safetop
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 13 January 2005

uitlefstreep

This site will be updated on 20 January 2005.

Aida
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

 Letters - Briewe


Dankie vir hulp met brand op Paarlberg

[ Top ]


DIE bergbrand wat tussen 2 en 5 Januarie gewoed het, het verskeie kere gesorg vir naelbyt-oomblikke. Die moontlikheid van skade aan woonhuise, pakskure, wingerde en boorde was groot.

Dit is jammer dat soveel mense se lewens in gevaar gestel is en eiendom blootgestel aan vernietiging met onnodige uitgawes vir die belastingbetalers, meegebring weens onbedagsame individue.

Minimale verliese is egter gely as gevolg van flinke optrede en hulp van verskillende persone.

Opregte dank aan almal wat meegewerk het om die impak en skade van die brande te mini-maliseer. Dit is moeilik om sekere persone  uit  te sonder, maar ons wil egter die volg-ende persone en instansies by name noem:

* Derick Pekeur, assistent-hoof van Drakenstein Brandweer wat lang ure aan diens was om die brandbestry-dingsaktiwiteite te koördineer.

* Barry Stander, sy seuns en personeel van hul privaat Brandbestrydingsonderneming wat vanaf Sondag tot Woensdag intensief betrokke was om professionele en kundige hulpverlening te bied.

* Rikus Swanepoel van Drakenstein se natuurbewaringsafdeling wat deurentyd deur advies en ondersteuning groot skade help voorkom het.

* Brandweer- en ander personeel van Drakenstein en die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit, personeel en die helikopter verhuringsmaatskappy vir spesiale dienste en ondersteuning.

Dit was 'n voorreg om te sien hoe soveel van die personeel met 'n besondere passie werk. Mag almal in die toekoms dieselfde mate van werkspassie ontwikkel en openbaar.

* Raadslede van die plaaslike owerhede wat hulle sorg en belangstelling getoon het.

* Spesiale dank aan die personeel van ons plase wat dag en nag onder  moeilike omstandighede spesiale bystand verleen het.

* Hulp en ondersteuning van mede-boere, bure, vriende en die gemeenskap word opreg waardeer.

* Bo alles, ons  innige dank en eer aan ons Hemelse Vader  vir krag wat Hy aan almal verleen het om die brand te blus sonder enige menseverlies of skade aan eiendom.

Freddie en Maria Kirsten en gesin, Vredenhof, Noorder-Paarl


Complaint against criminal proceedings

[ Top ]


I RECEIVED a Subpoena to appear in the Regional Court, Paarl Main Street. As a law abiding citizen I pitched up at 9 o'clock and realised at 1 o'clock that most of the people were leaving. 

Eventually another witness for the same accused informed me that we must return at 2 o'clock.

 I waited and waited - no one came out of court and no one went into court. 

At 15:45 the court ordinance appeared - I approached him to enquire how long I still need to wait. He informed me "that the accused was free to go - didn't the prosecutor inform me?" 

I wonder on what grounds the accused was acquitted. Could it be that the two witnesses were still waiting outside to testify? 

I hate to think what the consequences would have been if I never pitched up to testify/declare all I know concerning the theft of my vehicle!

Witness

The regional court, replies: The court was very busy that day with 17 cases and conducted business for a total of five hours and fifteen minutes. The defendant had admitted to the facts which the witness was to testify on. The prosecutor concerned did not however have time to go out and inform the witness that she was no longer required. We regret the inconvenience to the witness. We would like to thank the witness for her willingness to testify and hope that more people will follow suit.


Diefstal van water

[ Top ]


EERS het ek gedink daar's net so hier en daar 'n sondebok, maar my naïwiteit het gou in skok en misnoeë verander toe elke tweede persoon met wie ek praat, erken dat hy/sy maar 'water steel', want 'niemand sien my mos nie'.

Dit gaan dikwels nie eens oor sogenaamde liefde vir plante nie - vir my persoonlik is dit die ergste om lewende plante te sien ly en kwyn - maar doodgewone selfsug en arrogansie.

Dit is seker ook dieselfde mense wat hulle nie aan spoedbeperkings steur nie.

Ek staan oorstelp dat mense kan dink dat hulle verhewe is bo reëls. Ek staan beskaamd om te dink dat baie van ons slegs die regte ding doen wanneer ons opgepas word.

Marianne, Paarl


Huur is hier te duur

[ Top ]


EK verwys na die voorbladartikel in Paarl Post van 2 Desember oor Paarl Mall.

Dit was voorbladnuus dat 45% van Paarl Mall se huurders plaaslike besigheidspersone is. Dit is definitief nie die situasie soos verduidelik deur die ontwikkelaars die aand met die bekendstelling nie. Ek twyfel of daar 5% plaaslikes sal wees.

Ek is van mening dat die Mall net vir sekere besighede/persone bedoel is.

Die korporatiewe maatskappy kom weereens prominent navore en dat die huur nie bekostigbaar vir enige individuele besigheid is nie. Die huur wissel tussen R270 tot R300 per vk meter  en daar moet nie uit die oog verloor word dat jy nog 'n fooi moet betaal vir die sentrale verkoelingstelsel, water, elektrisiteit, vullisverwydering en pro rata vir eiendomsbelasting.

Baie van ons plaaslike sakepersone wat teenwoordig was, was baie teleurgesteld met die voorwaardes van die Mall.

Onder andere is die huur ontsettend hoog en nie bekostigbaar vir die individuele entrepreneur nie.

Tweedens, die Mall het geen vermaaklikheidsplekke nie en  derdens sal dit om 18:00 sluit en Saterdae selfs vroëer. Met hierdie faktore in ag geneem is dit duidelik dat die Mall net vir 'n sekere groep besighede bedoel is, en nie vir plaaslike entrepreneurs nie.

Teleurgestelde entrepreneur


Flinke optrede van polisie waardeer

[ Top ]


GEDURENDE 2004 is ek aangerand, my motor gekaap en die polisie was gou op die toneel voordat ek na die ongevalle-afdeling vervoer is.

Baie dankie vir die goeie werk van inspekteur Jason Pietersen en konstabel Danene Smit, wat die skuldige aangekeer het en onder moeilike omstandighede hierdie gevaarlike kalant gerarresteer het.

Ek besef dat ons polisie geweldig baie werk het en het groot waardering vir die moeite en tyd wat aan my saak bestee is. Baie sterkte met die dikwels gevaarlike werk wat u moet doen.

JG de Villiers


Rocky road for motorists

Editorial

[ Top ]


BUYING a secondhand car is always a risk, as you have no guarantee that the engine is in mint condition or that the previous owner is not selling it neatly patched up following a crash.

A vehicle straight from the factory would not have had the chance to take suspect byways - like those leading to the pockets of greedy dealers.

But wih the high price of new vehicles, not everyone can afford to buy a shiny new car off the shelf.

So while the middle-class motorist braves the hard world of the vehicle trade, he should take no chances as far as the reputability of the dealer or the seller is concerned.

Never purchase a vehicle without checking the origin and rechecking the history of owners, even - as has emerged during a current investigation into car theft and fraudulant registration in Wellington - if the seller is known to you.

The most recent arrests include alleged buyers of stolen vehicles, secondhand car dealers and most alarmingly, an official at Drakenstein Municipality's traffic centre in charge of issuing roadworthy certificates when cars change owners.

That is why is it is good news for drivers of second-hand vehicles, when the brakes are put on offenders.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]