|
DIE eerste gesamentlike kunstefees vir skole van die Weskus-Wynlandstreek vind van Maandag tot Donderdag 19 September in die Paarl plaas.
Dit word aangebied deur die Onderwysbestuur- en ontwikkelingsentrum (OBOS) Weskus-Wynland in die Paarl.
Maandag by die opening in die Paarl stadsaal sal die Minister van Onderwys, André Gaum, optree as spreker. Drag is formeel.
Dinsdag tree kore van Stellenbosch tot in Vredendal op van 18:00 by New Orleans Sekondêr en vanaf 18:00 is daar toneelspel in die ouditorium van Hoërskool Gimnasium. Van 19:00 is jong redenaars aan die praat by Frank Pietersen Musieksentrum.
Woensdag is daar nog drama en toneel by Gimnasium, en die ballerinas is van 18:00 by Paarl Polisie Kollege.
Donderdag 19 September geem meer as 800 meisies 'n vertoning van dansvorme by Gimnasium, kore tree van 18:00 af by die Polisie Kollege op en by Frank Pietersen is daar orkesmusiek vanaf 19:00.
Navrae vir kaartjies vir die openingskonsert kan gerig word aan Elsa Breytenbach by 972-2095. |