safetop
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 12 August 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 19 August  2004 at 17:30

Aida

People - Mense


Paarl's woman of worth

Jill Nicholas

[ Top ]


PAARLITE Marietta Goliath is no stranger to cooking and baking. As the head of the Sasko Koinonia Baking School in Paarl, an empowerment project, she teaches women to bake commercially.

Marietta, born in Upington, is a woman of many talents and has a heart of gold.

She was one of five finalists in the V&AWomen of Worth competition heldin Cape Town last week.
She trained as a teacher and used to do remedial teaching, while also baking from home.

wgoliathFC

WINNER. Paarlite Marietta Goliath with the certificate she earned as a finalist in the Woman of Worth competition.

She learnt the skills of baking from her mother-in-law nearly 30 years ago and had built up quite a reputation in Paarl for baking for functions and birthday, when Harlan Cloete of the Koinonia Community Centre invited her to head the baking school.

Students of the baking school come from as far as Leeu-Gamka, Nelspoort, Beaufort West and Murraysburg, mostly from underprivileged backgrounds.

They are taught to bake well enough to make a living from home or be employed by coffee shops and bakeries. They also learn business skills like costing.

Marietta has developed the baking school to a level where it is accredited by the FoodBev Seta.

After training she sends students to commercial bakeries for two weeks to gain experience of industrial ovens.

Students pay R600 for the course, in return for which they get baking equipment including an electric mixer.

This inspiring, dedicated woman is truly a mother figure for all - not only does she teach the students to bake, but she also gives them hope by empowering the underprivileged to become self-supporting.

People who want to help the baking school can contact them on 862-9769. They are especially in need of baking utensils and mixers, but financial assistance is welcomed.

* The Woman of Worth winner was Maria Solomons of Mitchell's Plain, founder of Solomon's Haven for abused and abandoned children, who won R25 000 from Vodacom.


Finding hope in people

[ Top ]


PAARLITES are warm and friendly, says Austrian visitor Katharina Wuppenaar, who after only five weeks in the country can already speak Afrikaans.

Katharina, who studies Political Science and International Development at the University of Vienna, recently joined the Koinonia Community Centre where she does research on development and empowerment issues in Paarl as part of her training.

She has transferred to Paarl as part of an outreach programme arranged by Global Vision International, after working at Dreamcatcher, a development outreach programme in Durbanville.

"Paarlites need to take a look around, because there are many problems in the community."

"It is important to empower people and lend a hand to the disadvantaged communities wherever you can."

"Don't see the poor in people, rather see the hope in them," Katharina said.

According to Andre Smith, research co-ordinator at Koinonia, Katharina is very helpful in that department, which researches the needs of the community and ways of empowering the youth.

Katharina is accommodated at the Homestay of Michelle and Milton Petersen during her visit to Paarl.

"It is just like staying with my family back home".

She loves Paarl, especially the mountains and the people. And Peter Cellars Jazz Club in Paarl definitely gets her vote.

Her advice to the youth of Paarl is: use the time that you have at school to the best of your ability.

"Open your eyes and give those who are in need a little push in the right direction."

Katharina returns to Austria on October 4.


Briefie in 'n bottel

[ Top ]


DIE boodskap aan my grootste liefde, wat sy nooit gaan sien. Só begin die briefie wat Eileen en Walter Sauerman op Hartenbos se strand opgetel het.

Netjies opgevou en in 'n bottel, het 'n verliefde jong man sy hartsgeheime aan die see toevertrou.

Die briefie is gerig aan 'n nooientjie van die Paarl, ene Maritsa.

Die Sauermans het hul seun, Adri, wat in die Paarl werk, gekontak.

Adri het besluit om die Paarl Post in te roep om te sien of dié liefdesgeheim dalk opgeklaar kan word.

Volgens die briefie het die twee mekaar by 'n skuimpartytjie ontmoet.

"Ek het my hart verloor aan 'n meisie wat ek vir twaalf dae geken het.

"Sy is in die Paarl en ek is in Hartenbos."

Dan raak die emosies te veel en die briefie sluit só af: "Die een wat hierdie brief dalk sal lees, vra ek om verskoning, want ek het 'n storie begin wat ek nie kan klaar maak nie. Dit gaan vir my te seer maak.

"Ek is lief vir Maritsa! Is sy lief vir my?"

Die antwoord op hierdie vraag, sal net die onbekende Maritsa kan gee. Hopelik sien sy hierdie berig en moontlik laat weet sy die Paarl Post (en die arme ou op Hartenbos) of hy enige kans staan...


Sakeman sterf

[ Top ]


'n BEKENDE Paarlse sakeman, Lex Daneel (60), is Donderdag in Gansbaai oorlede aan kanker. Hy was die eienaar van Daneels Bloemiste.

Daneel was 'n innemende persoon wat alombekend geraak het in die meer as 30 jaar sedert hy die besigheid oorgeneem het by sy pa.

Hy het aan Hoër Jongenskool gematrikuleer en daarna 'n meestersgraad in Botanie aan die Universiteit van Stellenbosch behaal voordat hy Daneels oorgeneem het.

Die onderneming het 'n kwekery met orgideë en anthuriums wat vir die groothandel gekweek is, ingesluit.

Daneel was veral lief vir visvang en die see en het die laaste twee jaar, nadat kanker by hom gediagnoseer is, in sy strandhuis in De Kelders gaan woon en voluit gelewe totdat hy twee maande gelede siek geword het.

Hy word oorleef deur sy vrou Leonora, stiefkinders Leon, Lynelle en Riaan Swanepoel, en broers Nicky en Jean.

Die roudiens was Dinsdag in die Strooidakkerk.

* A well-known Paarl businessman has died.


Oud-Paarliet oorlede

[ Top ]


TERWYL Schalk Burger Saterdag gekyk het hoe sy ou skool die Interskole wen, was sy hart seer. Sy geliefde ouma Poppie het die vorige dag gesterf.

René Nell (66) is saam met 'n vriend, Pieter Esterhuizen (58), in 'n hotel in Kleinbrak in 'n brand dood.

Die Nells was bekende Paarliete. Haar man, Bouwer, was jare lank hoof van Laerskool WA Joubert.

Sy het nadat haar kinders uit die huis is, nie kon stilsit nie, en het by Boland Bank begin werk totdat die egpaar afgetree het by Jeffreysbaai.

Ná haar man se dood het sy na Durbanville verhuis. Sy sou  binnekort by haar dogter en skoonseun, Myra en Schalk Burger, op hul plaas buite Wellington intrek.

"Sy was so aktief, vol  lewenslus, liefde en lekkerlag," het vriende en familie gesê.

"Ons baie cool ouma," het die kleinkinders Schalk, Tiaan en René Burger haar beskryf.

Mev Nell  word ook oorleef deur haar seun, Bouwer van Durbanville, skoondogter en hul twee kinders.Die gedenkdiens is vandag 11:00 in die NGK Paarlvallei.


Moeder sterf

[ Top ]


ADRIENNE LAUBSCHER, moeder van drie, het verlede  Vrydagoggend 'n lang stryd teen kanker verloor.

Adrienne (41) van die plaas Wamakersvallei buite Wellington, het in April 2000 siek geword.

Haar familie en vriende sal haar onthou as die groot kindervriend, die spontane vrou wat so lewenslustig was en haar  pyn  moedig verdra het.

Adrienne word oorleef deur haar man Willie en kinders Brunhilda (16), Willem (13) en Marais (10), asook haar susters Anneli Chantler-Barnard van die Paarl en Erna de Beer van  Worcester. Die gedenkdiens was gister in 'n vol NGK Wellington.


Tennisafrigter te ruste

[ Top ]


'n BEKENDE tennisafrigter in die Paarl, Evansa Hugo (51), is verlede Donderdag in die Louis Leipoldt Hospitaal oorlede na 'n lang stryd teen kanker.

Die sprankelende Evansa, 'n nooi Helm van Uitenhage, het die afgelope twintig jaar tennis gegee in die Paarl. Sy moes klasse in Junie staak, toe haar toestand verswak het.

Sy was hoofmeisie van die Hoërskool Brandwag, waar sy uitgeblink het in tennis, hokkie en atletiek. Sy het aan die Universiteit van Stellenbosch gekwalifiseer as LO-onderwyser, en het Boland-kleure in hokkie verwerf terwyl sy onderwyseres was op Moorreesburg.

In 1984 het sy die professionele afrigterseksamen geslaag, met Gerrie Berner as mentor, en haar toegelê op afrigting van die Paarlse jeug.

Sy word oorleef deur haar man, Louis, dogters Jeanne (23), Vansie (20) en Anél (16), 'n leerling aan die Hoërskool Gimnasium, asook haar moeder Dottie en suster Hester, albei van Jeffreysbaai.

Die gedenkdiens was gistermiddag   in die NGK Paarlvallei


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za