ppostgothic
safetop Aida
uitlefstreep

Thursday 13 May 2004

uitlefstreep

This site will be updated on 20 May  2004 at 17:30

Lifestyle - Leefstyl


b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Verduistering treffend

[ Top ]


STERREKYKERS en die publiek kon in perfekte weersomstandighede op Dinsdagaand 4 Mei 'n onvergeetlike maansverduistering en okkultasie van 'n dubbelster dophou vanaf die Wamakersvallei Voortrekkerterrein in Wellington.

Mense het al vroeg begin opdaag en hulself gemaklik ingerig op kampstoele rondom 'n kampvuurtjie terwyl sterrekykers hulle toerusting begin opstel het.

Met soveel as ses teleskope en baie meer verkykers, almal gerig op die maan, kon niemand iets mis nie. Na 'n kort inligtingsessie deur plaaslike

wmaanFC

'n Groepie belangstellendes luister aandagtig na 'n verduideliking in verband met die maansverduistering en gepaardgaande okkultasie. Net na 22:00 was die maan ten volle verduister en kort daarna het twee sterretjies van die Weegskaal sterrebeeld dramaties een-vir-een verdwyn en 40 minute later weer in 'n oogwink verskyn.

amateur-sterrekundige, Willie Koorts, was almal goed ingelig wat om te verwag.

Lede van die Orion Observasie Groep (OOG) het van sover as Hermanus, Worcester, Somerset-Wes en Kaapstad gekom.

Die verskynsel was duidelik sigbaar gemaak op 'n TV monitor, gekoppel aan 'n teleskoop- gemonteerde kamera en 'n gepaardgaande rekenaarsimulasie. 

Die OOG-lede sien nou uit na die volgende, selfs nog meer rare verskynsel, die Oorgang van Venus oor die Son op 8 Junie wat laas in 1882 gebeur het en selfs 'n Amerikaanse ekspedisie na Wellington gelok het. Dit sal daardie dag sigbaar wees van sonop tot 13:29 indien die weer saamspeel.

* A crowd of stargazers enjoyed the eclipse of the moon in Wellington last week.


Aids Memorial Service in Paarl

[ Top ]


ON Sunday  Aids Candlelight Memorial Services will be held in more than 3000 communities in 85 countries making it the largest grassroots Aids event ever. 

The annual event, co-ordinated worldwide by the Global Health Council, commemorates the lives lost to Aids, demonstrates support for people living with HIV/Aids, and mobilises community-based responses to HIV/Aids.

The local service takes place on Sunday at 16:00 in the Noorder Paarl Dutch Reformed Church (Toringkerk) and is organised by die local Aids Action Committee. 

Rev Christo Greyling will be the guest speaker. The theme this year is "Turning Remembrance into Action". Amongst  the guests of honour will be Minister Marius Fransman and Drakenstein Mayor Herman Bailey.

According to Rev Stephen Snyman, co-ordinator of the local Aids Action Committee, the International Aids Candlelight Memorial Service is "an opportunity for each of us in Paarl/Drakenstein Municipal Area, to dedicate ourselves for the first time or once again to fight against Aids. 

"We will join together in our commitment to continue our fight against Aids until the pandemic is over for all people everywhere".

Around the world, local co-ordinating organisations such as community-based Aids organisations, religious groups or coalitions of people living with HIV/Aids, have already begun planning candlelight events in their areas. 

They vary from the lighting of candles and oil lamps in over 200 rural villages in southeast India to candlelit processions in Latin America to interfaith memorial services held in towns all over the US.

For more information contact Jolanda Lerm (863-3072) or Rev Snyman (862-2747).


Leer meer oor kanker

[ Top ]


DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (Cansa) beplan opleiding vir plaaslike vrywillige werkers gedurende Junie. 

Kursusgangers sal inligting omtrent kanker ontvang met die fokus op voorkoming en vroeë opsporing.

Daar sal van kursusgangers verwag word om hierdie inligting in die gemeenskap te versprei. 

Die aspekte wat behandel sal word, is Wat is kanker; waarskuwingstekens; diagnose en behandeling van kanker; tabak en verwante siektes; verskillende tipes kanker, soos bors-, servikale, prostaat-, testikulêre, vel- en dieetverwante kanker.

Bogenoemde onderwerpe word deur mediese praktisyns van die Paarl en Wellington behandel en beloof om baie insiggewend te wees. 

Indien u meer wil leer omtrent kanker en 'n bydrae in u gemeenskap wil lewer, skakel Mareé Lambrechts by tel 876-3589 gedurende kantoorure.

Laat u naam en telefoonnommer op die antwoordmasjien en hulle sal so gou moontlik terugskakel.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za  

[ Top ]

[ Top ]