safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday: 12 June  2003

uitlefstreep

This site will be updated on: 19 June 2003 at 17:00

Youth - Jeug


Karlien 'n finalis

[ Top ]


wkarlien'n PAARLSE tiener, Karlien Seegers (18), moes al die pad van New York terugkom om aan die halfeindronde van die Rooi Rose Superster Charlize Theron-kompetisie deel te neem.

Karlien is toe gekies as een van 20 finaliste wat op 5 Julie by Vodaworld in Johannesburg aan die eindronde van dié groot kompetisie deelneem.

Die wenner stap onder meer weg met 'n internasionale modelkontrak, 'n Fiat Mutipla, 'n voorbladfotosessie vir Rooi Rose en 'n nasionale advertensieveldtog vir Foschini. Sy sal ook Charlize Theron

in Hollywood ontmoet.

Karlien het verlede jaar by Gimnasium

FINALIS. Karlien Seegers, 'n oud-Gimmie, is een van die 20 finaliste vir die Rooi Rose Superstar kompetisie.

matriek geskryf en toe  by die modelagentskap Storm Kaapstad aangesluit.

Sy het onlangs 'n kontrak in Dubai losgeslaan, wat 'n besoek aan New York insluit, waar sy 'n wêreldwye advertensie vir televisie en ander media gaan skiet vir Emirates Air.


"Burgemeester" vir 'n dag

Leigh Reitz

[ Top ]


WAT sou jy doen as jy op Jeugdag die amptelike pligte van die Drakensteinse burgemeester kon oorneem? Wat sou jy doen om die jeug te bemagtig?

Laerskoolleerders het met 'n hele paar interessante gedagtes aan die Paarl Post vorendag gekom met die oog op Jeugdag, in die week dat Drakenstein 'n uitvoerende burgemeester kry.

Bianca Jacobs (13) sal vir dié dag wou toesien dat die jeug hulle volle potensiale en drome uitleef.

"Ek sal graag wou sien dat die jeug hulle regte beoefen en self besluit oor hul lewens. Hulle moet self besluit in watter rigting hulle eendag wil studeer en nie gedwing word om sekere dinge te doen nie.

"Verder wil ek hê dat die skollies wat tydens pouse op die skoolterreine verkeerde dinge doen, verwyder word," was haar mening.

Lindsay Smith (13) wil hê dat huislose mense huisvesting kry en ook 'n kans gegun word om iets te bereik in hul lewens.

"Mense moenie gedurig hawelose mense afkraak nie. As ek vir een dag burgemeester kon wees, sou ek aan al dié mense huise wou gee," het hy gesê.

Charné Nieuwoudt (13) sal beslis iets doen aan die ontsiering van die natuur in die dorp.

"Daar lê soveel plastieksakke rond, ook in ons Hoofstraat, dat dit omtrent soos ons nasionale blom lyk! As ek die burgemeester is, sal ek 'n herwinningsprojek onder die jeug loods, sodat ons die strate kan skoonmaak," het sy gesê.

Donahue de Waal (13) stem saam, en meen werkloses kan so 'n geldjie verdien.

"Daar is so baie werklose mense in die dorp, dat die ideale manier vir hulle sal wees om 'n inkomste te verdien, as hulle die strate sou skoonmaak.

"Om die probleem van straatkinders aan te spreek, sal ek 'n versoek rig dat 'n kinderhuis opgerig moet word."

Herold Cole (13) sal geld probeer insamel vir die dakloses.

"Daar is te veel mense en kinders op ons strate. Ek sal ten minste probeer om vir hulle elkeen 'n warm kombers teen die winterkoue te verskaf.

"Ons behoort ook 'n Rommeldag te stig, sodat al die inwoners op dié dag ons dorp skoon kan maak," het hy gesê.

Cushker du Plessis (12) is bekommerd oor dwelmmisbruik en meen dat die jeug alreeds 'n positiewe bydrae kan maak, deur net meer gelowig te wees.

"Daar is te veel dwelmverslawing onder die jeug van vandag. As ons jongmense meer kerk toe gaan en minder op straat is, sal dit alreeds 'n verskil maak."

Marcel Mundt (13) meen hy sal ernstige misdade teen kinders aanspreek.

"Ek sal ook kinders wat deur trauma gegaan het, aanmoedig om te praat daaroor, want daardeur kan hulle dalk anders kinders help.

"Dan sal ek ook iets doen aan die rommel in ons dorp. Daar moet mense aangestel word om toe te sien dat inwoners nie mors in die dorp nie."

Sonika Carse (13) sal meer sigbare polisie aanmoedig.

"As die polisie meer gereeld die area patrolleer, sal die misdaad afneem. En daar moet meer vermaak vir jongmense geskep word. Ek sal 'n vermaaklikheidsentrum vir jongmense bou."

* Paarl youngsters have lots of ideas about what should be done in Paarl, should they be Drakenstein mayor for a day.


[ List of Schools / Skolelys ]


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za