|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||
|
Tammy-Anne Fortuin (21), Mej Skiereiland en nou ook eerste prinses van Mej Suid-Afrika, het vandeesweek |
|
|
|
"In die week wat voorlê gaan ek eers weer net my ma se kos by die huis geniet en tyd saam met die familie deurbring, want daar lê volgende jaar harde werk voor." Ma Anthea Fortuin is oneindig trots op haar jongste dogter. "Dit was fantasties om in Sun City te kon wees om Tammy-Anne te ondersteun. "Ons wil ook vir almal wat haar so bederf met oproepe en kaartjies, net baie dankie sê. Die ondersteuning vanuit die Paarl was ongelooflik." Hulle is ook gereed daarvoor dat hul dogter dalk nou volksbesit mag word. "Tammy-Anne is 'n mense-mens en dit sal nie moeilik wees om die belangstelling te hanteer nie. "Ek dink nou wel nie dat dit al ingesink het by haar nie, maar ons sal nie in haar pad staan nie. Sy was nog altyd 'n onafhanklike mens." * Paarl welcomed its first Miss South Africa princess home this week. |
|
|
|
|
VERKEER het verlede Woensdag vir ure op die Hermonpad tussen Paarl en Malmesbury (R44) opgehoop, nadat 'n swaar tenkvragmotor van die maatskappy Afrox die pad verlaat het. Die betrokke tenker met LPG (Liquid Petroleum Gas) aan boord, was vanaf Wellington in die rigting van Hermon onderweg, toe dit vermoedelik oor 'n onderdeel wat van 'n ander swaar voertuig afgeval het, gery het. Die tenker het die pad verlaat en omgeslaan teen 'n skuinste. Die bestuurder, Mawethu Mantambo (46) van Langa, is uit die voertuig geslinger en is op die toneel oorlede. Omdat daar gevrees is dat die ontvlambare gas kan ontsnap en ontplof, is die gebied afgekordon deur beamptes van die Boland Distriksbrandweer. Die pad was vir 36 ure gesluit en was motoriste genoodsaak om van die Bo-Hermon grondpad as alternatiewe roete gebruik te maak. Die pad is laat die volgende dag gedeeltelik vir verkeer oopgestel. Die vragmotor en vrag is deur Afrox se herwinningspan verwyder. Volgens 'n woordvoerder van die Boland Distriksmunisipaliteit se Brandweer was daar geen ander voorvalle nie. Dieselfde dag het 'n vragmotor met 'n dieseltenk op dieselfde pad in die rigting van Tulbagh omgeslaan en diesel gestort op die pad. Omdat dit die pad seepglad gemaak het, was een van die bane vir ongeveer een uur gesluit. * The driver of a gas tanker was killed in a crash. |
|
|
|
|
THE plans to establish a Centre for Peace and Reconciliation (known as the Long Walk to Freedom Project) at the house at Drakenstein Prison in which Nelson Mandela was held prisoner for 18 months, could be a big boost for Paarl. On Monday it was exactly 14 years since Mandela moved into the house outside Paarl, which is to be declared a heritage site by the SA Heritage Resources Agency (Sahra). The 43 hectare property (including the four-bedroomed house and guardhouse) is to be developed as a heritage site to serve primarily as a retreat and conference centre. Funds will be sought from public and private sources. The original furnishings of the house with swimming pool (the Madiba House Retreat Facility) are in storage and will be used in restoration. The site has the potential to become more than just a tourist attraction. Plans include a "Peace Garden" which will serve as a place of reflection, contemplation and negotiation seeking to reflect the values of reconciliation, justice, peace and tolerance. Two additional structures are envisaged - the Interpretative Centre reflecing the history of the site and a conference facility including a restaurant and book/curio shop which will be leased to local entrepreneurs to run on a profitable basis. The centre will link as tourist destination to other icons of the Struggle (Robben Island) and could also be part of a local "Freedom Route". A direct access road next to Pearl Valley golf estate will connect the site to the R301. Funding of R250 000 to execute the feasibility study for the project was provided by the Boland District Council. The project is driven by a task team of representatives of the Ex-Combatans Association, Boland District Council, Drakenstein Municipality, Winelands Regional Tourism Board, Sahra, and the Departments of Public Works and Correctional Services. |
|
|
|
|
IRATE residents of the OR area bordering on Mbekweni descended on the Wellington municipal office on Tuesday after their prepaid electricity was cut. This drastic step was taken to force residents who have arrears on their municipal accounts, to contact the Municipality and start repayment, a municipal spokesman said. Paarl Post reported two weeks ago that Drakenstein Municipal ratepayers' debt had soared to R109 million, threatening the viability of the local authority governing Paarl, Wellington, Hermon and Saron. A large proportion of local residents pay for their electricity up front, but ignore their municipal accounts for water, refuse removal and property tax. Disconnections have been done all over Drakenstein since last week. "The least people must do, is to pay their current municipal accounts and make a nominal payment on their arrears, before their electricity can be reconnected. "We are also considering a system whereby a proportion of monies paid for prepaid electricity will automatically go towards the remainder of the municipal account, so that disconnections can be avoided. "Residents must be prepared to negotiate with the Municipality, as there are many ways they can be assisted with their debt. "First of all there is the R75 subsidy for unemployed people which can be subtracted from their monthly debt, provided they reapply every six months. Pensioners are also eligible for rebates on their property tax. "People must also remember that the Municipality is prepared to accept weekly payments for residents who fear they will not be able to save sufficient funds for a lump sum at the end of the month." For enquiries, phone 807-4500. |
|
|
|
|
DIE vermeende verkragter van 'n 17-jarige het Sondag uit die selle by die Paarl-hof ontsnap. Gerhard Papier, plaaswerker van Paardeberg, is gearresteer nadat die meisie uit haar ouerhuis ontvoer en Vrydag van middernag tot die oggend 04:00 in 'n leë skoolgeboutjie aangehou en verkrag is. Die erg geskokte meisie het aan speur-insp Leana Hardy vertel hoe sy vrygelaat is net nadat sy gehoor het "die voëltjies begin sing buite in die bome". Papier is kort daarna in hegtenis geneem en in die hofselle saam met 'n groep besopenes geplaas. Hy het homself voorgedoen as een van die mans wat vir dronk op straat in hegtenis geneem is, en is so uit die selle gelaat. "Daar is eers later besef een van die dronkies het agtergebly, en Papier is in sy plek vrygelaat," het insp Hardy gesê. Sy het die voortvlugtige Maandagmiddag weer in hegtenis gehad nadat hy by sy woning op die plaas Slent opgedaag het. Papier het 'n lang polisierekord, ook vir vorige aanklagte van verkragting en huisbraak. Aandjie * 'n Aandjie by 'n nagklub in die Paarl het vir 'n 19-jarige kuiergas nie so verloop soos sy gedink het nie. Op pad terug huis toe is sy deur haar metgesel verkrag. * In nog 'n voorval van verkragting is 'n 16-jarige meisie Saterdagaand deur die twee mans wat vir haar 'n geleentheid huis toe gegee het, in hul motor verkrag. * Ondersoek word ingestel ná 'n aanklag van verkragting wat deur die ouers van 'n driejarige dogtertjie in die Paarl aanhangig gemaak is teen 'n tienjarige seun. |
|
|
|
|
DIE Paarlse motoris wat verlede jaar tydens die Liggiefees twee vroue langs Klein Drakensteinweg voor gesinslede doodgery het, is Dinsdag skuldig bevind aan manslag. Karel Coetzee (62) van Klipbokstraat, Chicago, is vroeër vanjaar in 'n ander saak aan dronkbestuur skuldig bevind en sy lisensie vir drie maande ingetrek. Die vroue is noodlottig beseer waar hulle op die sypaadjie van die Paarlse Liggiefees teruggestap het. Katriena Hendricks en Mary van Schoor is deur Coetzee se BMW-motor teen 'n muur in Klein Drakensteinweg vasgepen en hulle het albei op die toneel aan hul beserings beswyk. Getuies het in die hof getuig dat Coetzee na die ongeluk besope voorgekom het. Hy is egter onskuldig bevind aan 'n klag van dronkbestuur, omdat die bloedmonster nie soos vereis binne twee ure na die ongeluk geneem is nie. Uitspraak is deur landdros Bertus van der Spuy voorbehou tot 14 Januarie nadat Coetzee se prokureur, Keith Sheldon, aangedui het dat hy 'n aansoek gaan doen om 'n korrektiewetoesig-verslag. In die hof het Coetzee aangevoer dat die ongeluk gebeur het omdat 'n ander motor hom naby Barbarosastraat van die pad af wou dwing, waarna 'n band glo gebars en sy motor die pad verlaat het. Later in die saak het hy weer aangevoer dat hy net gevoel het die motor "sak na regs", dat hy toe links geswenk, die sypaadjie getref het en gevolglik sy kop teen die ruit gestamp het. Hy kan niks verder onthou nie. Chris Abrahams het namens die staat aangevoer dat die ongeluk veroorsaak is deur 'n bestuurshandeling. |
|
|
|
|
KLEIN Norman Fortuin wou net gaan afkoel verlede Dinsdag, maar toe eis die diep donker water van 'n plaasdam buite Franschhoek sy jong lewe. Die sesjarige seun van die plaas Goederus by La Motte, het die Dinsdag saam met maatjies in die plaasdam gaan swem. Hy het die aand nie teruggekeer huis toe nie, maar dit was eers Woensdag, toe Paul Beukes (15) en ander seuns van omliggende plase in die dam gaan speel het, dat hulle sy lyk op die water kry dryf het. Norman was die tweede kind wat verlede week in 'n plaasdam by Franschhoek verdrink het. Nosisi Ngxambane (10) het ook Dinsdag onder die water verdwyn terwyl sy saam met twee maatjies in die Mooiwaterdam langs Langrug gespeel het. Haar maatjie Elvis Maqhubela is 'n jaar jonger, en het dapper maar tevergeefs probeer om haar terug wal toe te bring. Hy het toe na die naaste huis gehardloop, maar by sy terugkeer het Nosisi reeds onder die modderwater verdwyn. Polisieduikers het haar liggaam uitgehaal. "Moet tog nie in diep water speel as jy nie kan swem nie," het 'n polisieduiker gemaan. "En wees veral bedag op plekke in plaasdamme of in die rivier waar die bodem skielik dieper wegval of waar daar maelkolke is. "Die veiligste is om te swem waar daar toesig is." |
|
||||