|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
IT is back to the drawing board for the government and local authorities planning a residential development of 422 low cost houses on 20 hectares at the Meerlust forestry township near Boschendal. The application by landowners in Groot Drakenstein to halt the proposed development has been successful, and eventually did not meet with any opposition from the government respondents. The landowners had previously appealed unsuccessfully against the rezoning of the land by the Western Cape Minister of Environmental Affairs to allow for a housing development. They then took the matter to the Cape High Court on review. The court application brought by the landowners was originally opposed by the provincial minister as well as the national minister of Environmental Affairs, the national Minister of Land Affairs, the Boland District Council and Stellenbosch Municipality. However, in an affidavit subsequently filed on behalf of the provincial minister, it was conceded that the decision to approve the change of land use should be set aside. According to Pieter de Waal of Findlay & Tait, lawyer for the applicants (Groot Drakenstein Landowners, Pickstone & Son and Meerlust Estate), the application is being finalised on an unopposed basis and a court order will be obtained to declare the minister's decision invalid. The wasted costs resulting from the initial opposition against the court application, are borne by the office of the provincial Minister of Environmental Affairs. The District Council earlier this year expressed grave doubts about the affordability of the development on an isolated terrain of 20 hectares which would entail considerable planning and infrastructure costs. Commented Dr Eric Farringer, chairman of the Groot Drakenstein Landowners Association: "Any development of the site will constitute a new application. "We are still waiting for the Department of Land Affairs to provide proper facilitation. "This process should allow for community consulation and needs assessment to determine the size of project really needed, as well as a thorough impact study comparing alternate sites suggested by the affected parties. "We were excluded from participation in the process, while Boland District Council and Stellenbosch passed the ball back and forth. No-one appeared to know which organisation should take responsibility for the development." |
|
|
|
|
A MARKETING plan for Paarl was an urgent necessity, was said at the annual general meeting of Paarl Tourism last week. Said outgoing chairman Mark Duckitt, "Co-ordinated action is required by all roleplayers to draw up a marketing plan to put Paarl on the map." Duckitt expressed his support for the campaign "Paarl our Business" which has been launched by local businessmen to put promotion of Paarl on a professional footing through an umbrella body. Andrea van Wyk of "Paarl our Business" explained that the campaign wished to promote Paarl as a whole basket of products to improve tourism and local business: "We must change the negativity in the town around." Added Gerhard Meyer, one of the newly elected members of Paarl Tourism, "Money will follow a good team. But at the moment Paarl has no focus, no plan, no targets and an apathetic municipality which blocks rather than promotes development. "We need a meaningful business plan with new initiatives. But we can only move as fast as the Municipality allows us." |
|
|
|
|
DIE bou van die Bainskloofpas van 1849 tot 1853 was 'n onmenslike taak deur onmenslike terrein. Die meesterpadbouer Bain word nou vereer deur 'n nuwe wynreeks van Wamakersvallei Wynkelder, genaamd Bain's Way. Daarmee wil die kelder, wat hom voorheen toegelê het op grootmaat-wynproduksie, nou sterker toetree tot die mark vir gebottelde wyn. Die bou van die pas is aangepak om 'n korter roete deur die berg te bewerkstellig na Worcester as deur die Nuwekloof, wat twee dae verder was. Die nuwe pad is opgemeet en gebou onder toesig van Andrew Geddes Bain, 'n Skot wat op negentienjargie ouderdom na Suid-Afrika gekom het en padinspekteur geword het. Hy was geen opgeleide ingenieur nie, wat die wonder van die bou van die pas soveel groter maak. Sy arbeidsmag het bestaan uit gevangenes wat met primitiewe gereedskap soos pik, graaf, voorhamer, staalwig en sonder plofstof (behalwe buskruit) 'n pad deur die amper onmoontlike terrein geforseer het. |
|
|
|
|
DIE Burgemeester van die Boland Distriksmunisipaliteit, Clarence Johnson, is deur die Wes-Kaapse Minister van Landbou en Toerisme, Johan Gelderblom, op 'n taakspan aangestel om die laaste fase van die Wes-Kaapse Gesamentlike Toerisme Inisiatief te hanteer. Die taakspan sal, onder andere, aandag gee aan die ontwerp en goedkeuring van 'n toerismehandelsmerk vir die Provinsie, vir voorlegging aan die Minister teen die einde van die maand met 'n driejarige implementeringsplan. Die taakspan moet ook aandag gee aan institusionele toerismemodelle ten einde die toerismestrategie te implementeer, gebaseer op die beginsels van gesamentlike bemarking tussen Provinsie, plaaslike regerings en die private sektor. Daarmee saam moet 'n lidmaatskapstelsel ontwikkel word sodat die verhouding met plaaslike toerisme kantore en lede verstewig kan word. Volgens Johnson het hy 'n pro-plattelandse vooroordeel sodat 'n balans verkry kan word tussen Kaapstad, as anker, en die Wes-Kaapse platteland. Hy meen dat Roete 62 in samewerking met plaaslike munisipaliteite ontwikkel behoort te word ten einde toeriste vir 'n langer tydperk te trek. 'n Ander belangrike aanstelling is dié van die Munisipale Bestuurder van die Boland Distriksmunisipaliteit, Kam Chetty. Hy is deur die Minister van Finansies, Trevor Manuel, op die Finansiële en Fiskale Kommissie aangestel wat die Minister adviseer oor 'n billike verdeling van inkomste wat nasionaal gevorder word, tussen die verskillende regeringsvlakke. Chetty is een van die verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Plaaslike Regeringsorganisasie op die Kommissie. |
|
|
|
|
'n ORGANISASIE om landbou-arbeidskontrakteurs saam te snoer word beoog in die Paarl/Wellingtonstreek. 'n Vergadering word vandag om 14:00 in die komiteekamer van die Wellington munisipale kantore gehou om so 'n liggaam beslag te gee. 'n Loodskomitee het al verskeie kere vergader met kontrakteurs, arbeidskonsultante en Herman Bailey, direkteur van plaaswerksaangeleenthede vir die Wes-Kaapse provinsiale regering, om ondersoek in te stel na die probleme met haweloosheid en sosio-ekonomiese probleme op plase. Daar word gepoog om arbeidskontrakteurs binne die raamwerk van nuwe verwikkelings in die landboubedryf op te lei om hul kapasiteit en verantwoordbaarheid uit te brei. Dit sal beter arbeidsverhoudinge en verantwoordbaarheid bevorder deur ordening van die bedryf en akkreditasie van kontrakteurs. Die moontlikheid om 'n amptelike kantoor vir werkverskaffing te open, word ook oorweeg. 'n Databasis van kontrakteurs en subkontrakteurs asook werkloses sal saamgestel word met die hulp van Hugenote Kollege. Vrywilligers se hulp word ook benodig. |
|
|
|
|
'n NUWE behuisingskema vir die oop terrein aangrensend aan die Van der Stelstraatpadreserwe naby die swembad word in Paarl-Oos, beoog. 'n Publieke vergadering om die voorstelle te bespreek word Maandagaand om 19:00 in die Huguenot-gemeenskapsaal gehou. Huise sal toegeken word volgens die waglys. Die Munisipaliteit, aan wie dié stuk grond behoort, het Hanekom en Vennote genader vir ontwikkelingsvoorstelle. Volgens Jan Hanekom word sowat 278 wonings beoog op die terrein van 3,7 hektaar om die huidige omstandighede van inwoners in dié area te verbeter. Hy en sy vennoot het inspirasie geput uit behuising in die Bo-Kaap, om 'n sterk gemeenskapsgevoel te skep en huiseienaars "iets te gee om trots op te wees". Enkel- sowel as dubbelverdiepingwonings met een of twee slaapkamers word voorgestel. Die huisgroottes wissel van 75 vk meter tot 204 vk meter. "Ons wil basies behuising met individualiteit skep en wonings met estetiese argitektuur. Elke woning het toegang tot private ruimte en parkgebiede en daar is sentrale parkeergebiede." Belangstellendes op die waglys wat kwalifiseer vir 'n eerste huissubsidie, word uitgenooi om die vergadering by te woon en hul insette te lewer. Vir nader besonderhede bel Jan Hanekom of PJ le Roux by 871-1750. |
|
|||||