safetop
ppostgothic
uitlefstreep

Thursday 13 January 2005

uitlefstreep

This site will be updated on 20 January 2005.

Aida
b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost

 

People - Mense


Groot Kersgeskenk vir Claudine

[ Top ]


'n JONG Paarlse vrou is vol blydskap weer tuis nadat sy in Desember 'n nieroorplanting ondergaan het.

Claudine Bruintjies (25) het op 6 Desember die operasie ondergaan. Wat dit so merkwaardig maak, is dat die skenker van die nier haar ma, Clara Bruintjies (41), is.

Toe Claudine in 2002 uitvind dat sy aan nierversaking ly, kon sy nooit raai dat haar ma die een sal wees wat tot haar redding sou kom nie..

DANKBAAR. Nierpasiënt Claudine Bruintjies (regs) by haar ma Clara en kleinboet Henricho.

Met die toetse wat gedoen was op familielede om te sien watter een geskik was, is dit Clara wie se weefsel die naaste aan Claudine s'n was.

"Omdat ek nooit gerook en gedrink het nie, maak dit die nier uiters geskik vir oorplanting," sê Clara.

Die operasie was 'n sukses, met geen komplikasies nie, en Claudine, wat in Suider-Paarl bly, is na twee weke ontslaan. Haar ma, van Klapmuts, was slegs twee dae in die hospitaal.

Albei die "pasiënte" was van die begin af baie positief oor die operasie.

"Daar het so baie gebede uitgegaan na ons albei dat ons maar net kan dankbaar wees dat alles goed afgeloop het," sê Clara.

"Ek voel mense moet meer bewus gemaak word van orgaanoorplantings, aangesien daar steeds pasiënte is wat wag op oorplantings," sê Claudine.

Kleinboet Henricho (11) is net baie bly dat sy suster en ma veilig terug is by die huis.

"As my ma nie die nier geskenk het nie dan sou ek dit gedoen het," glimlag Henricho trots.

Hoewel Claudine nog gereeld ondersoek moet word, lyk dit asof sy weer op 1 Februarie sal kan begin werk as winkelassistent by 'n plaaslike supermark se bakkery-afdeling.

"Daar is beslis 'n groot verbetering in my lewe. Ek voel baie beter en die simptome van waterretensie en moegheid het verdwyn," sê Claudine.

"Ek is my ma ewig dankbaar vir wat sy gedoen het - dit was die grootste Kersgeskenk waarvoor ek nog ooit kon vra."

* A Klapmuts woman donated a kidney for transplant into her daughter


Pa en seun vier matrieksukses

[ Top ]


SOOS met enige suksesvolle matrikulant hierdie tyd van die jaar, is daar groot blydskap in die huis - veral in die geval van 'n Paarlse bewaarder en sy seun wat saam die matriekeksamen aangepak het.

Martin Gouws (40) en sy seun Bradley (17) het albei geslaag en wag nou albei net vir hul Senior Sertifikate om aan te kom.

Martin het in 1984 die skool in standerd agt (graad 10) verlaat. Hy is oorspronklik van Niekerksdorp, in die omgewing van Kimberley, en was verbonde aan die Homevale Senior Sekondêre Skool. Hy het in 'n fotografiese besigheid gewerk tot in 1986, toe hy aangesluit het by Kuruman Korrektiewe Dienste as bewaarder.

In 1988 skryf hy in vir matriek en in 1989, net weke voor sy troue, skryf hy die matriekvakke Geskiedenis, Afrikaans en Engels op Kimberley.

Verlede jaar het hy Aardrykskunde, Wettereg, Afrikaans, Engels, Biologie en Bybelkunde geskryf.

Hy is baie opgewonde dat hy geslaag het, maar is bietjie omgekrap oor die 12% wat hy in Bybelkunde gekry het, terwyl hy eintlik banger was vir Wettereg.

"Ek weet dat ek hard geleer het hiervoor en dat ek beter kon gevaar het. Ek gaan so gou as moontlik my vraestel laat hermerk, omdat ek baie ontevrede is oor die punt."

Martin het baie gelukwense ontvang: "Selfs my standerd ses onderwyseres het my geskakel om my geluk te wens, maar ook om my te herinner dat ek nie moet vergeet waar ek vandaan kom nie."

Oor die vraestelle kla hy nie: "Daar is 'n verandering - wat my opval is dat hulle vroeër jare jou probeer vasvra het, maar nou word jou begrip getoets."

Bradley en sy vriende is uitgedaag om beter te vaar as sy pa. Hy het dit toe reggekry met 64% teenoor die 61% van sy pa in Afrikaans - nou skuld Martin die jongklomp 'n groot braai.

Bradley, wat die Clint Brink-trofee vir spraak en drama by New Orleans Sekondêr se diplomaplegtigheid ontvang het, wil nou in dié rigting studeer.

Hy gaan vanjaar Spraak en Drama asook Bemarking aan die Northlink-kollege in Goodwood studeer, terwyl Martin ook nie op sy louere gaan rus nie. Hy wil hom verder kwalifiseer deur Bemarking by Paarl Kollege te studeer.

* A Paarl father and son both passed after writing the matric exam last year.


First principal for local school

[ Top ]


THE Wellington Preparatory School at Diemersfontein has appointed Mike Aubin as principal. He brings with him a wealth of experience in education, including eight years at Rondebosch Boys and more recently seven years as principal at Marsh Memorial Children's Home.

"The unique blend of smaller classes, a strong ecological base in beautiful rural surroundings at affordable private school rates, will prove to be a winning formula at Wellington Prep". 

"Working with children and building foundations for our future leaders has always been my passion and I cannot think of a better place to do so than at Wellington Preparatory School."

The school also has a Playgroup and After Care.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@paarlpost.co.za  

[ Top ]