het bevind dat daar met die meter gepeuter is en dat Williams, op die sagste gestel, minstens daarvan bewus moes gewees het en dus ook van die "gratis" krag.

Hulle het ook bevind dat hy skuld aanvaar het vir die kragrekening en ook gebaat het by die krag waarvoor daar nie betaal is nie.

Volgens die komitee was Williams se gedrag skadelik en nie tot Drakenstein Munisipaliteit se beste voordeel nie.

* A Drakenstein town councillor suspended for four months after irregularities with prepaid power.


Veilig by die Paarlse hof

Malané Bosman

[ Top ]


VEILIGHEIDSMAATREëLS by die Paarl landdroshof het dorpsbewoners Maandag twee keer laat kyk.

Swaar gewapende polisiebeamptes en verkeersmanne is ontplooi vir die hofsaak waarin meer as 20 Pagad-lede verskyn vir vermeende oortredings in die Skiereiland.

Die parkeerarea agter die hofgebou is afgesper en motoriste is aangesê om verby te ry en verder parkeerplek te gaan soek.

Voetgangers is haastig om die versperrings gelei en al die moontlike uitgange by die hof asook uit die Paarl is bewaak.

Die hofsitting is "om veiligheidsredes" van Kaapstad na die Paarl verskuif, het 'n polisiewoordvoerder gesê.

Sewe beskuldiges is met polisievoertuie met loeiende sirenes uit Kaapse gevangenisse aangery.

Drie van die aangeklaagdes uit die Pagad-hiërargie het voorheen daarin kon slaag om uit die Kaapstadse Hooggeregshof te ontsnap.

Die beskuldigdes op borgtog het op die sypaadjie voor die polisiestasie saamgedrom.

Getuies in die saak, wat groot belangstelling in Wynberg uitgelok het, is in veiligheid gehou tot die hof in sitting was.

Geregsdienaars het die Paarlse publiek om verskoning gevra vir die ongerief vir die duur van die hofsaak, tot 20 Junie.

* Security at Paarl's court buildings in Berg River Boulevard was tightened with the appearance of Pagad members from Cape Town.


Rolstoele kry voete

Malané Bosman

[ Top ]


VYF rolstoele het die afgelope twee weke by Paarlse hospitale voete gekry.

Hospitaalpersoneel by die TC Newman Hospitaal in Paarl-Oos is raad-op, met meer as 150 bejaarde of gestremde pasiënte uit die daaglikse besoekersgetal van 950.

"Nou het ons net twee rolstoele oor," het matrone Rozella Davey gesê nadat vier rolstoele daar verdwyn het. Die vyfde stoel het by die Paarl Hospitaal weggeraak.

"Die rolstoele is vir ons ouer en swakker pasiënte. Baie van hulle loop met kieries en hulpmiddels.

Dis boonop nou koud, en hulle vind dit moeilik om uit die motors tot by die hospitaal te kom, en van een afdeling na die ander in die hospitaal."

Die rolstoele is gemerk met "TC Newman", of "Paarl Hospitaal", of "PAWK" (Provinsiale Administrasie Wes-Kaap) in swart koki of in rooi of swart verf op die rug van die stoel.

"Selfs al word die verf verwyder, sal die merke steeds duidelik wees," het sekuriteitshoof Jack Keyzer gesê.

Inligting dat 'n gebruikte rolstoel by 'n tweedehandse meubelwinkel in Klein Drakensteinweg te koop aangebied was, het sekuriteitspersoneel na die firma laat haas.

Met hul aankoms was die rolstoel egter reeds verkoop.

Skakel speur-kapt Riël Vlotman (807-4000) of hospitaalsekuriteitsman Jack Keyzer (872-1711) met inligting.

"Anonieme inligting is welkom," het Keyzer gesê.

"Ons wil vra dat die gemeenskap op die uitkyk bly vir ons rolstoele."


Seun skuldig oor pa se pistool

[ Top ]


DIE seun van die haarkapster wat onlangs in Paarl-Oos vermoor is, is skuldig bevind aan die diefstal en besit van sy pa se vuurwapen.

Darrian Januarie (19) is sewe weke ná die moord op sy ma, Lorna Januarie, op 4 April, in hegtenis geneem.

Hy is daarvan beskuldig dat hy die pistool van sy pa, Colin Januarie, gesteel het.

Darrian is op die diefstalklag gevonnis tot R500 boete of vyf maande gevangenisstraf.

Op die klagte dat hy 'n vuurwapen en ammunisie besit het sonder die nodige lisensie, is hy gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf, in die geheel vir vyf jaar opgeskort.

Lorna Januarie se moordenaar, wat die oggend van die rooftog by die haarsalon in Klein Drakensteinweg ook haar man in die onderbeen geskiet het, is nog nie aangekeer nie.


Dronkbestuurders word gepootjie

Leigh Reitz

[ Top ]


GEEN dronkbestuur sal op Paarlse paaie geduld word nie, was die boodskap wat die Drakenstein Verkeersdepartement die naweek met hul wetstoepassingoptredes uitgestuur het.

Sewe dronk bestuurders is beboet. Op die hoek van Lady Greystraat en die Bergrivier Boulevard het een besope motoris 'n robotpaal raakgery.

Saterdag is 'n wetstoepassingoptrede op die R44 naby Nelson's Creek gehou, waar altesaam 42 dagvaardigings uitgereik is vir spoedoortredings, een vir geen bestuurderslisensie en drie vir onderskeidelik registrasieplate, ongelisensieerde bestuurder en voertuie.

Sondag is veral raserige kuierplekke in Bergrivierstraat en Jan van Riebeeckweg geteiken.

'n Totaal van 38 boetes is uitgereik, vir oortredings soos ongelisensieerde motorvoertuie, parkeer op sypaadjie, verontagsaming van rooi verkeerslig en selfs sewe oortreders sonder bestuurderslisensie.

Patrollies is ook in die Arboretum gehou, waar daar gereeld gelawaai word.

En spoedvrate sal maar weer briek moet aandraai wanneer hulle naby Vlakkeland ry. Die spoedkamera gemonteer op die middelmannetjie, is weer in werking. 'n Maksimum spoed van 80km p/u moet gehandhaaf word.

* Paarl polisie het die naweek 105 mense aangekeer vir moordsake, aanranding, winkeldiefstal, dronkenskap, diefstal, poging tot roof en handel in dagga.

Verkeersbeamptes het sewe dronkbestuurders aan die polisie oorhandig.

In reaksie op die berig verlede week in die Paarl Post, waarin verskerpte patrollies te Victoriapark aangevra word, is verskeie verdagte persone die naweek in die park voorgekeer en deursoek.

Drie mense is daar aangekeer vir openbare dronkenskap.

* Vyf-en-vyftig arrestasies vir dronkenskap in die openbaar is die naweek in Paarlse strate gemaak.


Buurtwag woel in Mbekweni

[ Top ]


GOEIE patrollering deur die buurtwag is waarskynlik die rede dat daar baie minder misdaad as gewoonlik die afgelope naweek aangemeld was by die Mbekweni polisiestasie. So meen stasiebevelvoerder, kapt André Roziers.

"Daar was slegs 12 sake aangemeld, in vergelyking met tussen 30 en 50 gewoonlik.

"Ek dink ons buurtwag werp beslis vrugte af. Alhoewel dit aanvanklik 'n vreemde konsep was vir die Mbekweni inwoners, kan hulle ook nou sien dat hierdie tipe polisiëring net tot voordeel van die gemeenskap kan strek," het hy gesê.

Hulle het 'n plaaslike drukkersmaatskappy 'n hele paar rande gespaar toe hulle op sowat 50 hardebandboeke beslag gelê het, wat vermoedelik by dié maatskappy gesteel was.

Dié boeke, vermoedelik deel van 'n besending bestem vir die buiteland, is omtrent elk R100 werd en is aan die maatskappy terugbesorg.

"Ons is ook baie beïndruk dat daar geen rooftogte aangemeld was die naweek nie. Verkragtingsvoorvalle het ook merkbaar afgeneem.

"Dit is waarskynlik te danke aan praatjies wat ons die afgelope tyd by skole in die omgewing gedoen het, om leerders bewus te maak van dié misdaad. Ek dink ons kan met reg sê dat ons in beheer is van misdaad in die omgewing," het hy bygevoeg.

* Die Mbekweni Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) hou op Woensdagaand om 19:00 hul algemene jaarvergadering in die Mbekweni gemeenskapsaal. Die nuwe bestuur sal tydens dié vergadering verkies word. Almal is welkom. Skakel vir kapt André Roziers by 868-3653 vir navrae.

* Increased patrols by the Mbekweni neighbourhood watch has caused a drop in crime.


Peace committee takes off in Phola Park

[ Top ]


THE Phola Park Peace committee was formally launched under a big tree in Mbekweni on 7 June.

The committee, which was established in late 2001, has already facilitated the peaceful resolution of 185 cases so far and has financially supported food parcels for the elderly and a number of cultural activities for the youth.

There are 19 peace committees in the Western Cape network (including two more in Mbekweni and one in Fairyland), who all follow the same code of Good Practice and steps in peacemaking and community building.

Councillor David Kapa Xhaso addressed the crowd under the big tree, saying that he had watched the Peace Committee closely.

"I see them as doing good for the community. When there are problems between families and in families they are capable of resolving the problem.

"When they came out of a peace gathering, they smile. I can see something good is happening.

"The youngsters are also interested. I hope it will grow. I see a bright future for them, as they are very useful to the community," he said.

The Peace Committee in the Paarl area were financially supported in 2001 by the Drakenstein Council and the Boland District Council and in 2002 and 2003 by the Boland District Council.

Peace Committees work in partnership with the Community Peace Programme, which is a unit of the School of Government at the University of the Western Cape.

For further information, contact Sindiswe Sambokwe, organiser of the Phola Park Peace Committee at 072-576-0710 or the Community Peace Programme at 448-6582.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za