ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 13 May 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 20 May  2004 at 17:30

Arts - Kunste

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

wgasteFC

ENTERTAINMENT. These kids from the Ikhwezi aftercare centre entertained overseas journalists visiting South Africa for the recent Wine Convention in Cape Town. Paarl Vintners brought the group to Ikhwezi for a visit.


Bekyk taal-erfenis

[ Top ]


DINSDAG is Internasionale Museumdag en die Afrikaanse Taalmuseum vier heelweek fees met die tema "ons nie-tasbare erfenis".

* Opvoedkundige toere word die hele week vir leerders aangebied, rondom temas soos "Die invloed van die Moslemtaal op Afrikaans", "Idiome en gesegdes", en "Die geskiedenis van die drukpers". 

* Maandag en Donderdag 20 Mei bied die museum lesings aan by 'n spesiale saamtrek vir skole by die Sentrum vir Bewaringsopvoeding in Wynberg.

* Dinsdag is toegang vir kinders en volwassenes by die museum gratis.

* 'n Samespraak, "Dokter Doodmaak", uit een van die eerste Afrikaanse debatsboeke, word Dinsdag by die museum opgevoer deur 'n skoolgroep om 14:00 en 15:00.

* Die amptelike opening van die museum se nuwe uitstalling "Afrikaans: 'n reðnboogtaal" is Donderdagaand 20 Mei.

* Skoolgroepe is welkom om die museum gedurende museumweek te besoek, asook enige ander tyd van die jaar.

Opvoedkundige toere word aangebied teen slegs R2 per leerder.

Afrikaanse leerkragte kan die museum gerus kontak om hul spesifieke behoeftes rondom die Afrikaanse leerplan te bespreek.

Vir meer inligting of om te bespreek, bel vir Malikah by tel 872-3441.

* Besoek ook hulle splinternuwe webwerf by www.taalmuseum.co.za.


Pay tribute to Eric Clapton

[ Top ]


FANS of Eric Clapton can look forward to a feast of his music when Peter Vanne and Ian Visser take to the stage tomorrow night at 20:00 in the Old Mill Theatre, Paarl, with their 'Tribute to Eric Clapton'.

The legendary Clapton joined his first band, The Roosters, in 1963. He has touched and been touched by blues, soul, rock and even a brief spell in electronica.

Today he is still the only musician to have a triple induction into the Rock 'n Roll Hall of Fame, a true indication of his multi-faceted soul.

The forty illustrious years of his career thus far are being celebrated in this show, with highlights of the songs that have moved and shaped people the world over.

Peter Vanne and Ian Visser' partnership scintillates. The duo meld into their music, lifting their crowd right into the heart of the rhythm they hold. Both accomplished musicians have played gigs the country over.

Aside from searing the stage with his guitar skills, Ian has taken his love of music to a design level and created a computer software programme available to teach guitar.

In addition to the music circuit, Peter has a rich source of his own material to offer.

Tickets for tomorrow's show are R65 and include snacks and wine. The doors open at 19:00 and the show starts at 20:00. For more information, phone Peter at 863-3322.


Einde van 'n era

[ Top ]


MET die 20-jarige bestaan van die KWV Paarl Talentkompetisie vanjaar, breek die einde van 'n era aan.

Die bestuur van die kompetisie het, in oorleg met sy hoofborg KWV, besluit dat die kompetisie voortaan na Worcester gaan verskuif. Verskeie redes het tot dié stap aanleiding gegee.

Vir die skoolgaande leerders van die Paarl-, Wellington en Franschhoek-omgewing sal dit beteken dat hulle nog steeds kan deelneem, maar dat die gala-aand nou na Worcester verskuif.

Die kompetisie het in 1985 ontstaan as 'n projek van die destydse Suiderkruis-organisasie en was beperk tot skoolgaande leerders van uitsluitlil die Paarl-, Wellington- en Franschhoek-omgewing.

Die eiesoortigheid van die kompetisie het groot belangstelling by buurdorpe gewek. Dit het tot gevolg gehad dat die bestuur daarna begin kyk het om leerders van omliggende Bolandse dorpe ook toe te laat.

Die gedagte om na twee dekades veranderings rondom deelname, asook die aanbieding in plek te kry, het byval gevind omdat dit die voortbestaan van die kompetisie sal verseker, het 'n woordvoerder van die bestuur gesê.

Die laaste aanbieding van die kompetisie in die Paarl vind vanjaar op 20 Augustus plaas in die ouditorium van die SAPD Kollege.

Inskrywings vir die kompetisie het reeds geopen. Navrae kan gerig word aan 872-9183.

Plekbesprekings kan oudergewoonte by Musiklood gedoen word en open vroeg in die derde kwartaal.


Ameen groet die radio

[ Top ]


DIE Donkie se stem, en sy aansteeklike lag, gaan binnekort nie meer Saterdagaande oor Radio KC gehoor word nie.

Die Paarlse sanger, Ameen Rappin' Donkey Levy, het luisteraars die afgelope twee en 'n half jaar vermaak met 'n inbel-program vol musiek, sêgoed en kompetisies.

"'n Mens moet maar partykeer voorraad opneem en besluite neem oor jou loopbaan," sê Ameen van sy besluit om die radio vaarwel toe te roep.

"Ek het my gesin baie afgeskeep die afgelope jare. Ek was feitlik nooit by die huis gewees nie en dit is nou tyd dat ek aandag skenk aan hulle.

"Ek het gevoel dit is 'n goeie tyd om nou te gaan, met die nuwe programskedule wat beplan word. Ons gaan in 'n goeie gees uitmekaar en ek sal altyd beskikbaar wees om Radio KC met raad en advies te bedien."

Die goeie nuus is dat Ameen nie verlore is vir die musiekwêreld en die gemeenskap nie. "Ek werk aan my nuwe CD, wat volgende jaar sal uitkom.

"En dan die groot nuus - ons gaan einde Oktober 'n somerkonsert aanbied met die Rockets, wat dan hier sal wees van Dubai af."


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]

[ Top ]