|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
I WOULD like to get the view of the Municipal Manager on the appointments of full-time councillors (Paarl Post of 6 February). Are there proper job descriptions with functions to justify the full time appointment of these individuals? If possible can these profiles be made public so that we as rate-payers can have a look at who does what. What I can derive from Deetlefs du Toit's letter is that Drakenstein Municipality want to use the capital expenditure budget for operational expenditures. I don't see headcount count as an asset. Where are they going to get money from to fund the projects which funds they reallocated to pay salaries? Why couldn't they fund a Municipal Police force from the Capex budget or were plans made to budget for it in the next financial year or somewhere in the distant future? Concerned Paarl Resident |
|
|
|
|
SHAME, shame Municipality that you are denying cricket visitors the sight of real Paarl by closing certain streets. What do you intend to do about other areas, should these overseas visitors, after a drive through the CBD, decide to relax on a shady bench in our beautiful park? Will Faure and Market Streets also be a NO GO area? The plans for Paarl's CBD suggests Paarl could again become a thriving town, provided certain criteria are met, viz cleaning up litter, crime, hawkers and parking, etc. Where are the days when councillors considered it an honour to serve this town and carried out their duties without remuneration, private offices and computers and support staff as we, the ratepayers have now been informed, the Excom members are to receive? Paarl in those days was a clean and prosperous town and even a surplus in the municipal coffers. Potholes |
|
|
|
|
WAAR kom die R2 miljoen nou vandaan? Het die Raad begroot vir die voltydse raadslede? Wanneer het die raad hiervoor begroot? Was die R2 miljoen begroot voor die advertensie van die Munisipale Polisiemag? Keuring van die polisiemag het plaasgevind, die mense is opgelei, maar kon nie aangestel word nie. "Blykbaar was daar nie begroot vir die Munisipale Polisiemag nie". Ek dink die Munisipale Polisiemag is 'n noodsaaklikheid. Hulle gaan immers misdaad bekamp. Ek twyfel of die twaalf voltydse raadslede misdaad sal kan bekamp. Hierdie Munisipale Polisiemag is nou tydelike verkeerskonstabels. Ek twyfel of hierdie mense aansoek sou gedoen het vir 'n tydelike pos. Kom Drakenstein, laat ons die Munisipale Polisiemag op die been kry, asseblief. Maak die tere saak reg wat julle verbrou het. Dit is verblydend om te sien daar is enkeles in die raad wat oor die regte dinge kan praat. My vraag aan Drakenstein se raadslede is: Wie gaan misdaad bekamp, die voltydse raadslede of die Munisipale Polisiemag? Baie besorgde inwoner, Paarl |
|
|
|
|
NA aanleiding van die berig in die Paarl Post oor die bedreigde voortbestaan van Laerskool Klein-Drakenstein, wil ek graag die volgende ter stawing aan u voorhou. Ek was 'n jaar lank 'n baie trotse leerder van hierdie uiters besondere skool. Bolanders kan baie trots wees op al sy goed toegeruste, bekwame skole met wonderlike leerkragte. Maar by hierdie "plaasskooltjie" heers daar iets wat geen ander skool kan bied nie... leerders vertrap mekaar nie, jy's in elk geval kaalvoet! Niemand hoef mee te ding vir aandag van die onderwysers nie, want met vier leerders in die klas het juffrou meer tyd as ma! Mnr Brink en sy personeel het ons geleer dat jy 'n besige dag by die skool kan kombineer met die môre-sê van die eekhorinkies, sowel as wedersydse respek vir mekaar. Kaylen Potgieter |
|
|
|
|
WE, the Chelsea Soccer Club of Mbekweni, have been invited to participate in an Anniversary Easter Tournament in East London, hosted by the Cloud Nine Soccer Club. We need an amount of R2000 to participate and are in need of donations. Anyone who wish to contribute, please contact me at 082-7264-329. Loyiso |
|
|
|||||||||||||
|
DAAR word deesdae heerlik lugkastele gebou in die Paarl. Veral oor die middedorp het almal 'n stuiwer in die armbeurs te gooi. En sal dit nie wonderlik wees as Lady Greystraat omskep kan word in 'n koel, rustige inkopiesentrum nie? Wie sal nou nie graag onderdak wil rondkuier en weer opnuut al die interessante winkels wil ontdek nie? Maar terwyl ons nou die towerstaf in die hand het, kan 'n mens seker maar die wenslysie vir Drakenstein uitbrei. Netjiese taxi-staanplekke met ordentlike geriewe vir die bestuurders en hul passasiers kan net 'n aanwins wees. As die taxi-bestuurders dan ook 'n bestuursles of twee kan kry, saam met al die ander jaagduiwels en onverskilliges, sal 'n mens dalk selfs vrede kan maak met die slaggate in die pad. Die informele handelaars bly maar 'n kopseer - sal dit nie salig wees as daar uiteindelik 'n oplossing kan kom wat vir almal betrokke, aanvaarbaar sal wees nie? Op die oomblik is 'n mens só besig om te vleg tussen ware wat die sypaadjies vol lê (en dan nog 'n oog oophou vir sakkerollers ook) dat daar nie veel van koop kom nie. Laaste, maar beslis nie die minste nie, is seker die grootste, onontginde toeriste-aantreklikheid in die Paarl: die Bergrivier. Sal ons towerstaf tog nie sterk genoeg wees om 'n ontwikkelaar op te tower wat hierdie natuurlike bate kan verander van 'n kopseer tot 'n riviera? |
|||||
|
|||||