|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|
|
Paarl's regeneration and growth is waiting to happen, it only needs the right processes put into place to facilitate a kickstart, said property consultant Annien Borg. According to Paarl Partnership chairman Dana Buys, what is needed is co-operative engagement between business in Paarl and the public sector, together with support from tourism authorities and other major stakeholders in the Paarl Valley. "Several critical issues, if addressed adequately, will result in significant improvement to Paarl and also create and sustain employment, important given our unemployment rate of 19%," he said. "Many solutions, successfully tested in other major urban, are available to us. "Crime and grime are two major concerns in Paarl, while parking and informal trading also require urgent attention. "The potential exists to capitalise on the growing number of tourists visiting Cape Town through brand positioning, marketing collateral, the integration of our attractions into an identifiable and unique destination and the involvement of previously disadvantaged communities. "We have to begin extensive consultation with the municipality so that we can agree on priorities and the most efficient way forward," Buys said. A major issue to be taken up with the Paarl municipality is the taxi industry which is, according to the research, "undercatered for, lacking in space and service". One of the proposals for Lady Grey Street is the creation of a CBD Mall both sides of the street, like Somerset Mall, but without the travelling involved. "Council is excited about the idea," Paarl businessman Johan Pauw said. Michael Farr had the last word: "Paarl has a distinct advantage in that its citizens are enormously loyal and passionate about their town and clearly have its success at heart." |
|
|
||||||||||
|
A SECURITY guard, the father of two young children, was left semi-paralysed after robbers shot him outside a Wellington supermarket. The guard (32) was on duty outside the Spar supermarket in Van Wyksvlei on Saturday when four men approached him. They pretended to be the victims of a bicycle thief and begged him to assist them. The guard was lured around the supermarket towards Poole Street. When he realised he had been tricked, the guard tried to escape, but he was shot in the chest. One of the robbers grabbed his service pistol before the men made their get-away in a waiting car, leaving the bleeding guard on the pavement. Onlookers called for help and within minutes police had barricaded all roads leading from the Van Wyksvlei and adjacent residential areas. Mbekweni police, assisted by the Paarl dog unit, intercepted the suspect vehicle at the Dalvale garage. The four men in the old model Renault, with a CW registration numberplate, were arrested. The driver, Leon Johnson (24) of 62 K-Block, Mbekweni, is still in custody. The three passengers were released after it was established that they had been given a lift after the shooting. An around the clock investigation led Detective-Inspector Niel de Lange to Daveyton, Johannesburg, where a second suspect had fled after the attack. De Lange returned with Sithimbela Plati (23) of Mbekweni on Monday night. The man suspected of pulling the trigger, Toto Hebe (23) of Mbekweni, is still on the run. The guard cannot be identified as his life might be in danger. He suffered a spinal cord injury, which has left him paralysed from the chest down. The young father remains positive, however, that he will recover fully. |
|
|
|||||||||||||
|
'n PAARLSE polisievrou het gesoute Kaapse polisiemanne lelik op hul neus laat kyk toe sy 'n motordief wat deur Interpol gesoek word, in sy woning in Manenberg aangekeer het. Nie net het sy die leier van die sindikaat motordiewe agter tralies kon sit nie, maar sy het vir twee inwoners van Courtrai hul gesteelde voertuie heelhuids teruggekry. Insp Leana Hardy het verlede Vrydagoggend die diefstal begin ondersoek van twee Toyota bakkies en 'n Venture die vorige nag in Courtrai. Al drie voertuie was met ratslotte beveilig en nêrens was daar tekens van glasskerwe van gebreekte ruite nie. Daar word vermoed dat die diewe wegsleepvoertuie gebruik het om hul buit uit Courtrai te neem. Teen die middag het sy inligting gekry wat daarop gedui het dat die voertuie na 'n werkwinkel in Manenberg geneem is. Met niemand van die Kaapse voertuigtak of die ernstige misdaadeenheid wat haar kon help nie, het sy ene Petrus Saaiman (34) van Mitchellsplein die aand saam met polisiebeamptes van Manenberg gaan arresteer. In die werkwinkel het insp Hardy op een van die bakkies en die Venture afgekom. Al wat van die tweede bakkie oor was, was die voorruit. Die hele Saterdag en Sondag het insp Hardy die dossier voorberei sodat Saaiman Maandag in die hof kon verskyn. Benewens die motordiefstalklagte is daar ook 'n verdere klagte van omkopery gevoeg nadat hy na bewering R20 000 aan 'n polisieman van Manenberg aangebied het. Intussen het Interpol besef die verdagte is die einste man wat hulle al ses maande lank op digby 'n honderd klagte van so wyd as Melkbosstrand, Tableview, Bothasig, Claremont en Mitchellsplein soek. Hy word daarvan verdink dat hy as deel van 'n sindikaat voertuie laat steel het wat oor die Suid-Afrikaanse grense gesmokkel word. Maandag is 'n verligte Frank Meaker van Louvrestraat en JD Koegelenberg van Costertonlaan saam met insp Hardy na Manenberg om hul voertuie te gaan opeis. Net vir Lina Pingo van Flambeaustraat was daar nie goeie nuus nie. Van haar Hi-Lux kry sy net die voorruit terug. * A Paarl police woman has managed to arrest a notorious car thief in Manenberg. |
|
|
|
|
SEWE mans is die naweek in die Paarlvallei met messe vermoor, vir so min as 'n R20 noot of 'n bottel wyn. * 'n Stryery oor drank by 'n shebeen in die New Rest woonbuurt by Wellington het Vrydagnag tot die dood van 'n jong man gelei. Songizele Makanga (20) van Mbekweni is met 'n mes in die nek gesteek. Een van sy vriende, Mzuvuneli Qungi (20) is in hegtenis geneem. * 'n Bejaarde man het in Carterville aan die hand van 'n 17-jarige gesterf wat geld van hom geëis het. Frans Wildskut (60) van Cameleonstraat, New Rest, is deur 'n groep jeugdiges aangeval. Hy het tot by die voorhekkie van bure gestruikel waar hy inmekaargesak het. Wellington speur-insp Francois Manus (873-1141) ondersoek dié sake. * 'n Bakleiery oor R20 het Saterdag om 14:00 geëindig in die dood van Willie Jagers (32) van Van der Stelstraat 12, Paarl-Oos. Hendrik Prins (32) is van moord aangekla. Speur-insp Shane Pietersen (807-4084) sal graag met ene Jannie, 'n moontlike getuie, wil skakel. * 'n Meningsverskil oor tradisionele inisiëring het die naweek gelei tot die mesdood van 'n man van Fairyland. Daniel Xolile Skombula (49) het Saterdag 12:00 aan 'n steekwond in die bors gesterf. Die beskuldigde, Mbuti Hlulane van Fairyland, is 'n kennis van die oorledene. * Paarl-Oos speurder Shane Pietersen ondersoek bogenoemde moorde, asook die ontdekking van 'n onbekende, erg beseerde man in Fairyland Saterdagnag. Inwoners het die man probeer help, maar hy het op pad na die hospitaal aan 'n wond in die nek gesterf. * 'n Man wat Saterdagaand tussenbeide getree het toe twee mans oor drank gestry het in Agste Laan, Wemmershoek saagmeule, is dood toe 'n meslem hom in die bors getref het. Die slagoffer is Henry Davids (28) van Merlingham, Groot Drakenstein. Insp Salie Jonkers van Franschhoek ondersoek die moord. * Polisie wat Sondagmiddag 'n klagte van rusverstoring in Jan Fiskaalstraat 388, Paarl-Oos, moes bywoon, het die liggaam van Francois Naudé (32) in die huis aangetref. Hy het aan 'n meswond in die linkerbors gesterf. Sy houvrou, Jeanette Slingers, is vir 'n meswond aan die vinger behandel. 'n Aanklag van moord word teen haar ondersoek deur insp Gavin Lombaard (807-4092). * Seven men have died from knife wounds in the Paarl Valley at the weekend. |
|
|
|
|
DIE vermeende verkragter van drie hawelose vroue in die Paarl is agter tralies. In Desember 2001 is 'n swanger, hawelose vrou teen die Bergrivier aan Laer-Lady Greystraat verkrag. Haar beweerde aanvaller is in hegtenis geneem, maar die saak moes geskrap word toe die klaagster ná die voorval verdwyn het. Ses maande later, in Junie 2002, is 'n vrou teen die Bergrivier voor die kanoklub verkrag. Haar houman het na die polisiestasie aan die oorkant van die rivier gehardloop en binne minute het beamptes die vermeende verkragter aangekeer. Alhoewel die polisie borg opponeer het, is die beskuldigde deur die hof op borg vrygelaat. In Desember, weer ses maande later, is 'n vrou op die walle van die rivier teen Bergrivier Boulevard-Suid verkrag nadat sy en haar houman met 'n mes aangehou is. Die verkragter het ná die voorval op 'n fiets geklim en verder gery. Die hawelose Martin Swartz (30) is enkele dae ná die laaste aanval in hegtenis geneem. * A man suspected of raping three homeless women in Paarl, has been arrested. |
|
|
|
|
'n OUJONGKêREL en bekende in Wellingtonse tuinkringe is Sondagmiddag wreed in sy woning deur twee inbrekers aangerand. Richard Millar (57) is herhaaldelik met messe gesteek en bloeiend in sy Bainstraat 34 woning agtergelaat toe die mans op die vlug geslaan het. Volgens 'n tuinier, Tony Jansen (18) wat in die huis woon, het hy die middag om 18:00 op 'n sitkamerbank gelê en na musiek geluister toe hy geluide in die hoofslaapkamer gehoor het. Hy het gaan ondersoek instel en gehoor hoe Millar om hulp roep. Hy het dadelik na die bure gehardloop, vanwaar die polisie geskakel is. Toe hulle weer buite kom, het hulle gesien hoe twee mans met messe in die hand en bloed aan hul klere, uit die huis kom en weghardloop. Jansen en die bure het na Millar gaan soek en hom op die bed van die gastekamer gekry. Hy het uit sy slaapkamer, met die gang af na die kamer by die voordeur gestrompel voordat hy daar inmekaargesak het. Die slaapkamers en gang was bloedbespat. Die polisie was binne minute op die toneel. Paramedici het opgedaag en noodbehandeling is op die erg beseerde man toegepas. Dit blyk of toegang tot die woning verkry is deur 'n stortvenster, direk aan die slaapkamer. Millar het moontlik geslaap toe hy aangeval is. Die verdagtes is vermoedelik tussen 18 en 24 en na bewering bekend aan Millar. Hy word vir veelvuldige meswonde in die Paarl Medi-Clinic behandel. Millar se pragtuin en huis het al in tydskrifte verskyn. Hy was bekend as die man met die oop hand, wat minderbevoorregtes van voedsel voorsien het. Insp Donwin Agenbach is die ondersoekbeampte. Inligting kan aan hom gegee word by 873-1141. * A bachelor (57), well-known in gardening circles, has been attacked in his home in Wellington. |
|
|||||