safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 12 August 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 19 August  2004 at 17:30

Aida

 Letters - Briewe


Offisiere moet van hul troontjies afklim

[ Top ]


EK reageer op die brief van "Die polisie gee nie om vir sy lede" van 5 Augustus. Ek wens meer vroue en familielede van polisielede het die "guts" om die polisie vas te vat oor die behandeling van polisiemanne en -vroue.

Vroeër was dit 'n eer om polisieman te word, die standaarde was hoog en die opleiding hard, maar dit was die moeite werd.

Vandag werk die meeste offisiere slegs kantoorure in netjiese verkoelde kantore. Hulle bekommer hulle nie oor lede se welstand en veiligheid nie.

Lede moet gedurig in gevaarlike omstandighede werk en alle vorms van beledigings van die publiek trotseer.

Baie lede tel uit die aard van hul werk aanrandingsake teen hulle op en dan word hul bevordering vir jare teruggehou. Sodoende word die lede ook finansieel benadeel - terwyl hy sy werk op 'n professionele manier probeer uitvoer het.

In die Paarl is misdaad so erg dat dit party naweke soos oorlog lyk in sekere woongebiede.

Vir sommiges haal ek my hoed af, maar die meeste offisiere staan koud teenoor lede. Dit terwyl lede die heeltyd moet dink aan departementele verhore en selfs skorsing. Hierin is offisiere op hul beste.

Berading op 'n gereelde grondslag is baie belangrik vir elke lid in die SAPD.

Daar moet ook gekyk word na die verskil in salarisse tussen die lede wat werklik elke dag in gevaar is en die professionele koffiedrinkers op kantoor.

In murg en been is ek 'n polisieman en soos dinge vandag lyk, wil ek nie een sterf nie. Dalk moet ek rustiger weivelde soek en weer 'n normale man vir my vrou en 'n goeie pa vir my kinders wees.

Oor die vuurwapen wat huis toe geneem word, wil ek verskil met die vorige skrywer. Dit is belangrik dat lede hul vuurwapens by hulle hou omdat dwelmsmouse en bendes lede met die dood dreig.

Aan die offisiere wil ek net vra om tot ander insigte te kom en hulle lede moreel te ondersteun.

Julle kan weer die trots in die polisie terugbring. Klim asseblief af van jul troontjies en vat ons hande sodat ons die swaar misdaadveldtog in ons land kan wen.

Tier


Onnodig verneder

[ Top ]


GROOT was die skok toe ek een aand by 'n bekende familie-supermark in Noorder-Paarl met 'n handvol kleingeld betaal.

Heel onskuldig en niksvermoedend word ek deur 'n "manlike kassier" aangekla dat ek met "vals" vyf rande betaal.

Ek staan verslae en kyk na die kassier wat my nou vra waar ek aan die geld kom. Intussen word die bestuurder genader vir sy opinie. Tot die kassier se teleurstelling was daar niks fout met my geld nie.

Geskok en verneder loop ek met my betaalde goedjies die winkel uit sonder enige verskoning en ek wonder hoeveel onskuldige mense deur sulke onprofessionele gedrag benadeel word. Net 'n laaste woordjie aan meneer die kassier. Maak asseblief in die toekoms net doodseker van jou ongegronde aantygings voor jy nog 'n onskuldige kliënt verneder.

Eerlike kliënt


Dankie taxi-ma's

[ Top ]


Ek wil graag 'n besondere woord van dank rig aan al die ma's wat elke dag vir hul kinders taxi speel. Dag in en dag uit word die kinders vir allerhande dinge rondgery. Dit hou net nooit op nie.

Buiten skoolgaan, is dit ook verskeie buitemuurse aktiwiteite! Ek weet as tiener aanvaar ek ook alles as vanselfsprekend.

Enige ma sal sonder huiwering in die motor spring om die kinders rond te karwei, doodeenvoudig omdat sy lief is vir hulle.

Graag wil ek 'n versoek aan al ons jong tieners rig. Sê vir 'n slag baie dankie aan jou ma. Ons besef nie altyd wat hulle alles vir ons opoffer nie!

Ma se kind


Oud-lede welkom

[ Top ]


OUD-WEERMAGLEDE kan aansluit by die SA Magte Klub 1912-1994, 'n vrywillige, nie-politiese, nie-winsgewende organisasie van mense wat in diens was tussen 1912 en 1994.

Skryf aan Posbus 11108, Algoapark, Port Elizabeth 6001 of stuur 'n leë e-pos aan SA-Magte-Klub-subscribe@yahoogroups.com of kontak pottie@ intekom.co.za.

Frikkie Potgieter


Badly treaten

[ Top ]


I WAS shocked by the treatment I received from Paarl Hospital on 3 August. My fianceé phoned me to say that she had gone into labour.

I rushed to the hospital at 1 pm where my entrance was barred by the security guard.

I explained that I wanted to be with my fianceé during labour, but I was told that "only family is allowed". I would have to wait  for visiting hours.

I waited for about 30 minutes in the hope that I would be allowed in. During that time a number of women were allowed to go in and use the lift.

I want to know why the hospital discriminated against me, with the result that I missed the birth of my daughter.

Ronald Ntileka

The senior medical superintendent, Dr Breslau Kruger, replies: I apologise to this father for missing the birth of his child. Paarl Hospital policy allows any father to attend the birth of his child. Security at the hospital is provided by a private security firm. It appears that the security guard did not follow procedure and this issue will be taken up with the firm.


Konsert was 'n fees

[ Top ]


BAIE dankie aan Kunstekaap, Cape Town City Ballet, Joy Cargill en die Martins van die Paarl vir 'n pragtige produksie in die Polisiekollege se saal.

Dit was eersteklas vermaak teen 'n eersteklas prys. Ons hoop julle maak gou wees so!

  Marlene le Roux van Kunstekaap se Gehore Ontwikkeling en Onderrigdepartement het definitief in haar doel geslaag om die kunste na ons mense toe te bring en ons lus te maak vir nog.

Joan Mouton, Paarl


Dankie Paarl Post

[ Top ]


EK is al ses maande in Amerika, in Nashville, Tennessee. Ek is mal oor die Paarl Post se website, want dit hou 'n mens op hoogte van sake wat in die Paarl aangaan.

Ek geniet dit om Afrikaans te lees, want hier praat ek net Engels. Ek mis die huis baie en julle maak dit ligter deur julle koerant wat ek aanlyn kan lees.

Hou aan met die uitstekende werk!

Charlene Manus


Facelift for gateways?

Editorial

[ Top ]


FIRST impressions are usually lasting. So it stands to reason that many first time visitors to Paarl cannot have a very positive view of our beautiful town.

While the municipality's parks department do their best to beautify streets and other areas within the town, the entrances to Paarl are definitely not high on the list of priorities.

Coming from Wellington, one wonders where the official entrance should be: before Mbekweni or at Daljosaphat? Maybe that is why there is no signage?

The entrances in Noorder Paarl, Klein Drakenstein Road, Langenhoven Road, Jan van Riebeeck Drive and Main Street South are just as uninspiring.

In Jan van Riebeeck entrance, especially on the extension to the N1, one can start to expect missing vehicles very soon. The potholes are so frequent and large, that small motorcars may vanish forever.

The only entrance to boast a sign welcoming visitors to Paarl, is the one in Main Street South.

But there is hope  - Paarl is likely to get a new gateway off the N1 at Cecilia Street, where the Paarl Mall is to be built.

Perhaps then our town council will see its way to provide good signage to make visitors feel welcome.

In the meantime, it is quite possible for people to drive through the town without realising they are in the biggest local municipality outside Cape Town.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za