|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
Then the Rotary District that includes the Western Cape also added funds and the final large contribution came from the Rotary Foundation, Rotary International's charity arm. Paarl Rotary is also involved and will continue to give IT assistance. In total, R250 000 was raised. It will be used to link hospitals in the Western Cape, including Paarl, to the base station at Tygerberg Children's Hospital. |
|
|
|
|
PLANNE om die Haven Nagskuiling in die Paarl te vergroot, is reeds deur die Munisipaliteit goedgekeur. Die nuwe gebou sal ten minste R1,2 miljoen kos en daar word nou naarstigtelik na bydraes gesoek. "Elke oomblik van die dag word mense uit hul werk ontslaan wat dikwels tot gevolg het dat hulle hul huise en gesinne verloor en die strate hul tuiste maak," sê Eugene Jacobs, nuwe maatskaplike werker by die Haven. "Hier by die Haven ervaar ons elke dag hierdie situasie en dit breek ons harte om aan hierdie mense te moet sê dat ons geen plek vir hulle het nie weens beperkte akkommodasie. "Om hierdie netelige situasie te probeer beredder, het ons besluit om die Haven te vergroot." Jacobs sê hulle wil graag 'n beroep doen op fabrieke, kettingwinkels, hardewarewinkels, sementprodusente, baksteenvervaardigers en alle instansies wat enigsins kan help, om 'n helpende hand uit te steek voor die volgende winter aanbreek. Enigeen kan help met donasies en kundigheid en hulle het ook gevra dat kerke hierdie beroep deel maak van Sondae se afkondigings. Besoek die Haven in Ambagsvalleistraat, Huguenot, of skakel Nic of Bessie le Roux by 862-1812. Bydraes kan ook gepos word aan Posbus 9119, Huguenot 7645. Die Haven se bankrekening by Nedbank Paarl (takkode 101910) is rekeningnommer 234679. |
|
|
|
|
BOLAND Transformation will take place at the Boland Rugby Stadium on 1 May and will incorporate Paarl, Wellington, Franschhoek and Malmesbury. An estimated 6 to 8 million people will be praying for the continent of Africa. In the past the Day of Prayer was held on Freedom Day, 21 March, but because of the participation of other African countries, it was decided to use 1 May, an international holiday. Anyone wishing to volunteer to assist in the organising of the prayer day (intercessors, logistics managers, fund raisers, etc) or any church which has as yet had no contact with the Transformation Committee should contact Juanita at 872-2421. |
|
|
|
|
DIE Jong Dames Dinamiek Waterblommetjiestak in die Paarl maak gereeld skenkings aan mense of organisasies wat, ten spyte van moeilike omstandighede, steeds bereid is om hulself tweede te stel om hul einddoel te bereik. Dié keer het hulle eenparig besluit op Magriet Conradie, 'n dame wat vrou-alleen saam met haar werkers 'n uiters suksesvolle waterblommetjieboerdery net buite Wellington hanteer. So suksesvol is dié onderneming dat jou kans om self by haar waterblommetjies te bekom, uiters skraal is. Sy lewer onder meer aan 'n nasionale kettingwinkel en sukkel om voor te bly. Hulle het verder besluit om 'n kontantskenking te maak aan Procare maatskaplike dienste. Hierdie organisasie, wat funksioneer vanuit die Paarl, verleen liefde en versorging aan onder andere babas wat HIV-positief gebore is. Hulle maak gebruik van vrywilligers wat bereid is om die totale versorging van so 'n babatjie te hanteer, totdat geskikte aanneemouers gevind kan word. Volgens Eloise Loots, 'n maatskaplike werker wat met hierdie ma's werk, beleef hulle wonderwerke deur slegs liefde aan siek en eensame babas te gee. |
|||
|
|||