safetop
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 11 December 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 18 December  2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

 Letters - Briewe


Why did these Paarl
events clash?

[ Top ]


WITH reference to the recent Johnny Clegg concert, I ask myself what is happening to the notion of transformation, black economic empowerment, correcting the imbalances of the legacy of Apartheid and building a culture of caring and unity in the Valley?

We see the advancement and promotion of the elite tourism clique by the Tourism Bureau & Vintners at the expense of wider developmental and emerging entries within the industry.

* Why was the Johnny Clegg concert organised at the same time of the "Festival of Lights"?

* Why did they not discuss the event with the Festival of Lights Committee of which the Tourism Bureau was party to?

* Was this an event for the rich and affluent while the other was for the poor?

* Why couldn't the emerging entrepreneur access opportunities at this event?

* Why did the Chairperson of the Bureau not meet with the committee to explain?

* Did the organisers have another agenda or is it mere arrogance?

* Why was it possible for the Old Kraal Festival and Nokia Road Show to fall in line with the dates of the Festival of Lights and not the Johnny Clegg concert?

The Festival of Lights sprouts from an attempt to remove the cultural and racial divide that exists in the Valley, but this action looks like enclave building.

Yusuf Patel

Gerhard Meyer, chairperson of Paarl Tourism, responds: About 50% of the tickets for the Johnny Clegg show were made available at a loss, to enable everyone to buy a ticket. Nowhere in South Africa will you pay R60 tickets for a Johnny Clegg show.

The date was fixed according to the availability of the artist, and to coincide with the start of the school holiday.

Our aim with the Clegg concert was: 1. To stimulate tourism by drawing visitors outside Paarl to the valley. Tourism is a major employer in the valley.

2. To stage a highly professional event to showcase Paarl's ability to house such world class events.

3. To promote Paarl in the national media as an unique tourist destination.

4. To showcase our world class wines and restaurants.

And the best way to do this, was to stage an event using an artist with wide-spread appeal.

Therefore, with the extensive national media coverage, a full house, more than 3 000 visitors from outside Paarl, no crime incidents, a profit and an overall successful event, we certainly not only achieved but exceeded our expectations.

The Clegg concert was initiated, organised and funded by the members of Paarl Tourism and Paarl Vintners, which include members from previously disadvantaged communities.

Everyone involved in the concert was united in the aim to develop and stimulate growth in the valley - to the benefit of everyone calling this valley their home.

This event, unlike the Festival of Lights, was therefore staged without taxpayers' monies and at no cost to Paarl Municipality.

With all respect, we even had a more mixed audience attending the Clegg show than is the case with the Festival of Lights. The profit was allocated to a Rotary project.

Our objectives for Paarl are similar - to jointly get Paarl going.


Optrede van hierdie polisiemanne pla

[ Top ]


OP 8 November is 'n moord in die openbaar voor verskeie getuies gepleeg, of dit geregverdig kan word al dan die.

Met verwysing na die berig "Geen borg na moord" in die Paarl Post, is dit met belangstelling dat ek die hofsaak volg, want die oorledene was my broer.

Wat my op hierdie stadium baie bekommer en verontrus, is die optrede en die gesindheid van die lede van die polisie in hierdie hele sage.

Elke dag sedert die begin van die hofsaak is die hof volgepak met SAPD lede (Openbare Orde) in uniform tot steun van hul kollega, die aangeklaagde.

Sedert ons beswaar gemaak het daarteen, het die uniforms verdwyn - dankie aan Areakommissaris Daniels.

Ons verneem daagliks dat daar 'n groot tekort aan polisielede is, daarom kan misdaad nie behoorlik vasgevat word nie. My eerste vraag is, wanneer werk die lede dan as hulle by elke verskyning die hof vol sit?

Tydens die sitting om aansoek vir borg het die beskuldige en sy advokaat dit as 'n feit genodem dat in dien die beskuldigde sou borg kry, hy 'n administrasiepos in die SAPD belowe is deur sy bevelvoerder. Hoe verstaan 'n mens dit?

Die familie van die oorledene en die gemeenskap het 'n petisie onderteken dat borgtog geweier moet word. Nadat dit bekend geraak het, het die polisielede 'n teenpetisie ingedien dat borgtog toegestaan moet word.

Indien dit waar is dat die lede van die SAPD die petisie onderteken en ondersteun het, vra ek, waar staan ek as 'n lid van die gemeenskap nou met hulle? Waar staan hulle ten opsigte van die bekamping/bestryding van misdaad?

Watter beeld en boodskap stuur hierdie lede wat die wet moet toepas, met hul optrede na Jan Publiek uit?

Wat 'n ironie dat die eenheid waaronder hulle ressorteer "openbare orde" heet.

Die gemeenskap moet tydens en na die hele sage weereens julle oë en ore wees, en ons wil dit ook doen, maar julle optrede maak dit baie moeilik.

Aan die enkele polisielede (ons kan julle op een hand tel) wat ons hand uit simpatie geneem het met die verlies wat ons gely het, wil ek dankie sê.

Johannes Andrews  


Keelvol vir die gemors langs die rivier

[ Top ]


DIE Paarlvallei beleef in die jongste tyd 'n bloeitydperk van belegging en ontwikkeling.

Maar hoe lank sal ons toelaat en kan ons bekostig dat klein minderheid sonder respek of gewete ons bates ontsier en verniel?

Ek het Sondagoggend met my vrou deur die Arboretum gedraf en ook 'n handvol ander drawwers, stappers en fietsryers teëgekom wat die pragtige omgewing geniet het.

Groot was ons ontnugtering toe ons by die noordelike hek uitkom en een groot nes van 'n gefuif en dronkenskap ervaar verby die terreine en geboue van die verskillende sportklubs.

By die hek was twee motors vol raserige jeugdiges wat ons dreigende aanmerkings toegesnou het.

Oral was leë en gebreekte drankbottels en ander gemors, duidelik ook van "menslike aard".

By die een sportklub het hordes blykbaar lawaaierige en erg vryerige mense saamgedrom en die musiek het nog gedreun na wat blykbaar 'n deurnagparty was.

Op die oop grasstrook onder die bome langs Brugstraat, was die meeste gemors, waar sommige mense blykbaar ook hul huislike rommel oor die naweek kom stort het.

Die ergste was die stank wat oor die hele terrein gehang het. Dit laat meer as 'n ongaangename smaak in die gemoed.

En dit is nog net die begin van die feesseisoen!

Cassie du Plessis     


Ek het genoeg gehad van
swak diens

[ Top ]


IN my vier jaar as Paarliet het ek uit nood of dwang van byna elke denkbare tipe diensverskaffer in die Paarl gebruik gemaak.

As iemand met tien duime moes ek my telkens verlaat op die integriteit en bekwaamheid van "diensverskaffers" wat hul dienste adverteer, ook in die koerant.

Met 'n enkele uitsondering na, is ek telkens ontnugter, verbluf gelaat en geskok oor die skynbare totale afwesigheid aan professionele integriteit wat daar bestaan onder die plaaslike  diensverskaffers.

Dit blyk aanvaarde praktyk te wees dat afsprake gemaak word hetsy vir kwotasies of om werk te verrig en net eenvoudig nie na-gekom word nie.

Daar moet agter die sogenaamde diensverskaffers aangebel word (wat meermale nie eens die moeite doen om die oproepe te beantwoord nie!) ten einde te "smeek" om hul dienste uit te voer, veral as hul reeds betaal is.

Die dienste, indien dit wel uiteindelik verrig word, is oor die algemeen van 'n swak gehalte en kwaliteit.

Indien die kliënt dit sou waag om te kla, word of valse beloftes gemaak van "ek sal dit kom herstel" of dit word met 'n skoueroptrek beantwoord.

'n Direkteur van 'n bekende sekuriteitsfirma op die dorp het onlangs my brief oor hul swak diens opgeskeur aangesien hy kwansuis "nie tyd het vir nonsens nie".

Is dit die wyse waarop kliënte behandel word? Is ons geld van 'n sub-standaard kwaliteit, of het ons swak diens maar as 'n gegewe begin aanvaar?

Ek dink dit is tyd dat ons as Paarliete begin aandring op aanvaarbare diens of dit oorweeg om van verskaffers van omringende dorpe gebruik te maak.

Ek wil graag lojaal wees en die plaaslike diensverskaffers ondersteun.

Die vader weet, ons dorp het dit so nodig

Maar gegewe my ervarings, is dit miskien tyd dat ons nou 'n standpunt inneem dat ons genoeg gehad het van swak di ens!

K van Wyk


Vuurmanne vinnig

[ Top ]


OP 1 November het ek en my twee honde regoor die Paarlse brandweerstasie gestap. Die volgende oomblik het die sirene afgegaan.

Ek het op my horlosie gekyk en gesien dat dit 'n minuut voor sewe in die aand was.

Toe het dinge baie gou gebeur, alhoewel ek nie kon sien wat binne-in die stasie aangaan nie.

Die robot kom aan. Die skuifdeure voor skuif oop. Binne 55 sekondes vertrek die brandweer met die insittendes.

Die deure skuif toe. Drie motors wag nog by die robot, wat ook baie goed gestel is.

En tien sekondes later kon niemand weet dat daar 'n brandweerwa uitgegaan het nie. Ek en die honde het verder gestap.

Ek verstaan waarom ons belastinggeld gaan vir die brandweer, en ek hoop die ander departemente neem kennis.

Daar is nog orde en dissipline by die brandweer.

Nico van Rensburg


Why was erf sold?

[ Top ]


THE Five in One Youth Empowerment Project tendered for a business site in Chris Hani Park (erf 2051) to develop it for business purposes. Our tender was R11 000.

Now a church organisation has obtained the property at a price of R16 000.

Why was the plot sold to a church centre when it was explicitly advertised for and zoned for business purposes?

This was the only property where our business would have been viable and we feel our human rights have been violated.

Loyiso Sibelekwana

The Municipal Manager, Jacques Carstens, responds: It is correct that the said erf was advertised to be sold as a business erf. 

Tenders received also included one for a church development, and Council, after due consideration, decided to accept the highest tender which was for the development of a church centre.

The zoning scheme is currently being compiled and in future provision will be made for more business erven in the relevant area.<


Voorkoming is beter

Editorial

[ Top ]


DIE jaar is verby, die skole is gesluit en vir baie van ons beteken dit 'n welverdiende ruskans.

Maar moenie te veel ontspan nie - die misdadigers se groot oesseisoen het pas begin.

Selfone, beursies, handsakke en wat nog is maklike buit vir hulle.

Mense wat Kersinkopies doen, is dikwels nie so op hul hoede vir hierdie manne met die lang vingers nie en dit is wanneer hulle toeslaan.

Sorg dat besittings nie los rondlê in motors nie, hou selfone en beursies op veilige plekke en hou handsakke styf vas.

Die belangrikste is om op te let wat om 'n mens aangaan. Moenie alleen in verlate stegies stap nie en vermy ook groot samedrommings van mense.

Ook motorryers moet ekstra versigtig wees - dink maar namens die ander bestuurders en ook die voetgangers.

Baie mense het afskeidspartytjies en dronkbestuur en roekelose of nalatige padgedrag is aan die orde van die dag.

Laat ons maar onthou, voorkoming is baie beter as genesing.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za