safetop
uitleg2mouthpiece
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 11 December 2003

uitlefstreep

This site will be updated on 18 December  2003 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Nuus - News


Vrees ná plaasaanval

Malané Bosman

[ Top ]


DIS onbeskryflik, om jou man te sien kniel met twee vuurwapens teen sy kop en wanneer dit stil word, nie te weet of hy êrens dood lê of in die kloue van ontvoerders is nie.

Die vrees van die nag verlede week toe gewapende mans in hul Nuwedrif plaashuis in Noorder-Paarl ingebreek het, sal Stefan en Andriesa Basson nie maklik vergeet nie.

Die egpaar was Donderdagnag om halfdrie vas aan die slaap in hul kamer, met 'n lugreëlaar wat om hulle raas. Stefan het uit die bed gespring toe hulle skielik brekende glas in die kombuis gehoor het.

"Ek het gedink dis die hond wat die kat .

wstefanFC

TEIKEN. 'n Koeël uit 'n inbreker se pistool het deur Stefan Basson se been tot teen die yskas getrek.

teen 'n ruit gejaag het, en het sonder my vuurwapen die gang af gehardloop."

Toe Stefan om die kombuisdeur kom, het 'n man sonder aarseling 'n skoot op hom afgevuur. Die koeël is deur sy bo-been en teen die yskas vas.

Andriesa het intussen met hul tweejarige seuntjie uit hul slaapkamer na hul dogtertjie (6) se kamer gehaas en die deur toegesluit. Stefan het teruggehardloop en die paniekknoppie gedruk.

"Ek het die telefoon opgetel, maar dit was dood - die drade was buite geknip. Toe gryp ek my pistool.

"Terwyl ek nog die pistool uit sy sakkie haal, het ek al omgedraai kombuis toe," het Stefan gesê.

In die gang is hy egter deur twee gewapende mans oorrompel. Hulle het sy pistool afgeneem en hom op sy knieë gedwing, met twee vuurwapens teen sy kop.

Terwyl die mans geld, juweliersware, selfone en die motorsleutels geëis het, het Andriesa ongesiens by die slaapkamerdeur uitgeloer.

"Een van die mans het gesê 'Skiet dood die vark'. Ek weet Stefan het gedink hulle gaan hom doodmaak. In die kamer het ek net gebid," sê Andriesa.

Die sirene het die heeltyd kliphard op die huis se dak geraas.

"Dit het waarskynlik die mans aangejaag. Ons weet nie wat sou gebeur het as hulle meer tyd gehad het nie," meen Stefan.

Die rowers het deurentyd in Xhosa met makkers buite die huis gepraat en skielik die  bakkiesleutels gegryp.

Hulle het Stefan buitentoe probeer dwing, maar in die geharwar kon hy die aanvallers ontduik."

Met bloed wat uit sy been drup, het Stefan die 400m na sy broer se plaasopstal gehardloop.

Andriesa het intussen besef alles is doodstil, en het benoud na haar man begin soek.

Sy het die kinders gegryp en kaalvoet en in nagklere sowat 600m deur wingerde na arbeidershuise gehardloop, vanwaar sy die polisie kon skakel.

Die rowers is met die vierwielaangedrewe Colt bakkie deur 'n drif in die Bergrivier in die rigting van Mbekweni.

'n Ooggetuie het vertel hoe sy gesien het ses mans, tussen 18 en 25 jaar, spring uit die voertuig en hardloop weg toe dit met die voorwiele oor die treinspoor vasgeval het.

Spoornet is in kennis gestel om 'n treinbotsing te verhoed, totdat Siem Basson sy broer se Colt van die spoorlyn kon trek.

"Ons lewe nou in vrees in ons eie huis," het die Bassons gesê.

Behoorlike veiligheidstralies en 'n geëlektrifiseerde heining word aangebring.

* A Paarl family were terrorised by robbers on their farm


Maatjies verdrink saam

Malané Bosman

[ Top ]


TWEE maatjies het Dinsdagmiddag gesterf nadat hulle in 'n plaasdam op L'Avenir by Franschhoek beland het.

Niemand het van die drie-jariges, Rodney George en Nadine Sebastiaan, in die dam geweet totdat 'n maatjie, Rodney Hendricks (5), sopnat by die arbeidershuise gekom het nie.

'n Tiener, Wendy Njobe (foto), het die steil wal van die dam uitgeklouter en "'n pop" sien dryf.

Bernard Matebese (15) het ingeswem en die seuntjie uit die diep water gehaal.

Die pink skynsel van 'n hempie op die modderbodem in vlakker water, het die dogtertjie se beangste moeder laat besef haar kind het ook verdrink.

Paarl ambulanspersoneel was binne 20 minute op die toneel en het onmiddellik mond-tot-mondbehandeling begin toepas.

Die paramedici het onverpoosd noodredding toegepas, ook in die ambulans tot by die Paarl Hospitaal.

Eers daar is die resussitasie gestop toe die kindertjies deur 'n dokter as dood gesertifiseer is. Die uitgeputte ambulansmanne het die lykies na die polisie lykhuis geneem.

Die kinders se grootouers is werksaam op L'Avenir, waar die begrafnisdiens Saterdag gehou word. Hul pa's is neefs.

 Rodney word oorleef deur sy ouers Kobie Conradie en Marlene Boonzaaier en 'n agt-jarige sussie.

Nadine laat haar ouers, Steve en Lee-Ann Conradie en 'n maand-oue bababoetie.

* Two young children drowned together in a Franschhoek farm dam this week.


Vrou sterf na botsing op pas

[ Top ]


'n VROU van die Paarl, die 54-jarige Magdalena Frieslaar, is verlede Dinsdag dood aan beserings wat sy opgedoen het in 'n motorongeluk in die Dutoitskloofpas.

Volgens haar man, Hendrik, was hulle onderweg Worcester toe op Saterdag 30 November.

'n Motor, ook van die Paarl, het van vooraf teen hulle gebots naby Lekkerwater op die ou pas.

"Ek het gesien die man ry aan die verkeerde kant en baie vinnig, toe het ek stadiger gery totdat ek amper stilgehou het," vertel Frieslaar.

Hy kon egter nie die botsing vermy nie. Sy vrou se linkersy is vergruis in die ongeluk en sy is na vier dae in die hospitaal oorlede.

Frieslaar het beserings aan sy kop, knieë en nek opgedoen.

Hulle kleinkind, Leandré Galant (3), wat ook voor in die bakkie was, het beserings aan haar gesig en oor opgedoen en is drie dae lank in die hospitaal behandel.

Agter in die bakkie was Frieslaar se suster, Martha Isaacs, en nog vyf kinders. Die kinders het skok en geringe beserings opgedoen, maar Isaacs sal nog ses weke in die hospitaal moet deurbring vir 'n heupbesering.

Mev Frieslaar laat haar man, ses seuns, August, Niklaas, Jacobus, Saul, Elrico en McNeill agter, asook ses kleinkinders, sewe suster en vyf broers.

Die begrafnis word Saterdag om 09:00 by die huis te Waterbokstraat 128 gehou en om 10:00 in die Immanuel Kerk, Charleston Hill.

Kevin Jacobs (21), van Simfonielaan 180, Groenheuwel, is die volgende dag in hegtenis geneem vir bestuur sonder lisensie en gebruik van 'n voertuig sonder verlof van die bestuurder. Hy het van die ongelukstoneel verdwyn.

Die eienaar van die motor is Christo Eksteen van Saffraanlaan 8, Paarl-Oos.

* A Paarl woman died after a collision on the Du Toit's Kloof Pass.


Boost for Paarl CBD

[ Top ]


THE wheels are finally rolling for the upgrading of the centre of Paarl.

On Tuesday Mayoral Committee tabled an amended proposal on the redevelopment of the Paarl Central Business District for approval by Council.

The proposal is a response to plans submitted by a representative of the Paarl CBD owners to renew a part of the CBD.

The amended proposal calls for the creation of a steering committee to manage the redevelopment process from Council side.

This committee will work in conjunction with the business community and civil society. and will be the prinsipal decision making body for all aspects of the redevelopment.

Three functional units will also be created to serve the steering committee: research, planning and operations & communications.

Several ad hoc units have also been proposed to allow other sectoral representatives and interest groups to have input into decision making.

The Mayoral Committee has also proposed the creation of a special purpose vehicle, which will be the corporate entity that will raise the finance for the project as well as earn profits from the development.

Details of the shareholding in the special purpose vehicle, including black economic empowerment, are to be discussed at a later stage.

Executive Mayor Herman Bailey says they see this project as an historic event for the people of Drakenstein and expects it to pave the way for several other developments in the future.


Vrou ontvoer ná liggiesfees

[ Top ]


'n JONG vrou is Saterdagnag vier uur lank om die beurt deur sewe mans verkrag nadat sy onderweg huis toe van die Paarlse Liggiefees ontvoer is.

Die vrou (22) en haar jonger suster (17) was kort voor middernag te voet op pad na hul woning op 'n plaas in Noord Agter-Paarl.

Toe hulle besef hulle word deur 'n motor agtervolg, het hulle probeer weghardloop, maar net die jonger meisie het haarself in 'n wingerd kon versteek.

'n Groep mans het uit die motor gespring en die ander suster gevang, na die voertuig gesleep en met haar weggery.

Sy is na 'n beboste gebied tussen die Paarl en Wellington geneem waar sy tot halfvyf Sondagoggend aangerand is.

Die vrou is erg beseer en getraumatiseer.

Wellington speur-insp Donwin Agenbagh (873-1141) is op soek na die bende verkragters.

By die fees oor drie aande is sowat 35 arrestasies gedoen is vir drank- en dwelmmisbruik. Twee motors is ook gesteel op Patriotplein, waar die pretpark was.

* Insp Francois Conradie, wil graag met ene Daars "Trompie" Jacobs (24) van Drakensbergweg, Egoli, in aanraking kom.

Hy kan dalk behulpsaam wees in die ondersoek na die verkragting in die vroeë oggendure Saterdag van 'n 28-jarige swanger vrou langs die spoorlyn in die New Rest woongebied by Wellington.


Vrou voor bank beroof
van R36 000

[ Top ]


'n VROU is voor 'n bank in die Paarlse middedorp van R36 000 beroof toe twee mans haar van haar voete afgestamp het.

Die vrou het aan Paarl speur-insp Lucas Lourens gesê sy het Maandag om 13:00 met haar motor van 'n drankwinkel na Eerste Nasionale Bank in Lady Greystraat gery.

Toe sy uitgeklim het, is sy van agter teen haar rug gestamp. 'n Man het die geldsak met R36 000 kontant uit haar hande gegryp en weggehardloop.

Insp Lourens (807-4000) is op soek na twee swart mans. Die een was geklee in 'n blou denimlangbroek, wit T-hemp en swart keppie.

Dit is moontlik dat die vrou per motor agtervolg is, en dat die mans dalk in 'n voertuig gespring en so ontvlug het.

"Wees versigtig," het Lourens gewaarsku, "wanneer geld in jou hande gedra word. Verander ook die tyd en patroon waarop lone afgehaal en geld inbetaal word."

In 'n ander voorval verlede week is 'n 78-jarige man en sy vrou Vrydag by die Suider-Paarltak van Eerste Nasionale Bank van R1000 beroof.

Twee bruin mans het hul bejaarde slagoffer teen die grond gestamp toe hy uit die bank gestap het, die geld uit sy hand gegryp en na 'n wagtende motor gehardloop. Die rowers het  verdwyn.

* A businesswoman was robbed of R36 000 in front of a Paarl bank.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za