safetop
ppostgothic
uitleg2mouthpiece
uitlefstreep

Thursday 13 June 2002

uitlefstreep

This site will be updated on: 20 June 2002 at 17:00

b_home
fb_news
b_people
fb_lifestyle
fb_arts
fb_sport
br_schools
fb_letters
fb_business
fb_property
b_vacancies
b_classifieds
fb_archives
fb_aboutus
fb_advertise
printing
homeads
fb_touristinfo
fb_businessindex
fb_organisations
fb_contact
fb_search
Google

Search WWW
Search Paarlpost
 

Arts - Kunste


Nel in ''n Handvol Gruis'

[ Top ]


wgruis22VAN die sterre, van die maan, kom die alleen slampamperman en hy maak, uit puur verstrooiing, slampamperliedjies waar hy gaan - 'n reis met woord en lied om te sien wat die lewe en werk van C Louis Leipoldt steeds bied.

Op Donderdag 20 en Vrydag 21 Junie om 20:15, word ''n Handvol Gruis' in die Klein Libertas teater op Stellenbosch opgevoer.

SLAMPAMPERREIS. Paarliet Johann Nel (regs) vertolk die rol van Leipoldt, terwyl Leon Schelhase (links) as sy jeugdige alter-ego, liedjies daaroor sing. Komponis Derek Fordyce het die gedigte getoonset en begelei op klavier.

Wat aanvanklik begin het as 'n idee om die getoonsette gedigte voor te lees saam met die musikale uitvoering daarvan, het ontwikkel tot 'n volwaardige vertoning waar Johann Nel, in die rol van Leipoldt, verse voordra terwyl Leon Schelhase, as sy

jeugdige alter-ego, liedjies daaroor sing.

Komponis, Derek Fordyce het die gedigte getoonset en begelei op klavier. Regie staan onder leiding van Juanita Swanepoel.

Van die gedigte wat opgedis word, is: Wys my die plek, Fluit windswael, Soutpan, Oktobermaand, Tuinroos tussen die tulpe, Kom gee vir my polfyntjie en die sonnet Liefde.

Dr JC Kannemeyer beskryf dit as "'n Besondere ervaring. Die kunstenaars laat volkome reg geskied aan die Leipoldt-verse. Fordyce slaag met sy komposisies daarin om die sterk liriese inslag van hierdie poësie te vertolk."

Besprekings kan by die Klein Libertas teater gedoen word, by 883-8164.


Laurinda tree op

[ Top ]


DIE bekende Laurinda Hofmeyr en haar musikante kan op Donderdag 27 Junie om 19:00 in die Ou Meulteater in die Paarl gehoor word. Die aand word deur die Afrikaanse Taalmuseum aangebied.

Die musikante wat haar bystaan, het ook geen bekendstelling nodig nie. Schalk Joubert (baskitaar) en Mike Rennie (viool en perkussie) word gereeld op verhoë gesien, terwyl Nina Swart (wat ook kan sing!) alombekend is as Wilmien in 7de Laan.

Kaartjies is by die Taalmuseum (872-3441), Print Right (872-7209) en by die deur verkrygbaar.


A musical showcase

[ Top ]


THE Frank Pietersen Music Centre presents a promotional concert at the Grande Roche Hotel on Monday 24 June at 19:00.

Frank Pietersen plays a vital role in education by providing the infrastructure for formal music tuition to all schools in the Boland.

The Centre is strongly committed to its social responsibilities and assists schools, welfare institutions and non-profitable organisations in their respective activities where possible.

To enable them to attain their goals and aspirations they need every little bit of support from the local businesses and the broader community.

This specific concert is meant to showcase the activities of the Centre to local businesses.

The Centre is privileged to have Dr Franklin Sonn, former South African Ambassador to the USA, at the concert.

 Limited seats are available. Reservations can be done at the Centre at 872-123/4.


Feesflerrie op Wellington

[ Top ]


DIE bekende Dowwe Dolla bied op Woensdag 26 Junie 'Feesflerrie' aan ten bate van Privaatskool Tersia Theron.

Die optrede is by Provence op Wellington en word geborg deur Nico en Antoinette Boshoff van Roodeberg Apteek.

Kaartjies is verkrygbaar by Roodeberg Apteek.


[ Top ]

Tel: (021) 871-1170 - e-mail: edit@ppost.co.za