|
|
||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
|
|||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||||
|
relevantheid van die opleiding. "Vakke soos Pastel, Payroll, Excel en Inkomstebelasting maak studente se opleiding markgerig en hoog in aanvraag," het sy gesê. Anton Möller van Decor Lighting in Paarl het 'n vorige Finansiële Bestuur student van die kollege in diens en voel dat die opleiding sy werknemer voorberei het om onmiddellik die finansiële sy van die besigheid onder die knie te kry en vinnig by die werksomstandighede aan te pas. Die kursus spog ook jaarliks met puik uitslae en 'n slaagsyfer van tussen 98% en 100%. Studente is tans volstoom besig met eksamens en sien na afloop daarvan uit na 'n welverdiende Julievakansie. |
|
|
|
|
DIE tyd raak min vir wynmakers om die keur van die 2002 oes vir vanjaar se SA Jongwynskou in te skryf. Inskrywings sluit op Donderdag 4 Julie. Kampioenskapstrofeë word vanjaar vir die eerste keer aan nie minder nie as 17 uitblinker-jongwyne toegeken. In die verlede is slegs vyf kampioene bekroon (droë wit tafelwyn, natuurlike soet wit tafelwyn, rooi tafelwyn, nie-muskaat versterkte wyn en muskaat versterkte wyn). Die kampioene sal vanjaar bekroon word in die kategorieë Chenin Blanc, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Semillon, Ander Wit Kultivar, Droë Wit Versnitwyn, Soeterige Witwyn, Edellaatoeswyn, Pinotage, Shiraz, Cabernet Sauvignon, Merlot, Ander Rooi Kultivar, Droë Rooi Versnit, Port, Dessertwyn en Muskadel. Die hersiene toekenningstelsel is op versoek van wynmakers ingestel om die jongwynskou meer markgerig te maak. Die wyne word op 22 tot 26 Julie by Nederburg beoordeel. Kampioen jongwyne word op Vrydag 23 Augustus tydens 'n galadinee op Nederburg deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging (SANW) bekroon. Die toekenning van die gesogte Genl Smuts trofee vir die SA Kampioen Jongwyn beloof om een van die hoogtepunte te wees. Kampioen jongwyne sowel as dié wat goue, silwer en brons medaljes verower het, kan na afloop van die SA Jongwynskou by die Paarl-streekskou geproe word op 16 Augustus. Kontak Elsabé Ferreira by 807-3104 of ferreira@kwv.co.za vir navrae. |
|
|
|
|
THE inaugural South African Trophy Wine Show Awards will be presented on June 18 at the Cape Grace Hotel. The SA Trophy Wine Show will identify the best wines in South Africa and award trophies to the top wines in each of the major classes, as well as to the producer achieving the best result overall. The show is expected to set new standards in the controversial but crucial area of show judging. Judging panels comprising three judges - each with extensive international tasting experience and including one overseas judge per panel - tasted and scored the submissions in each of the classes. They used the 100 point system to produce a consensus-driven result where wines scoring 90 and over win gold medals (5 Stars in terms of the standard applied by Wine Magazine), 80 to 89 silver medals (4 Stars) and 70 to 79 bronze medals (3 Stars). The top wines in each class then went through to the trophy judging where all the panellists re-assessed them from freshly opened bottles in order to decide on the best wines overall. A ranked list of the top show wines in South Africa, detailed descriptions of how the wines were produced, when to drink them and how to serve them will substantially enhance consumer choice. Medal winners will receive appropriate show stickers to affix to their bottles. This will facilitate quality wine identification in the increasingly confusing retail environment. The publication - in September - of a 200 page book entitled "South Africa's Top 100 Wines" containing extensive information on the trophy and gold medal winners, plus the judges' comments on the top 500 entries, will add to the store of wine knowledge. The Top 100 wines will be presented to consumers in the major national centres. |
|
|
|
|
"MINDER is meer." So sê Dr Willem Steenkamp, Hoof Uitvoerende Beampte van Frandevco, die maatskappy wat besig is om die vroeëre Franschhoekse meentgrond benede die Franschhoekpas in 'n spogplaas, hotel, woongebied en toeristesentrum te ontwikkel. Die ontwikkeling sal bekend staan as die Fransche Hoek Landgoed. Dr Steenkamp het verlede week by 'n lewendige openbare vergadering in die Franschhoekse stadsaal aan sowat 60 belanghebbendes gesê Frandevco het na breedvoerige ondersoek besluit om die aantal huise op die Fransche Hoek Landgoed te verminder van 238 huise tot 19 luukse herehuise en 25 dorpshuise teen die La Cottestroom. "Die drastiese vermindering in die aantal wooneenhede sal geen verandering in die verwagte belastingsinkomste vir die Stellenbosch Munisipaliteit meebring nie, maar wel aansienlike verligting op die voorsiening van dienste. "Die nuutste uitleg bevorder die landelike voorkoms van die Fransche Hoek Landgoed." Steenkamp het beklemtoon dat die aandeelhouers van Frandevco Franschhoekse inwoners is, en dat hulle tot die sinvolle ontwikkeling van die ou meentgrond verbind is. "Anders as sekere ander ontwikkelaars woon ons hier in Franschhoek en ons sal nie weghardloop nie. U sien ons gereeld hier in Franschhoek se winkels en op straat, en u kan enige tyd met ons praat as ons iets doen wat u pla." Volgens dr Steenkamp maak die Fransche Hoek Landgoed 'n betekenisvolle bydrae tot die verwesenliking van die Sosiale Akkoord wat in Februarie 1998 deur inwoners van Franschhoek gesluit is. Die Sosiale Akkoord maak onder andere voorsiening vir die verskaffing van ongeveer 1000 nuwe huise sowel as vir die versorging van die grondeise van Franschhoekse inwoners wie se eiendom voorheen onteien is. Dr Steenkamp het kaarte gewys waarvolgens die Fransche Hoek Landgoed omskep word in 'n 90 hektaar organiese plaas waarop druiwe, olywe en aromatiese plante verbou sal word. Negentien luukse herehuise sal soos plaaswerwe tussen die wingerde en boorde versprei word. Daarbenewens word beplan dat 'n hotel, konferensiesentrum, gesondheidskliniek, uitgebreide toeristesentrum en 25 dorpshuise deel van die projek uitmaak. Dennis Moss, van Dennis Moss Vennootskap wat verantwoordelik is vir die terreinbeplanning en uitleg, het gesê die geboue sal tipiese Kaapse argitektoniese styl volg en slegs enkele geboue sal hoër as twee verdiepings wees. "'n Groot deel bestaande fynbos op die Fransche Hoek Landgoed word behou en gerehabiliteer. Dit sluit aan by die Mont Rochelle Natuurreservaat." Die teikendatum vir verkryging van toestemming deur die provinsiale Departement van Omgewingsake, Kultuursake en Sport om voort te gaan met die projek is einde September, waarna 'n appèl-tydperk van 'n maand sal geld. Volledige dokumente is ter insae by die Franschhoekse en Stellenbosse openbare biblioteke sowel as op die internet by www.fedi.co.za. Navrae by Jerry Avis van EnviroAfrica tel 083-449-3924. |
|
|
|
|
NEGOTIATIONS for the donation of R1 million for a new day hospital in Groendal are now at an advanced stage between the Belgian and SA governments. The former prime minister of Belgium promised the donation to the Franschhoek Belgian Development Trust at the opening of the Franschhoek Hospice building in February 1999. At that stage it was envisaged that the existing Community Centre in Groendal would be converted and enlarged, but now it has been decided that a completely new building will be erected adjoining the Community Centre. The Belgian donation will pay for the building costs while the Provincial Health Department will be responsible for the supply of medical equipment for the day hospital as well as for the medication in conjunction with the National Health Policy. The Stellenbosch municipality will be responsible for the maintenance of the building. At the Trust's Adult Training Centre in Franschhoek, arrangements are being made with CATT Communications for two-day seminars that will focus on creative management techniques. These seminars will be funded through SETA and are applicable for most staff levels. Each seminar can accommodate ten people. One third of the people who registered in May found employment as housekeepers, labourers, painters, gardeners and one assistant chef. Enquiries for staff should be directed to Mirna or Emile at 876-2915. Phone 876-2878 to register for courses at the Job Centre.at |
|
|
|
|
DIE Departement Landbou is weer op soek na die top vroueboere van die land. "Die dae toe die landboubedryf vanselfsprekend die domein van die man was, is vir goed verby," meen dr Pieter van Rooyen, hoofdirekteur van Landbou in die Wes-Kaap. "Die Wes-Kaap spog met talle vroue- boere wat sorg vir mededingende opbrengste; wat innoverend werk skep en vrou-alleen 'n verskil maak in hul gemeenskap. Die 2002 Vroue Boer van die Jaar Kompetisie wil hierdie vroue vereer." Dié kompetisie wat deur die Nasionale Departement van Landbou geïnisieer is, word eers op provinsiale vlak gedryf, waarna drie provinsiale wenners in die onderskeie kategorieë aan die nasionale kompetisie deelneem. Die drie kategorieë is top-uitvoerder, top-produsent vir nasionale markte en top-produsent vir huishoudelike gebruik. Om in aanmerking te kom vir die eerste kategorie, moet 50% van produksie vir die uitvoermark bestem wees. Kriteria vir die tweede kategorie behels dat 'n indrukwekkende hoeveelheid vir die plaaslike of nasionale mark geproduseer moet word. Kategorie drie vereis dat 'n produsent haar huishouding met haar produksie van voedsel of nie-voedselprodukte onderhou en ekonomies produktief is. Een van verlede jaar se wenners was Reni Hildenbrand van Wellington wat olyfolie en druiwe produseer. Die sluitingsdatum vir nominasies is 28 Junie. Vir navrae, skakel Charlene Nieuwoudt by 808-5008 of epos charlenen@elsenburg.com. |
|
|
|
|
LEADING winemaker Marc Kent of Boekenhoutskloof in Franschhoek has joined the Cape Winemakers Guild (CWG). His innovative winemaking skills and quest for excellence embody the spirit of the CWG. Kent, founding partner and winemaker of Boekenhoutskloof, has received three five-star ratings (in consecutive years) from John Platter SA Wines. The wines are the Syrah '97 and Cabernet Sauvignon '98 and '99. By the age of twenty-two Marc was privileged to have tasted several vintages of all the first growths and many of the other great wines of the world. Through this he developed an affinity for the Syrahs of the Northern Rhône. He studied winemaking and viticulture for three years at Elsenburg Agricultural College near Stellenbosch. The Guild's 36 members are dedicated to the exchange of knowledge and sharing of skills, to maintain and enhance the benchmark excellence for which the CWG is recognised. The Guild membership includes the cream of the SA winemaking crop, all dedicated to the production of super premium quality wine. An important criterion for selection is that the winemaker must be responsible for the production of the wine from vineyard to bottling. In October this year the annual Nedcor Investment Bank Cape Winemakers Guild Auction will be staged at Spier near Stellenbosch. The Auction is open to the public and is widely recognised as South Africa's premier sale of deluxe wines. The wines for the Auction are selected by all the members at a blind tasting where the special wines produced only for this event are rated and ranked. With auction lots as small as 2 x 6-bottle cases, private buyers with budget constraints will find many of the wines within their reach. Other local members are David Finlayson (Glen Carlou), Jean Daneel (Jean Daneel Wines), Jeff Grier (Villiera), Norma Ratcliffe (Warwick) and Charles Hopkins (Graham Beck Coastal). |
|
|
|
|
PINOTAGE is Suid-Afrika se derde grootste uitvoerwyn. Vanaf Desember 2000 tot November 2001 is 6 483 697 liter gebottelde Pinotage wyne na die buiteland uitgevoer teenoor Chardonnay (8 910 318 liter) en Cabernet Sauvignon (7 055 177 liter). "2002 is 'n wonderlike oesjaar vir Pinotage. Aangesien hierdie variëteit vroeg ryp word, het dit in meeste streke die hittegolf in Februarie vrygespring. "Die gehalte van Pinotage wat struktuur en balans betref, het die afgelope drie jaar steeds toegeneem." Dit was professor Joël van Wyk, voorheen lektor in Wynkunde aan die Universiteit van Stellenbosch en sameroeper van die Absa Top 10 Pinotage Kompetisie, se mening oor die 2002 oesjaar Pinotage wyne. Pinotage is Suid-Afrika se inheems gekweekte variëteit wat tans internasionaal in aanvraag is. Hy het hierdie opsomming van die gehalte van vanjaar se Pinotage oes gemaak na die oesjaar proe by Doornbosch op Stellenbosch van 12 Pinotage wyne uit ses oorsprongsgebiede in die Kaapse wynland. Die 2002 Pinotage tenk- en vatmonsters van Fairview, Windmeul, Laibach, Kleine Zalze, Louisenhof, Roodezandt, Daschbosch, Goue Vallei, Vlottenburg, Swartland, Lanzerac en Southern Right is geproe. Amper 100 lede van die Pinotage Assosiasie uit die verskillende streke het die proe bygewoon en daar was algemene konsensus dat vanjaar se oes Pinotage wyne veral 'n kombinasie van mooi vrug en toeganklikheid het. Na afloop van die proe het die Pinotage Assosiasie 'n werkswinkel gehou waartydens strategieë bespreek is om die veelsydigheid van Pinotage wyne plaaslik en internasionaal aan die wynverbruiker te bemark. Die hoofdoel is om Suid-Afrika se inheems gekweekte rooiwynvariëteit wêreldwyd op groot skaal as gehalteproduk te verkoop. |
|
|||||