safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 12 August 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 19 August  2004 at 17:30

Aida

Nuus - News


Paarl Mall ready to roll

Anne Kruger

[ Top ]


A NEW access road to Paarl from the N1 will become a reality within the next year.

The developers of the Paarl Mall plan to build a loop off-ramp at the Cecilia Street bridge on the bank of the Berg River.

They have received approval from the SA National Roads Agency (Sanral) for the construction of a half clover intersection .

wGRONDfc

SITE. Preparation of the site of the Paarl Mall is going ahead adjoining Tiger Foods in Suider Paarl.                                                                                                                                                 

on the east side of Cecilia Street.

The off-ramp will start under the bridge, joining a realigned Arboretum Street and linking to Cecilia Street with a traffic circle at the entrance to the mall.

For this purpose the property of Paarl veterinarian Dr Pietie van Aarde has been purchased, as well as the southern section of the KWV farm Labori et Picardie.

The on-ramp back to Cape Town will be located on the opposite side of the national road, also on the bank of the Berg River.

As the intersection is to be located east of the Cecilia Street bridge, no changes will be required to the Main Street intersection.

Further improvements to be implemented by the developer are upgrading of the intersection of Cecilia Street and Berg River Boulevard (traffic lights) and of the intersection of Arboretum Avenue and Jan van Riebeeck Drive.

The eastern end of New Vlei Street will be closed to traffic.

According to developer Pat Flanagan, a total of R12 million is to be spent on roadworks by the time the mall opens in September 2005.

The section of the Tiger Foods factory site near the Paarl railway station, on which the R240 million mall of 35 000 square metres is to be built, has already been demolished.

Preparation of the 15 hectare site has started, using rubble from the demolished factory buildings, which will be used to level the sloping site.

Among the local stores which will open additional branches in the mall are Pick 'n Pay, Woolworths and Edgars. There will be a wide variety of line shops.

An environmental assessment of the roads proposal is being undertaken in terms of the Environment Conservation Act. An environmental scoping checklist is available for public review at the Mill Street library in Paarl.

Comments must reach Doug Jeffery Environmental Consultants at PO Box 44 Klapmuts 7625 or dougjeff@iafrica.com by 27 August. For enquiries, phone 875-5272


Waaksame oog op diewe

[ Top ]


'n OPLETTENDE broer het verlede Woensdag gekeer dat sy suster se motor voete kry.

Dit was slegs die tweede keer dat Roslyn Anderson haar motor by Huguenot-stasie parkeer. Sy werk in Brackenfell.

Haar broer, Lionel Anderson, was in 'n taxi toe hy om 13:30 sien hoe verdagte persone by sy suster se motor inklim.

"By die robot het ek uitgespring en 'n polisievoertuig, wat per toeval daar verbygery het, gestop," vertel hy.

In die polisievoertuig was konstabels Melonie Julius en Mvuyisi Mbanjwa van Paarl-Oos.

Sy het 'n man in die wit CJ Conquest sien sit, maar toe sy met die polisievoertuig naderkom, het hy oorgeskuif na die CA Conquest wat langsaan geparkeer was.

In die motor was nog 'n man en 'n vrou, en op die agtersitplek was 'n hele stel gereedskap, skroewedraaiers en tange, uitgepak.

"Die man het verduidelik dat hy 'n televisie-meganikus is, maar toe ek sien die aansitterdrade in die Paarlse motor hang los, het ek besef hulle wou die motor steel," het konst Julius gesê.

Sy het versterkings ontbied en die mans en vrou is in hegtenis geneem.

Daar is later vasgestel dat hul motor vroeër gesteel is by die spoorwegstasie in Grassy Park en dat die verdagtes moontlik lede van 'n motordiefstalsindikaat is.

Konst Julius is vir booswigte altyd op die verkeerde plek op die verkeerde tyd.

Vrydagoggend was sy van diens af en met haar motor van haar woning in Charleston Hill op pad toe 'n buurman in sy nagklere haar in Rosarystraat voorgekeer het.

Sy het hom opgelaai en saam het hulle die drie jeugdiges wat hy in sy woning betrap het, agternagesit.

Haar verloofde, Heinrich Fortuin, het uitgespring en met die spoed van ses jaar gelede toe hy vir Boishaai se tweede rugbyspan as vleuel uitgedraf het, een van die jong mans ingehardloop.

"Die motor was vol met my ma en kinders, en toe laai ek die verdagte maar in die kattebak," vertel konst Julius.

Kollegas van Paarl-Oos polisiestasie het die vermeende dief kort daarna uit die kattebak gehelp en in die polisieselle gemaklik gemaak.

* Car thieves were captured at Huguenot station.


My hart is  'vertrap' deur NNP

[ Top ]


MY kind, jy het my hart vertrap.

Só het een van die Paarl se NNP-raadslede die naweek haar leier, Marthinus van Schalkwyk, beskuldig tydens die sitting van die party se federale raad in Johannesburg.

Daar heers konsternasie onder plaaslike NNP-raadslede en -ondersteuners ná die aankondiging dat die party voortaan onder die vaandel van die ANC sal deelneem aan verkiesings.

"Marthinus het vir ons leuens vertel hier in die Paarl" en "hy het net sy nessie geveer", is van die kommentaar wat hier gehoor is.

Die naweek se besluit beteken dat NNP-ampsdraers in stadsrade moet oorloop ANC toe in die oorlooptydperke volgende maand. Parlementslede moet wag tot September 2005.

Daar word ook voorsiening gemaak vir dubbele lidmaatskap met die ANC totdat die same-smelting afgehandel is.

"Ek het nie 'n probleem met die ANC en dubbel-lidmaatskap nie," was die mening van 'n ander NNP-raadslid in Drakenstein.

"Dubbel-lidmaatskap is die enigste manier om jou pos in die burgemeesterskomitee te behou."

Maar vir party raadslede is dit nog nie 'n uitgemaakte saak nie: "Ons onderhandel nog met ons leiers, ons wil nie toemaak nie.

"Die mense op grondvlak (kiesers) is baie omgekrap oor die naweek se besluite."

Die plaaslike NNP-vroue hou Dinsdag vergadering met die leiers en hulle is "vol hoop" dat hulle 'n positiewe oplossing kan bewerkstellig.

* A Paarl councillor says the NNP "broke her heart".


Geharde jong inbreker vas

[ Top ]


'n JONG inbreker van Wellington is uiteindelik agter tralies nadat hy keer op keer gevang, deur die hof na 'n plek van veiligheid gestuur is, en gedros het om maar weer in te breek.

Verlede week het 'n oud-polisieman, Johan Stroebel, gesien hoe die seun op 'n vullisdrom staan en 'n vensterruit by sy huis verwyder.

Hy het die seun gevang en aan die polisie oorhandig.

Toe is sy doppie geklink. Landdros Robert Lewis het besluit hy kan nie langer na Lindelani gestuur word, net om weg te loop nie.

Die seun word nou in Allandale Gevangenis aangehou.

Speur-insp Flipie Pietersen en Donny Aggenbach is al lank op die spoor van inbrake waarmee die seun verbind word.

Terwyl hulle inligting opgevolg het, het hulle op 'n versameling gesteelde goedere afgekom.

Die jeugdige (14) word verbind met inbrake in Lotzlaan, Joubertstraat, Malanstraat en Hoofstraat.

Dié dag van die inbraak in Lombardstraat is hy die oggend weer deur die hof gestuur na Lindelani, die plek van veiligheid by Stellenbosch, ná 'n inbraak in Bergstraat.

Hy het skaars daar geland, of hy was weer in Wellington se strate.

Op 'n vorige geleentheid het 'n buurtwaglid, Willem Bitterbos, die jeugdige voorgekeer omdat hy verdag gelyk het. In die sak oor sy skouer was 'n gesteelde rekenaar.

Verlede week was die inspekteurs weer op soek na die jeugdige toe 'n inwoner van Markstraat hulle voorgekeer het. Daar was 'n inbreker in haar woning.

Insp Agenbach het buite die huis waggehou terwyl Pietersen om die blok bly ry het. Die inbreker het skielik uit die huis gestorm, en oor 'n draad gespring.

Ná 'n soektog het Aggenbach hom op 'n motorhuis se dak in hegtenis geneem.Aggenbach was onbewus daarvan dat die seun 'n gelaaide, gesteelde vuurwapen by hom gehad het.

Woensdag verlede week het die twee speurders 'n skootrekenaar wat die vorige dag in Hoofstraat gesteel is, in die besit van Ebrahim Jacobs (25) van Desmorestraat 45 gekry.

Jacobs het die R10 000 rekenaar vir R50 aangekoop. Hy is vir die ontvangs van gesteelde goedere aangekla.

"Sulke kopers skep die mark vir inbrekers, en ons sal hulle hard slaan," het Wellington speurhoof kapt John Adams gesê.

* A seasoned 14-year-old burglar has been imprisoned.


Diere kry swaar in nat weer

[ Top ]


DIE diere in die Wellingtonse munisipale skut en hondehokke van die Dierebeskermingsvereniging het met die reën verlede week halflyf in die water gestaan.

"Dit is elke keer so as dit sterk reën," het 'n amptenaar gesê.

Die vloedwater kan nie wegloop nie en die afvoerpype stoot terug in die hokke.

Munisipale werkers het Vrydag die pype kom skoonmaak en die probleem is tydelik opgelos.

"Toe die hokke 20 jaar gelede gebou is, is daar 'n fout gemaak met die afvoersloot voor die hokke en die grondvlak binne-in die hokke.

"Reënwater loop waar die honde staan, en die water waarmee die hokke skoongespuit word, loop ook terug na die slaapplekke," het DBV-voorsitter Lynne Olivier gesê.

"Die vloeroppervlak moet dringend hernu word en daar moet nuwe draad om die hokke gespan word."

Nadat die DBV onlangs 'n sterk-bewoorde skrywe aan die Drakenstein Munisipaliteit gerig het, is die hokke deur 'n afvaardiging besoek.

"Ons hoop dat daar nou iets aan die hokke en die waterprobleemgedoen sal word," het Olivier gesê.

"Ons sal baie dankbaar wees, want ons moet dink aan die gesondheid en die welstand van die diere."

* Animal cages at the Wellington SPCA are waterlogged.


Goue ring draai vinnig rond

[ Top ]


HAAR goue ring het verlede week 'n vinnige draai gemaak, maar danksy wakker buurtwaglede in Noorder-Paarl is die ring weer veilig aan haar vinger.

Die vrou (wat nie haar naam wil bekend maak nie) het die oggend om half nege haar sierring uit haar woning in die Hoofstraat vermis en dadelik die buurtwag geskakel.

Gewapen met 'n beskrywing van die ring en die verdagte, het die buurtwaglede die omgewing gefynkam.

'n Kilometer van haar woning is Willem Odendaal (19) langs die pad ondervra.

Robert Larke en sy manne het 'n skroewedraaier en R60 op die verdagte gekry, en hy het erken hy het so pas die ring by Cash for Gold ingegee vir R120 kontant. Die ander geld het hy al spandeer.

Die jong man het nie 'n identiteitsboek by hom gehad nie, en het die ring met 'n vals naam verkwansel, sê Larke.

Binne twee uur het die buurtwaglede die ring aan die regmatige eienaar terugbesorg.

Die verdagte is aan die polisie oorhandig, waar daar met 'n vinnige vingerafdruktoets vasgestel is dat die man ses maande gelede 'n opgeskorte vonnis vir 'n soortgelyke oortreding opgelê is, sê Larke.

Skaars was die manne terug in Noorder-Paarl of hulle het 'n oproep gekry van 'n R80 Texas biefstuk wat uit Noorder-Paarl Kwikspar gesteel is.

Net anderkant Noord-Eind Laerskool, het die buurtwaglede 'n verdagte man ondervra en die biefstuk onder sy baadjie gekry.

Sy verduideliking dat hy die vleis langs die pad gekoop het, het die manne nie geflous nie - die verdagte het die beskrywing van die biefstukdief soos 'n handskoen gepas.

"Onthou om 'n duidelike beskrywing van die verdagte en die gesteelde goedere te gee," het Larke gesê. "So kan ons dadelik die verdagte herken en weet ons as die goed in sy besit gesteel is."

* A Paarl woman's stolen ring was recovered by the neighbourhood watch.


Hoofstraat-rower in hegtenis

[ Top ]


'n VERDAGTE uit Paarl-Oos wat al agt jaar lank met die gereg bots, is in hegtenis geneem en aangekla van die onlangse aanval op 'n bejaarde vrou in 'n oudhedewinkel in die Paarlse Hoofstraat.

Cheslin Paulse (21) het op 9 Julie by The Gables voorgegee dat hy 'n stoel vir sy ma wou koop.

Hy het die 74-jarige vrou na binne gevolg. Sy is geskop en getrap voordat die aanvaller met 'n  kamera en kontant weg is.

Paulse is verlede week in 'n woning in Smartietown in hegtenis geneem. Hy word in Allandale gevangenis aangehou.

Die winkelassistent sterk nog tuis aan ná die aanval.

Inspekteurs Johan Coetzee en Jason Pietersen is ook warm op die spoor van inbrekers wat op 29 Junie 'n vrou in die middel van die nag in haar woning in Hoofstraat-Noord oorrompel het.

Die vrou (52) is in haar bed vasgebind, maar het daarin geslaag om met vasgemaakte voete tot by die bure te spring waarvandaan die polisie ontbied is.

Die verdagtes is ná die voorval op die trein na Kaapstad opgemerk.


Aanval na kerk

[ Top ]


'n JONG vrou van Wellington is Sondag ná kerk verkrag deur die man wat haar 'n geleentheid huis toe aangebied het.

Die vrou (24) het kort voor een-uur in die reën in die dorp gewag vir 'n geleentheid toe die bakkie met 'n CN-registrasienommer langs haar stilgehou het.

Die vreemde man, so 50 jaar oud, ligbruin van gelaat en met gryserige hare, sou haar na haar woning op 'n Bovlei-plaas neem.

Die man het egter reguit na Bainskloof gery en haar op 'n verlate plek in die bakkie vasgedruk.

Insp Flippie Pietersen (873-3333) is op soek na die bestuurder van die wit Toyota bakkie, met 'n groen streep teen die sye en 'n groen seil agter-op.

Die man het gesê hy verkoop vis uit sy bakkie.

Jeug

Ná 'n ander voorval van verkragting buite Wellington, is vier jeugdiges in hegtenis geneem nadat 'n 15-jarige meisie oorval is.

Die meisie het Saterdagaand om 23:00 na 'n huiswinkel op 'n plaas teen die Bergrivier gestap, toe sy deur 'n aanvaller om die nek gegryp is.

'n Tweede seun het gehelp om die meisie tot in 'n wingerd te sleep, waar nog twee medepligtiges gehelp het om haar vas te hou terwyl sy verkrag is.

Die seuns - 14, 15 en 16 jaar oud - en inwoners van buurplase, het reeds in die Wellington landdroshof verskyn. Hulle is verwys na Bonnytoun, die plek van veiligheid vir jeugdige oortreders, in Wynberg.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za