|
|
 |
 |
|
Lifestyle - Leefstyl |
|
|
 |
 |
|
WINNING WOMAN. Shahieda Hendricks of the Ikhwezi Community Centre outside Paarl, is the joint Western Cape winner of the Department of Arts and Culture's Divine Woman of the Year award. She received R1000 and an invite from the Minister to present proposals for further aid. |
|
 |
Vrywilligers ingelig |
|
|
 |
DIE Athlone House of Strength (Ahos) hou Saterdag om 15:00 'n inligtingsvergadering vir alle vrywilligers by die Zionskerk in die Paarl.
Ahos beywer hom om 'n veiliger omgewing vir mishandelde kinders en vrouens in die Paarl te bied. Die bestuur, onder voorsitterskap van Pat Martin, nooi mense om die vergadering by te woon om meer van die organisasie te wete te kom en te sien watter bydrae gemaak kan word.
Vir meer inligting, skakel Pat Martin (voorsitter, 862-2362), D Davids (ondervoorsitter, 862-2273), prof Juliana Smith (sekretaresse, 862-2877), R Gabriels (hulpsekretaresse, 082-786-6724) en B Kruger (tesourier, 862-2835). |
 |
Networking opportunity |
|
|
 |
A NETWORKING opportunity for businesswomen will take place on Wednesday 18 August at 42 on Main, Paarl.Businessmen are welcome to join in once a month over an early morning breakfast, to make new contacts, get referrals, encourage and motivate each other.
The meeting is from 07:45 to 09:30 and the price is R50 (visitors R65). For bookings contact Bennita Visser at 853-2777, 082-378-6945 or adminwiz@adept.co.za. Other dates are 8 September, 13 October, 10 November and 1 December. |
 |
Sendingweek by Strooidak |
|
|
 |
Strooidakkerk in die Paarl hou van 15 tot 22 Augustus hul jaarlikse Sendingweek met dienste elke aand van 18:15 tot 20:00 gelei deur ds Braam Hanekom. Die lof en aanbidding sal gelei word deur Jannie Pelser.
Daar is ook 'n spesiale program vir skoliere getitel "Geopende deure".
Op Saterdag 21 Augustus hou Jannie Pelser 'n gratis werkswinkel vir sanggroepe van gemeentes. Dit word aangebied in die kerksaal van 09:00 tot 12:00. Kontak die Skriba by 872-4396. |
 |
Taalberaad op Stellenbosch |
|
|
 |
DIE Afrikaanse Taalberaad einde Augustus op Stellenbosch is gemik op die daarstelling van 'n alles-omvattende nasionale strategie vir alle Afrikaanssprekende gemeenskappe.
Dit word aangebied deur die Nasionale Liggaam vir Afrikaans (NTLA), 'n subkomitee van die SA Taalraad (PANSAT). Belangstellendes kan registreer by die Vriende van Afrikaans se hoofkantoor op Stellenbosch (tel 887-3744/5).
Volgens die Voorsitter van die Vriende van Afrikaans, dr Louise Combrink, is die agenda vir die beraad gegrond op 'n taaloudit na aanleiding van 'n verkennende berig oor die toekoms van Afrikaans deur Beeld-verslaggewer Annie Olivier.
Die beraad open op 25 Augustus in die Markottersaal by die Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch. |
|