|
semi-finaliste in Kaapstad voorberei vir die halfeindronde van die Supermodelkompetisie, Saterdagaand by Canal Walk.
Jenna het so stil-stil mooier en langer geword in die Paarl. Die afgelope jare is sy gereeld voorgekeer deur agente wat hul kaartjies in haar hand gedruk het.
Saam met haar ouers, Kobus en Hetta Pietersen, het hulle egter seker gemaak dat hulle 'n goeie agentskap uitkies, een wat saamstem dat Jenna eers haar skoolloopbaan voltooi voordat sy modelwerk in alle erns takel.
Twee jaar gelede, toe Jenna in graad 9 was, het sy by die Grand West Casino op die loopplank ontwerpe vir die Nederburg Collection vertoon.
Met haar lang donker hare het sy 'n Wella kontrak losgeslaan. Modefoto's van Jenna wat deur Europese fotograwe in en om Kaapstad geneem word, verskyn gereeld in oorsese tydskrifte.
Maar dis nie net modelwerk nie. Jenna blink uit op skool. Met haar 1,8m speel sy doel op die netbalveld. Sy oefen gereeld in 'n gimnasium en sy ontspan graag saam met haar ouers op vierwiel-vakansies in die veld.
Daar was landwyd meer as 1000 deelnemers aan die Supermodelkompetisie, waarvan die top tien Saterdag aangewys word. Charlize Theron was op haar dag 'n wenner, en ook die supermodelle Georgina Grenville en Alexis Singer.
Om 20:00 stel Esta Terblanche (Bienkie van Egoli en ster van All my Children) die semi-finaliste bekend. Sy is spesiaal uit Hollywood gevlieg vir die geleentheid.
Tien van die meisies sal deurdring na die eindronde Dinsdagaand in Johannesburg. Word Jenna die Supermodel, kom sy terug Paarl toe met 'n kontrak vir modelwerk in Milaan, Italië.
* A Paarl teenager is a semi-finalist in the Supermodel competition. |